Plaaswerkers betoog in Ventersdorp

Puseletso Molise (Foto: Molaole Montsho/ANA)

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie (Saftu) het Dinsdag gesê meer as 100 plaaswerkers van die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw) betoog tans in Ventersdorp in Noordwes vir vakbonderkenning en beter lone.

Saftu het in ʼn verklaring gesê dié sowat 123 plaaswerkers het geen ander keuse gehad as om na die Ventersdorp-munisipaliteit op te ruk nie omdat die Doornplaat-beesplaas, die werkgewer, geweier het om te reageer op die vakbond se eise.

Nupsaw het glo vroeër briewe aan die Doornplaat-plaas gestuur om te vra vir beter lone en vir die werkgewer om dié vakbond te erken. Puseletso Molise, provinsiale woordvoerder van Saftu, sê die werkgewer het sake glo “vererger” deur arrogant op te tree en die werkers hul “basiese en grondwetlike regte” te ontneem soos dié regte in die Grondwet vervat word.

“Saftu is steeds van mening dat die plaaswerkers se eise ononderhandelbaar is, ten spyte van Nupsaw wat sedert die begin van die jaar na die werkgewer uitgereik het om aandag te gee aan die kwessies van mishandeling, uitbuiting, teistering en aanranding.”

Molise sê die werkgewer het die plaaswerkers geen ander keuse gegee as om te betoog om sodoende samewerking met die vakbond af te dwing nie. Hy sê die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het die vakbond ook toestemming verleen om te betoog.

Nupsaw het verder ook aangedring dat die werkgewer die families van drie werkers vergoed wat glo dood is terwyl hulle aan diens was.

Die vakbond sê ʼn werker is byvoorbeeld in 2015 dood in ʼn fratsongeluk met ʼn bees, ʼn ander werker is dood in ʼn ongeluk met ʼn ploeg en ʼn derde werker is dood in ʼn ongeluk met ʼn trekker.

Nupsaw sê die familie van die oorledenes is nooit vergoed vir die sterftes nie, en hoewel ʼn dossier vir geregtelike doodsondersoeke geopen is, het niemand nog in verband met die sterftes in die hof verskyn nie.

Die werkers het gesê hulle werk boonop 12 uur per dag sonder enige oortydvergoeding en het geen verlofdae wanneer hulle siek is nie. Die werkers het gesê die werkgewer trek glo R1 000 van hul salarisse af wanneer hulle wel nie by die werk sou opdaag nie omdat hulle siek is.

Die vakbond het gesê hy beplan om na die plaas op te ruk om die werkgewer te dwing om na sy versoeke te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Liza ·

Wat die plaaswerkers toekom moet gegee word, en waar in jou lewe trek jy ‘n R1000 af as jy siek is, dis wragtig onnodig….. dit is hoekom dit so in ons land gaan……as elkeen net die regte pad loop kan dit mos baie beter gaan…..

Hannelie ·

Ja nee kyk. My broer het vir ‘n boer gewerk R5 000 gekry van 06:00 tot 20:00 die aand. Die boer lewe ‘n lekker lewe maar sulke goed kom mos een of ander tyd terug.

Se maar net ·

Liza en Hannelie ek kan nie verstaan dat jul sommer klaar kant kies sonder al die feite nie. Elke dag hoor jy van hoe die mense lieg en bedrieg en nogsteeds sal selfs hul klagtes as waar aanvaar word deur die boer se eie mense. Maak eers seker van jul feite. Mense kla ook oor salarisse en partykeer moet ek toegee ek werk ook nie vir wat ek dink ek werd is nie, maar magtig man niemand dwing jou om vir dit te werk nie. Doen dan iets daaromtrent om beter opgelei te word of kry ‘n tweede werk soos menigte van ons wat ons inkomste probeer aanvul. Hannelie as jy dink boere lewe lekker maak jy ‘n groot fout want anders was ons almal boere. Die meeste kere werk die boer se vrou. Party mense verdien ook wat hul werd is en ek nie Hannelie dit is in jou broer se geval nie, want ek veralgemeen nie. Sommiges werk net om die tyd om te kry.

