Plakkers sny boer byna keelaf

Die skade aan Jan se bakkie. Foto: Verskaf

Die skade aan Jan se bakkie. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Boer van Paardeberg naby Jacobsdal in die Vrystaat is dankbaar hy leef nadat ʼn groep plakkers op sy plaas hom glo Saterdag byna keelaf gesny het.

Jan Steyn (35) het Maandag vlugtig met Maroela Media gepraat, maar weens ʼn erge snywond aan sy keel gou die foon aan sy vrou, Nadia (28), gegee. Sy het die aanval sien gebeur en het tot sy redding gekom.

Nadia het aan Maroela Media gesê hulle het sowat twee jaar gelede die plaas gekoop waar hulle met swart boerbokke boer. Die egpaar het vier seuns, waarvan die jongste vyf weke oud is.

Die egpaar het sedert hul intrek op die plaas hul hande vol met nagenoeg 40 plakkers wat meestal in sinkhuise op ʼn gedeelte van die plaas woon en aandring op grond.

“Ons word gereeld deur hulle gedreig en het dit al by die polisie aangemeld, maar niks het daarvan gekom nie,” het Nadia gesê.

Sy het gesê Jan het Saterdag omstreeks 15:00 met die seuns in hul bakkie gery om te gaan seker maak dat al die hekke op die plaas gesluit is.

“My seuns het later by die huis in gehardloop en gesê ‘mamma, mamma, bel die polisie’. Ek het gaan ondersoek instel en gesien Jan staan by die hek naby die plaashuis. Die bakkie se vooruit was met klippe stukkend gegooi. Jan het buite die bakkie saam met een van ons seuns gestaan en glasstukke uit hulle gesigte gehaal.”

Nadia wou ondersoek instel oor wat gebeur het en het in die bakkie geklim en na die plakkers, sowat 500 meter van die plaashuis, gery. Sy wou by die plakkers uitvind waarom hulle die bakkie beskadig het, toe Jan van die huis af aangestap kom sodat hulle die voorval by die polisie kan gaan aanmeld.

“Skielik toe sak so agt of nege van die plakkers op hom toe en begin hom skop en met klippe slaan. Een man het ʼn mes uitgepluk en gesê hy gaan hom keelaf sny.” Nadia het gesê sy weet nie wat die aanval aangehits het nie, maar dat van die plakkers moontlik onder die invloed van alkohol was.

Nadia het met die bakkie op die groep afgepyl en kon daarin slaag om Jan uit die groep se kloue te bevry en op die bakkie te laai, waarna sy met haar bebloede man na die Kimberley-hospitaal gejaag het. Die gesin het Saterdagaand in Kimberley deurgebring. Jan is Sondag ontslaan met verskeie beserings, onder meer ʼn erge snywond aan sy keel. “Die dokter het gesê as die snyplek 1 cm laer was, sou hy dood gewees het.”

Toe die gesin Sondag terugkeer na hul plaashuis was die deur oopgebreek en die huis omgekeer. Die krane was ook heeltemal oopgedraai sodat die huis oorspoel het. “Hulle het nie gekom om iets te steel nie. Hulle het gekom om die huis te verniel. Hulle hoop seker dat as hulle ons dreig dat ons van die plaas sal vlug en dan kan hulle die grond kry.”

Sers. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn klag is by die polisie aanhangig gemaak. “Die Jacobsdal-polisie is besig om die voorval te ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort,” het sy gesê.

Nadia het intussen twee lyfwagte aangestel om die gesin teen die plakkers te beskerm.

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

 

Jan Steyn se wond aan sy keel. Foto: Verskaf

Jan Steyn se wond aan sy keel. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

pieter du plessis ·

En die top ses in parlement glimlag breed. Lafhaarts.

JC ·

WAAR IS AFRIFORUM? HULLE MOET ASB TOG NET N UITSETTINGSBEVEL TEEN DIE “PLAKKERS” KRY EN DAN MOET DIT AFGEDWING WORD DIS AL WAT HIER GAAN WERK !

