Werkers op Bethlehem-plaas vasgebind

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat is op soek na ses persone wat werkers op ʼn plaas, 30 km buite Bethlehem, vasgebind het voordat hulle huise op die plaas geplunder het.

Philippus Fourie, eienaar van die Mooifontein-plaas, se seun het hom Dinsdag gebel om te sê een van die werkers het gesê daar was ʼn gewapende roof op die plaas.

“Ses mans het glo in ʼn Toyota Fortuner en ʼn swart Nissan-dubbelkajuitbakkie by die plaas opgedaag,” het Puleng Lebakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee gewapende mans het vier van die werkers na ʼn werkswinkel gelei en hulle vasgebind. Nog twee mans het ʼn vrou ook met ʼn vuurwapen gedreig. Hulle het haar ook vasgebind.”

Volgens Fourie het die rowers op sy huis en sy seun Jaco se huis toegeslaan.

Die verdagtes het met twee kluise met vuurwapens en juwele gevlug. ʼn Televisiestel, skootrekenaar en selfoon is ook gesteel.

“Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.”

Genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder in Bethlehem, het gesê dit is belangrik dat mense kluissleutels in hul besit moet hou om te verhoed dat kriminele daarop beslag lê tydens rooftogte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leser ·

wat help dit dat die kluis se sleutel by jou is, as die kluis gevat is, is daar baie tyd om dit oop te sny met n hoeksnyer

Sug ·

Wat is dan van die plaaswerkers geneem? Ek sien die sensasie opskruf is ” plaaswerkers beroof” Dit lyk dan of die eienaars se besittings beroof is?

Mariné Lourens ·

Dagsê Sug

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning indien die opskrif verwarring geskep het. Die berig is aangepas om die gebeure duideliker te stel.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Hansie ·

Wees eerder bly daar was niemand tuis om te martel vir die kluis sleutels nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.