Plaaswerkers kan helfte van plase besit

Argieffoto

Argieffoto

Plaaswerkers op kommersiële plase kan moontlik helfte van die plase besit volgens ʼn nuwe voorstel wat deur die regering oorweeg word, berig Rapport.

Volgens die berig behels die voorstel glo dat die helfte van elke kommersiële plaas in Suid-Afrika aan plaaswerkers oorgedra word. Volgens die koerant is hy in besit van ʼn dokument getiteld “Finale beleidsvoorstelle vir die versterking van die relatiewe regte van mense wat die grond bewerk”.

Die dokument stel voor dat “historiese eienaars” die helfte van hul plase behou en dat die staat betaal vir die 50% wat deur die plaaswerkers bekom word. Die geld sal egter nie aan die grondeienaar betaal word nie maar in ʼn trust wat ten doel het om die plaas verder te ontwikkel, volgens die berig.

Plaaswerkers sal aandele in die plaas kry na gelang van jare diens en die bydrae wat hul gelewer het tot die ontwikkeling van die plaas. Die voorstel is met gemengde gevoelens ontvang. Cosatu het die voorstel glo verwelkom terwyl Agri SA sê hy staan dit teen. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, sê die voorstel is onwerkbaar en moontlik ook ongrondwetlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Hier kom Zimbabwe die 2de sterk deur jaag hulle weg en neem blanke werklose mense indiens gee hulle die voordele wat die ander nou kry en hulle sal werk daarvoor hulle kry vervoer kos blyplek water en krag verniet baie blankes wat dit nie het nie gaan hulle die swartboere se plase ook so verdeel ons sal sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.