Alet ·

Waar is al die boere ! Gaan hulle soos in Zim net sit en wag on vermoor te word ! Daar is wragtig seker meer as 40 boere in die kontrei !

Xa ·

Nee, Kyk maar op buitelandse nuuswebsites. Dit is iets wat Aftiforum ook kan doen (doen reeds so baie maar die een kan baie steun wen) en dit is om die tipe nuus globaal te help versprei.

Chris ·

As Ek sulke stories lees,is Ek bly dat Ek nie meer in S.A.woon nie!

Uit die Ooste ·

Asjas , nee dit word nie hier in die buiteland gewys nie. Net mooi niks. Net ons wat hier bly lees die nuus van SA op die Web.

Woedend ·

Ek stem saam met jou Trevor,hulle gee nie om nie!!! Dit pla hulle glad nie!!! Hulle kyk weg of hulle se trek buiteland toe!!!

Trots Afrikaans ·

Hier is die storie volgens die DA, EFF, ANC.
Die wit rasis het agt onskuldige swart mans aangeval en hulle moes hulleself beskerm. Na die selfbeskerming was die agt swart mans moeg en honger en moes hulle loop kos soek in die opstal.

Aangesien die polisie onpartydig is het hulle nog niks gedoen nie en slaap hulle nog oor die saak.

Andries ·

Die mense moet vuurwapens kry,as jou lewe op ‘n aanval is moet die wapen gebruik word! Tyd dat hierdie “tipe mense” ‘n les geleer word.

Ander Koos ·

Sjoe hierdie is baie erg! Kan Afriforum nie help nie? Sterkte

James ·

Afriforum is nie hul hulp werd nie. Hul het dan regte vegters soos Steve Hofmeyer en Sunette Bridges van rassisme beskuldig! Afriforum suig!

Cherokee ·

Karma, hierdie versoek is aan jou en jou vriende se adres gerig.

Connie ·

Die DA? Wie is dit? Hulle voel net mooi niks vir die wit Suid-Afrikaner nie. Hulle daai hulle koppe net soos die buiteland anderkant toe. Hulle maak my siek.

m ·

Wat wil jy he moet die DA se ST??? Dis dan die mense waarna hulle vry vir stemme. DA beteken niks nie.

Spook ·

Maar laat jy nou net die waarheid praat is jy n rassis wat dadelik gearristeer word en jou lewe is verwoes. En dan reken hulle dis die boere se loon oor appatheid. Dis moes nou niks in hierdie land om wit mense wreedaardig te vermoor nie

Andre ·

Ek hoop de Lille het al ‘n klag by die menseregte kommissie ingedien. Sy is mos baie vinnig in dit te doen

p ·

Asb mense solank zuma en eff mense aanmoedig om di grond van ons wittes te vat en selfs van di arm blankes af te vat staan ons ni n kans ni. Ek hoop van harte di man herstel gou. Daar gaan f******* kom van sy saak ni.

Gesiggie ·

Nadia daar is net een uitweg… kom weg van daai plaas af? hoe hard dit ook al vir jul sal wees, hierdie Plakkers gaan jul nooit in vrede laat, en hul sal nie eerste verdwyn, vir jul eie lewe en geluk, maak vinnig n plan, om lyfwagte aan te skaf is nutteloos…. jul lewe is meer werd as die geld wat jul spandeer het op die plaas…. hul gaan nie ophou, nie voordat jul oppak en gaan… Sterkte aan jul wat deur al die trauma moet gaan… kry meer hulp….

Boerbok ·

Doen my net een guns, die dag as julle van die plaas af wegtrek, maak seker julle brand die plaashuis tot op die grond af. Dan kan die plakkers dit met liefde beset!

Uhmmm ·

Wat gaan aan in die Vrystaat! En wie koop ‘n plaas in sulke tye soos vandag? Dis mos gewaarborg dat jy moeilikheid gaan optel en daar is die bewyse.

