Plafon by skool val in

Drie leerders by ’n Pretoriase skool is beseer toe die plafon meegegee het. (Foto: Unsplash / ter illustrasie)

Drie leerders is verlede Dinsdag beseer toe ʼn stuk plafon in ʼn gr. 6-klas by die Zakhele Primary School in Mamelodi, Pretoria, ineengestort het.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die betrokke leerders se ouers is dadelik oor die voorval ingelig. Die beseerde leerders is na nabygeleë klinieke geneem vir mediese behandeling.

“Die departement is bekommerd oor die voorval, want ons glo dat al ons skole gehalte-onderwys in ʼn veilige ruimte moet kan bied,” sê Mabona.

Spanne van die departement se distrikskantoor is na die skool gestuur om die saak te ondersoek en om remediërende aanbevelings te doen.

Die departement se infrastruktuur-eenheid het die skool ook besoek om te bepaal watter herstelwerk gedoen moet word.

Volgens Mabona het die Gautengse departement van infrastruktuurontwikkeling (GDID) ’n nuwe projek geloods om die infrastruktuur by skole in die provinsie te verbeter. Die Zakhele Primary School vorm deel van dié projek.

“Dit is jammer dat die plafon in duie gestort het voor die werk kon begin.”

Die projek beloop sowat R49,6 miljoen en bestaan uit die sloping van die ou en vervalle skoolstrukture en die vervanging daarvan met nuwe baksteengeboue.

By Zakhele Primary School sou ʼn administrasiegebou, 13 klaskamers, drie gr. R-klaskamers, ʼn laboratorium, rekenaarlokaal, biblioteek en waghuis gesloop en met nuwe strukture vervang word.

Twee klaskamers, ʼn gr. R-klaskamer, ʼn veeldoelige kamer, ʼn snoepwinkel en eetsaal sou ook bykomend opgerig word.

Die departement het die bouwerk reeds in Maart goedgekeur.

“Die skool het ook op 3 Junie ʼn e-pos van SIZA Architects ontvang waarin hy in kennis gestel is dat dié argitekfirma, tesame met ander konsultasiemaatskappye – wat deur die GDID aangestel is – die bouwerk gaan behartig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Hardloop Lasufi, hardloop!

Debby

Vir daai geld gaan hulle ok seker net n hout wendy opsit vir n security guard wat nog nie eers aangestel is nie

Chantel

Dis pateties hoe die department van onderwys die instandhouding van ons kinders se skole minag.
Dis tog hulle eindom, geen staats-skool behoort aan die skool nie, dit bly die eindom van die DVO.
Tyd dat die skole hulle aanmaan om die instandhouding te doen.
Hoeveel kinders moet nog seerkry voor hier daadwerklik opgetree gaan word.
Sterkte aan die gesinne wie se kinders beseer is.

Ja wat

Instandhouding ‘n plafon val nie net inmekaar.Laat my dink aan ‘n taxi hy ry sy dra (bearing ) af voordat hy hom vervang.

Pietertjie

Lesufi, die learners het dringend berading nodig!