Plaaswerker vry ná moord op Limpopo-meisies

Argieffoto

Argieffoto

Die 42-jarige plaaswerker wat in hegtenis geneem is nadat twee vermiste vyfjarige meisies van Limpopo se naakte liggame aan ʼn boom gevind is, kan nie met hul moord verbind word nie.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê verdere ondersoek en ondervraging kon die man nie met die ontvoering en moord van Lekwelo Masola en Nthabiseng Motlaphema verbind nie en hy is vrygelaat.

“Twee ander verdagtes, onderskeidelik 24 en 31 jaar oud, is egter reeds deur die provinsiale taakspan in hegtenis geneem,” het Otto gesê. Dié verdagtes moet binnekort in die rondgaande hof in Gilead verskyn.

Maroela Media het Maandag berig die polisie het die naweek op die meisies se liggame afgekom nadat hulle Woensdag spoorloos verdwyn het.

Lekwelo en Nthabiseng is toe laatmiddag die laaste keer lewend gesien toe hulle saam buite gespeel het in die Ribone-nedersetting in Gilead.

Die polisie en gemeenskap het dadelik na die meisies begin soek. Hul naakte liggame is Saterdag gevind waar dit aan ʼn boom sowat 3 km van die dorpie gehang het. Die moontlikheid word ondersoek dat die meisies verkrag is voordat hulle vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Ongelooflik!!!!!! Soveel as wat ek bid dat die Here self n engel sal.stuur om die skuldiges plat te vee…so bid ek dat AS die persoon wel onskuldig sou wees…hy die aannames van die gemeenskap sal oorleef nadat hy”foutiwelik” deur die polisie uitgewys is…daars niks te keer aan die boshowe se straf nie! Mag reg en geregtigheid seevier

Anoniem ·

Dis fine laat hy gaan of laat hulle los…die gemeenskap sal sorg vir die res!!!!!!!!!!!!!!

Gesiggie ·

Dit skreeu van woede hier in my twee vyfjarigge meisies… ????? hul dink hul het die verdagtes, en dan weer oh.. nee was nie hy, kom ons probeer die ander 2 ….. en intussen is die skuldigge al lankal weg…. so gaan dit aan en aan met elke moord”” dit is om van siek te word, net die gedagte dat die mal kop man… tot so iets in staat is? verkrag hul, en hang hul nog op”’ elke dag lees ons van die gebeure, maar ons lees nie van wat ons wil hoor…man vir moord verantwoordelik, is vir sy dood nagelaat, nadat inwoners gereg in hul eie hande geneem het…n tronk lewe is te maklik en lekker…. sterkte aan die twee meisies se familie… mag hierdie moordenaar/s se tou’ gou styf getrek word…

Eks uitgevang ·

Die opskrif is effe misleidend. Dit skok die leser, eers as die artikel gelees word word dit duideliker. Ek is nie mal oor sulke tipe opskrifte nie.

sarie ·

ek stem. Het dieselfde gesê maar my kommentaar was nie geplaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.