Adriaan du Toit ·

As ons nie plase het nie hoe verwag mense Om Te lewe. Alles begin by landbou melk eiers groente en vrugte word nie in n fabriek gemaak nie. Jan van Riebeeck moes ook maar sukkel……. Maar tog het ons klip geboue gebring want Vader weet as ons nie het nie…….. Ja.

Judy-anne ·

dit is vreeslik wat aangaan in ons land jy kan plak en moor nes jy wil , maar doen nou iets soos se op facebook mense gedra hulle sleg kyk dan is dit die einde van die wereld maar hulle kan ons maar uitmoor en niemand knip oog nie!!!!! siek spul siek man!!!!!

Uhmmm ·

Mense, boere sal nie hul plaase opgee nie en nog minder arm blankes daar laat kamp op slaan. Amerika is huidiglik in ‘n rasse oorlog en dit smeer af die kant. black lifes matter doen dieselfde met wittes daar. Die gebeure is huidiglik reg oor die hele wereld.

p ·

Plaas moorde is dan n grap in die regering se oe, hoe vinniger hulle di witboere afmaai hoe vinniger kan hulle die grond vat en die plek in n zimbabwe verander

Marcel ·

Daardie boer se vrou moet met ‘n medalje vereer word vir haar dapperheid. Jy is ‘n held. Jy het jou man se lewe gered. Diegene wat die vrou slegsê, julle is pateties. Ek ken afrikaanse mans wat nie sou doen wat jy gedoen het nie, want hulle is te pateties om op te staan teen geweld of het self geen rugraat nie. Ek is bly jou man het oorleef, sodat julle nog saam kan wees as ‘n gesin. Ek hoop jou man word gou gesond, en dat julle gesin die trauma sal verwerk en kan voortgaan met julle lewens.

Pierre Celliers ·

Ongelukkig is hierdie persoon en sy gesin op hulleself aangewese.
Niemand, maar niemand in die land stel belang in hul wel en wee nie.
Geen politieke party nie, geen individu nie en ook nie die polisie nie.
Daarom moet hy homself bewapen en seker maak die wapen is deurentyd aan hom.
Dis so goed soos selfmoord om te woon onder hierdie omstandighede.

JC ·

Klomp patete!
Wat dink hulle gaan hulle regkry met die optrede?
Gaan kla of soek grond by die regering waarvoor julle elke 5 jaar stem. Los persone wat wil boer uit!

Johann ·

En ons lewer kommentaar op kommentaar oor dieselfde beginsel: absolute disrespek vir lewe en goedere. En n verskoning vir alles omdat “the people” teen gediskrimineer word! Die dag kom nader wat “reg in eie hande” NET so n aanvaarbare aksie gaan wees…en dan?

Rina ·

Dis nie net vir oppak en gaan nie…….waarnatoe? Die van julle wat kan, kyk gerus op facebook hoe misdadiger vir polisie wys hoe klim hy deur diefwering – dis om van gek te word! Dankbaar dat die arme getraumatiseerde familie nog leef – die man kon net sowel my seun of skoonseun gewees het! En terloops ons voel dit aan ons lyf – dis baie naby aan ons! Hierdie voorval!

Sonia ·

Dit is nou maar miskien ‘n stoopid vraag, maar hoekom sien ek nie manne aanbied, om op die plaas te gaan help nie. Begin ‘n projek waar mense saam boer op ‘n plaas en deel in produkte en resources.

Tommie ·

Hi Sonia,ons is juis besig met so n projek maar ongelukkig stel ons Boere maar bitter min belang in hierdie opsie…..Maar ek glo dat die Vader Ons sal help om deur te dring na ons Boere…….As ons die getalle op plase kan aanvul dan gaan ons dinge verander.

