Plaaswerkers maak gru-vonds

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Plaaswerkers het Maandagoggend op ʼn gru-vonds afgekom op ʼn plaas naby Louis Trichardt in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê werkers van die plaas Plaaspoort het op ʼn menslike geraamte afgekom. Die geraamte het bruin Nike-tekkies, ʼn blou werkersbaadjie en twee paar broeke aangehad.

Die plaas is 32 km suid van Louis Trichardt geleë.

Volgens Ngoepe is geen ander inligting in dié stadium beskikbaar nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen. Mense met meer inligting word versoek om die polisie by 015 519 4300 te bel.

plaaspoort-2

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Altyd so jammer om te dink so ‘n mens was dalk nie eers gemis deur iemand nie??

Scalla ·

Wat soek die onbekende persoon met die twee broeke daar, roof en gevaarlike diere vra nie vrae nie.

cecilia ·

Is daar enige I’d of iets want my broer altyd gery loop en hy weg niemand weet waar hy nie sy naam is Gert mey almal hom altyd gesien bela bela se kant toe met sy hondjie patches

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.