vrikie ·

Ek glo nie hulle werk teen hulle sin nie, is daar werkskontrakte geteken?
Wees dankbaar vir ‘n werk, kyk hoeveel mense leef uit asblikke uit.
Dis die vakbonde wat gewoonlik agter die optogte sit

Silverster ·

En die families van plaasmoorde word ook nie vergoed nie? Neem kennis en fotos van die lot wat staak, 10/1 was van hulle al betrokke met n plaasmoord, of gaan binne kort deel wees van een

Lientjie ·

Die boer moet maar die plaas aan die staat verkoop dan het werkers baie om oor te kla, want hulle gaan dan nie werk he nie!

Daan Erasmus ·

80% van die werkers wat staak is gewoonlik teen hul sin daar. Hul het nie ‘n idee waaroor dit gaan nie. En die vakbond amptenare het ‘n klomp twak uit hul duim gesuig.

wynand ·

Wonder of hulle nie lieg nie, want vandag werk dit nie so nie. Boere moet eerder blankes kry om vir hulle te werk, dan sal hierdie vals berigte en leuens nie gebeur nie.

Kzn Boer ·

Liza.Miskien moet jy eers bietjie wag en hoor of wat die vakbond sê die waarheid is.Ek twyfel dit is.

Ek ·

Elke saak het twee kante en meestecvan die tyd 3. My kant jou kant en die regte kant. Wonder hoeveel waarheid steek in die storie

botterblommetjie ·

mmmm….. ja… en die maan is van kaas gemaak… kan ek asb. die unie se amptenare se “payslips” sien… As ek ‘n boer in die tyd is, sal ek maar dagloners aanstel. Die wat opdaag en wil werk die dag word vergoed vir die dag. Geen gewonery op plaas of enige winkelskuld ens. nie. Bring jou kos saam soos ander werkers by ander plekke. Betreë grond op eie risiko en verantwoordelikheid. Sal daagliks ‘n bord buite plaashek sit met hoeveel mense ek vir wat benodig. Sal geld en tyd wat ek spaar op gevorderde tegnologie spandeer. Of kontrakwerkers met streng voorwaardes, soos Amerika. Die vakbonde maak ons land swak en verarm die wat mense aanstel en werk en kos en welke voordele voorsien. Dankbaarheid vir werk bestaan nie meer nie… werkstrots ‘n mite… Net wat ons uit werkgewers kan kry….

Jacques ·

botterblommetjie – Ek stem heeltemal saam met jou , help hulle om nog verder te val onder toe .

John ·

Die spul wil glo die hele gebied he. Hierdie is een van die glo redes om die boere te verjaag.

Ben Prinsloo ·

Plaasboer ek wens ek kon jou my nommer stuur sodat ek jou kan help om hierdie terroriste van jou plaas af te hou. As hulle beter werk kan kry laat hulle asseblief gaan, moet hulle nie terughou nie, daar is baie blankes wat vir minder as dit sal werk, jou implimente beter sal oppas en sommer baie meer betroubaar ook sal wees.

Adam ·

Hannelie, jy kan dalk die prentjie wat jy skets ook vir ons inkleur. Wat is jou broer se kwalifikasies, woon hy in gratis akkomodasie op die plaas, betaal hy vir elektrisiteit en water, ry hy met ‘n voertuig wat sy werkgewer aan hom beskikbaar stel, ontvang hy ‘n maandelikse slagding, groete, melk ens. Blote kontantvergoeding in die landbou gee nie altyd die ware toedrag van sake weer nie.

Alta Harries ·

Hoekom word die plaas se naam in hierdie berig bekend gemaak maar in die vorige berig oor die hondjie van Lesotho wat amper versmoor het , word die naam van die vervoermaatskappy weerhou? Dit maak die speelveld vir die arme boer weer heeltemal ongelyk en n teiken vir teistering. ….asof hulle dit nodig hey

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.