Ettas ·

Nee saam werk is nog nooit die Afrikaner se ding nie….wil alles self doen en gun niemand iets nie!!
Om saam te boer klink vir na die ding….dit hang af wat wil daarmee bereik word? Dries het klaar gesê ‘n plas kan nie baie mense onderhou nie. Presies jy moet die’ saam boer ding goed beplan…

Doret ·

Hulle huil oor skole maar brand skole af soek education ma brand universiteite af siek kos ma moor ons Boere hulle wil als verniet he hulle het geen respek en daarom vernietig hulle als nie eers n mens se lewe beteken iets en ons polisie is nie veel werd eks seksueel aangerand deur 3 terwyl my man vasgemaak is en papgeslaan is en toe ons by polisie stadie kom kan amper niemand behiorlik afr if eng praat nie ons Land het n LEIER nodig wat kan en wil lei

marianne ·

Ek hoop en bid dat die Steyn gesin berading kry! Die kinders moes deur Hel gegaan het. Dank God dat hulle pappa lewe!
Kan die Regeering nou sien wat hulle aan ons boere doen? Ons is ontwapen en kan onself nie beskerm nie. Beskerm die boere hulself wel is dit hulle wat aan die verkeerde Kant is!!! Dis so bitter onregverdig.
Boere loop tog nie plakkers kampe in en sny mense se kele af of verkrag hul vrouens en kinders nie. Waarom doen hulle dit aan ons???
Ek glo die plakkers is van Leshoto! Alle buitelanders en vlugtelinge moet sumier terug gestuur word Na hul eie lande om daar tekere te kan gaan.
HELP ONS DA – HELP ONS OORLEEF. Ons kniee is rou in gebed… Mag God se kinders lei.

Anoniem ·

Vir wat vra jy die DA om te help? Die DA is links, hulle soek die moordenaars en verkragters se stemme ook. Al wat ons nou in hierdie land kan red is die Here. Net soos by Bloedrivier.

Anoniem ·

Dat daar nog blanke mense is wat dink hulle is veilig. Mense, bewapen julle, dit gaan NET erger word.

Testertjie ·

Begin met slange boer. Hulle sal nie naby die plaas kom nie.

M'Lady ·

Die adjunk minister van Polisie se dan sy slaap rustig in die nag. So daar is niks om oor te “worry” nie. Daar heers darem n oorweldigende stilte van alle kante af vir wat in hierdie Godverlate land aangaan. Ons is absoluut op ons self aangewese.

Magdaleen ·

Begin julself op die plase beskerm kry vir jul elkeen omtrent vyf kwaai honde en laat die julle beskerm moet nerens sonder hulle gaan nie nie eers rondloop op die plase nie. Laat die honde hul uitsnuffel en wegjaag ek wil amper se vrekbyt maar dan word die hond doodgeskiet en moet jy weer van voor af begin lieer nie laat die honde hul verjaag brand die gedeeltes waar hulle plak af sodat jy kan sien wat hulle doen kap al die bosse rondom die stuk uit. Kry ekstra wagte maak jou diefwerings dubbeld sit erg alarms in wat hard skree tot in die stad as dit nie anders kan nie laat al die bure hoor. Dan maak jy aanhoudend lawaai op facebook die koerante en waar jy kan iewers moet iemand hoor

LBS ·

Flippie, wys my een keer waar die DA rassehaat aangejaag het. Jy en ‘n hele paar mense hier is seker so regs as wat jy kan kry. Hoe vinniger julle sal besef om eerder almal DA te stem en genoeg stemme kry om die ANC en EFF weg te hou, hoe beter, maar ja, daar is nie salf te smeer aan sommige mense nie.
Hierdie is die EFF se werk, hulle stook hul mense nou oral op om die Zimbabwe ding nou hier te doen en die ANC sit en kyk dat die EFFers hul vuilwerk vir hulle kan doen.

