Plaaswerker vas wat glo onwettige jagter doodskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 32-jarige man, ʼn werknemer op ʼn plaas buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn 30-jarige vermoedelik onwettige jagter doodgeskiet het.

Die voorval het Sondag omstreeks 12:30 plaasgevind.

“Daar word aangevoer die oorledene en twee ander mans is deur lede van natuurbewaring betrap toe hulle onwettig op die plaas gejag het,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die drie persone het glo twee sakke by hulle gehad met stukke gedroogde wildsvleis, een gemsbok en ʼn paar jaginstrumente.”

Terwyl hulle na ʼn stasiewa begelei is, het die vermeende onwettige jagters in verskillende rigtings gevlug en in die bosse verdwyn.

“ʼn Soektog is van stapel gestuur tot die beamptes ʼn paar geweerskote gehoor het en hulle na die toneel gehaas het. Een van die beweerde onwettige jagters is vermoedelik deur een van die plaaswerkers doodgeskiet.”

Die polisie en paramedici is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.

“Die verdagte het ʼn gelisensieerde vuurwapen gebruik. Die beamptes het beslag gelê op die vuurwapen. Die man is in hegtenis geneem. Dit is nog nie duidelik wat tot die skietery gelei het nie.”

Die man sal na verwagting Dinsdag in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tino ·

Onwettige jagter se voet, hulle is duidelik stropers.

Hoekom is hulle nie ook in afsonder nie, die stropers nou?

Cherokee ·

Jou woordkeuse is in die kol, Tino. Om woorde stroop om te smeer, verander nie die betekenis en klink bloot na politieke korrektheid.

Scalla ·

Wat het die stropers in die eerste plek daar op private eiendom gaan soek, hul is mos ook ingeperk, sterkte aan die plaas werker.

Miskruier ·

Hier was nog nie inperking nie, snags loop baie voete hier op plaas rond. Die bome word afgekap want die regering het nie vuurmaakhout as n ” noodsaaklikheid” geklassifiseer nie.

marius ·

As daar nie duidelikheid is nie , is daar sekerlik nie getuienis nie !

Raadslid ·

Wat word van alles?
Die rowers word beskerm en ons wetsgehoorsames word geteister…..

Scalla ·

Die plaasvoorman is seker aangeval met die soektog en hy moes selfverdediging toepas

Kobus ·

Stem saam met almal.Dan was daar ook ‘n kans dat die “jagter” nog kon moor ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.