Plaaswerkers dood toe trein, bakkie bots

‘n Goederetrein en bakkie het Donderdag vroegoggend gebots. (Foto: SAPD)

Twee Vrystaatse plaaswerkers is dood nadat ’n goederetrein Donderdag vroegoggend teen ’n bakkie op ’n spoorwegoorgang in die omgewing van Thaba Nchu gebots het.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale woordvoerder van die polisie, sê die masjinis beweer dat hy ’n stilstaande wit bakkie op die spoorwegoorgang naby Alpha Farm gewaar het.

Die masjinis het glo die bestuurder van die bakkie probeer waarsku. Die bakkie het egter steeds nie beweeg nie en die trein het om 06:38 teen die voertuig gebots.

Volgens Makhele was die insittendes van die bakkie twee plaaswerkers wat na bewering gisteraand patrollie op die plaas gery het.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Maroela Media het navrae aan Transnet en landbouorganisasies gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.