Ben Prinsloo ·

Sterkte aan die familie. Ek vra egter net wat het van daardie gebied se GPF geword. Ek wil ook byvoeg en met baie groot sekerheid sê dat plakkers sal dit nie durf waag om in ons gebied so te kom plak en dan nog arrogant te raak nie. Hier staan ons mense saam.

Petrus ·

N voorbrand kan maklik buite beheer raak,veral as die wind in die regte rigting waai.

Ddjmk ·

Dit is veral belangrik om voorbrande naby plekke te maak waar mense met vuur speel.

M A ·

Ek woon alleen op n kleinhoewe na my man se dood. Ek kan nie iets anders koop met die geld wat ek sal kry as ek verkoop nie. Hier is ook nie geboue waar ander gesinne kan intrek nie. So dié wat vra hoekom mense nie stad toe trek na ‘veiligheid’ nie, sal maar met n ander plan moet kom.

Genoeg ·

Baie waar wat jy se, moenie vir iemand ‘n huis gee op jou grond nie, laat hulle self hul dokkie daar bou. Kry 4 gesinne uit die armoede en laat die jonges ploeg en plant, die ouer mans bou en die vroue jou help met versorging tot alles op die been is. Eks bereid om R500 te skenk vir sement en as daar nog soos ek is het jy ‘n “community vir jou en ander se beskerming binnekort. Die manne kan skofte werk om 24 uur patrollie te doen.

Vra net ·

Okay boere hoekom begin jul nie n aksie en hou als terug van markte af om te verkoop.

HEVW ·

Waar is die boerevereniging, landbou unie, Afri Forum en gemeenskap. Hierdie plakkerskamp moet weg!!!!!!!!!

KP ·

MENEER BEWAPEN JOUSELF EN BESKERM JOU GESIN EN EIENDOM IS AL WAT GAAN WERK TEEN HIERDIE TERRORISTE.

Joann ·

Daar gaat ons alweer. Niks en niemand kan iets aan die land doen nie behalwe God. En die slapgat manne,hoogtyd dat jul begin bymekaar kom en Piet Retief na doen.

Doef ·

Nee God bedoel nie ons moet terugsit en hy doen als vir ons nie, ons moet self sweet, werk, iets aan ons omstandighede doen.

Reenen du Toit ·

Ek is sonder woorde – daar moet ‘n oplossing gevind word. Ek stem ten volle saam met Adriaan du Toit.Boere is die voedsel bron van die land – alle boerderye moet gekoester word van die noorde tot by die appel boere in Grabow .

Sputnik ·

Joann, ken jy jou geskiedenis? Vertel vir ons wat het Piet Retief gedoen, of eerder, wat het hy oorgekom? Dit lyk nie vir my asof jy weet nie. Ek stek 100% saam met Gesiggie: Dit is nie dit werd om daar aan te bly nie. mens koop ook nie ‘n vierkante meter grond waarop plakkers is of waar daar ‘n groot waarskynlikheid is dat hulle daar kan plak nie.

Reenen du Toit ·

Ek dink dis tyd om 2de wêreld oorlog maatreëls aan die dag te lê soos dubbele rolle hakkies draad (barned wire) om kwesbare plaashuise te span met baie honde en ander tegnologie wat help.Mens moet dit baie moeilik maak vir boosdoeners.

Oom Kalahari ·

Jan & Nadia Steyn, jul het ‘n erge trauma deurgegaan en ook om te verwerk en veral die jong kindertjies wat dit moes aanskou. Wat het nou van die Minister van Polisie se plaas prioriteits belofte geword as sy plaaslike Jacobsdal stasie na klagte leggings van plakkers nie wil optree nie. Plaas Staal houers (Containers) of rondawels waar werklose blanke persone kan bewoon, behulpsaam kan wees en soos ‘Genoeg” hierbo stel om op 24uur basis te kan beskerm en paraat te kan wees. Jan & Nadia moet ‘n eis instel teen die Minister van Polisie en die Regering deurdat hul nie wil optree teen onwettige plakkers asook nodige veiligheid en beskeming verleen en alle mediese kostes van hierdie boer dek. Die Lanbou unies sal regtig met strategieë vorendag kom om hierdie boere en gesinne te kan beskerm, want ons kan en mag hul kundigheid nie verloor nie.

