Twee mans se liggame is in ʼn kanaal in die Kakamas-omgewing in die Noord-Kaap gevind.
Die polisie het in ʼn verklaring gesê die mans se liggame is Sondag in ʼn kanaal by Homgerbult gevind. Hulle het vermoedelik verdrink.
“Die slagoffers se identiteit sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is. Die slagoffers was seisoenale werkers op ʼn druiweplaas,” het die polisie gesê.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek om die omstandighede rondom die mans se verdrinking vas te stel.
Dit was sondag gewees, het seker nie gewerk nie, wou seker gaan afkoel.