Tiger ·

Ek se bulldoze hulle en hulle “hutte” van die plaas af, Dis al wat sal help.Vergeet van hof bevele.Dis tyd en geld mors.

estelle broodryk ·

Ai, dis darem so hartseer. Mense, kan ek voorstel al die mense wat in ‘probleem’ areas bly, kry vir julle n OVCHARKA. Dis n hond, n GROOT hond, n GEVAARLIKE hond.
Hy beskerm sy mense met sy lewe en vreet wat nie daar hoort.

Jeffrina ·

Ek is so dankbaar ek woon nie meer in SA nie. Ek is bykans 70jr en dit is baie ontstellend om hierdie berigte te lees. As ek terug dink aan my kinderjare is ek baie dankbaar. Dit is nie n land vir vroue en kinders nie. Sterkte aan die gesin wat hierdie ondervinding moes beleef.

Alecia Bailes ·

People please excuse me coming in here with my English but I want to say that this situation that is taking place in SA right now was prophesied by Siener van Rensburg at the beginning of the 1900 century. You can read all about it in Adriaan Snyman’s book he wrote about van Rensburg, very interesting and informative. The option of praying and trusting God remains a choice for all believers. “IF my people who are called by My name will humble themselves and pray and turn from their wicked ways THEN I will hear from heaven and heal their land” the condition is IF. I trust that those who want to see change in SA will grab hold of this excellent advice and pray without ceasing. Our God lives and is still on the throne and is still in the business of doing miracles even in these trying times, hallelujah.

Willie ·

Die berig sou gelees het- Wit boer val 8 swart onskuldige werksoekende mans aan met sy kennebak en keel. Een honger agtergeblewende kon himself gelukkig met n mes vededig….

Basson ·

Buiteland?!! HAHAAHHA! Die wat wag dat SA (verder) in duie moet stort sodat hulle kan kom oes? Hulle was/is dan JUIS deel van die plan van vernietiging, nou dink julle hulle is ons ‘redder’? Dink weer :)

Joann ·

Spudnik ek ken van geskiedenis glo my. Maar Retief het sy God gevra en sy God het hul gehelp. Wie vra ons?? Zuma se regering? Nee man staan saam en bid.

Theuns ·

Alecia Bailes, thank you for your fair and relevant comment. I can assure you that the farmers of this land is God loving people that daily live with the word of God. We are hoping for a miracle but we also have to face the reality that the Boer People are the most hated people in South Africa. The reasons for this is multiple and includes the following. Consistant lies, hate speech and propaganda from our Black Leaders. Jacob Zuma will, on every possible opportunity, accuse whites that they have stolen the land. The story is spread by most political parties that Blacks cannot be racist even if they are racist. Only whites are racist. Examples of the above mindset is, Zuma has a signature song which he sings at every political rally which he attends “Awethu Mashini” Roughly translated “Bring my machine gun so that I can kill the Boers” . Juluis Malema’s song has a similar refrain,”Kill The Farmer Kill the Boer”. More Farmers had been killed in this land than People in the 9/11 Terrorist attack in the USA. Kind Regards.

Jaco ·

Onthou mense nog hoe daar gemobiliseer en opgetree is toe daar nog grensplase was? Die regering doen niks so ons moet self parraat wees as ons wil oorleef. Honde, gewere, self patroleer wat ookal nodig is.

neelsie ·

Die Britte kan maar net nie hulle neuse uit RSA hou nie.
Die regering het reeds hulle taal aanvaar en word nou ook gemanupileer deur politici.
Die skade wat die Engelse aan ons gedoen het is onberekenbaar maar ‘Doodkry is min’

Theuns ·

More Basson, ja ek het jou berig gelees oor die Britte wat die ANC nou wil adviseer oor hoe om aan bewind te bly sal die ANC die verkiesing verloor! Dit is verbysterend maar is dit die waarheid? Lees jy tussen die lyne gaan dit oor LONMIN en geld. Is dit meer voordelig vir die Britte dat die ANC aan bewind bly? Is dit “ok” dat witmense geslag word vir GELD? Onthou dit het wel gebeur in die Anglo Boere Oorlog. Toe het dit ook gegaan oor Goud en Diamante!

neelsie ·

.Die blanke in ons land moet wakker word.
.Die eiendom moet uit blanke besit geneem word, ongeag op watter manier.
.Dit is nie net plase nie ,ALLE eiendom!!
.Die wat in die stad woon word nie gevrywaar nie.

P ·

Dit is die tipe geweld wat Julius Malema aanhits dis die EFF wat vir die mense vertel om te vat wat joune is maak nie saak teen watter prys nie.Dis tyd dat ons besef nie AFRIFORUM of die DA of enige iemand gaan vir ons afrikaners opkom nie dit help nie ons sit terug en wag nie want glo my ons gaan uitgemoor wees teen dan.Die maak my sommer siek.

Donovan ·

Sit jou valstande in jou hempsak, trek jou gordel styf vas en hou vas die ride gaan nog rof raak… Hou moed hier kom eitkoms… Die Here gaan ons nie net so los nie…

Richard ·

Ja Donovan, dieselfde Here word ook aanbid deur die regering, EFF en nog meer, en hulle vra dieselfde vir God, om hulle te verlos van die “wrede wit man”

Dis van “op die Here wag” dat ons is waar ons is.

Lenice ·

Ai dis so hartseer dat ons wit mense uitgemoor word en die regering niks aan die saak doen nie. Maar sê mens nou iets, dan is jy rasisties. Ek is jammer, maar dit is nie menslik om so aan te gaan nie, dis barbaars! Eks dankbaar die boer en sy gesin is nog lewend en sy vrou is ‘n ware heldin! Mens moet maar die gereg in eie hande neem want as ons moet wag vir ons patetiese regering gaan hier niks van ons oor wees nie.

Adriana Stuijt ·

Op 1 Junie 2016 gaan die populêre Afrikaner sanger Steve Hofmeyr in Den Haag, Nederland in ‘n televisie-onderhoud met die Nederlandse parlementslid Martin Bosma praat oor die probleme en haataanvalle teen SA boere. Dit vind plaas in die restaurant-studio Dudok in Den Haag v.a. 8pm. Hofmeyr gaan snitte wys uit die rolprent Treurgrond en gaan in detail beskryf presies onder watter gevare die boere in Suid-Afrika hul werk moet doen elke dag. Bosma is die skrywer van die boek Minderheid in Eigen land, oor Suid-Afrika. Bol.com

Richard ·

Ek lees hier van julle braak gal oor die DA alweer. Nou sê my bietjie, vir wie stem jy dan? Daai despoot Dan Roodt het mos met die vorige verkiesings die “Front Nasionaal” geadverteer ans die “Enigste ware Afrikaner Party” toe duik hulle in die hek met 5000 stemme – Wonder of die spul nou weer gaan deelneem.

Die VFplus se getalle wat hulle nog aan die lewe soort van hou, neem net af met elke verkiesing, en sal natuurlik met ons demografiese verandering in die toekoms heeltemal verdwyn.

Steve, Sunnette, en kie, is aktiviste, en stel nie belang om ‘n party te stig nie. Steve se belofte as hy 1 miljoen faceboek aanhangers kry dan sal hy so iets oorweeg, en dit het ook ‘n stille dood gesterf.

So wat nou? Nou skrou, jil en murmureer baie en natuurlik die ou “nie stemmers” wat dikbek eenkant staan.

Ja dier DA is nie perfek nie, maar ons gaan beslis nie op ons eie houtjie die mas opkom, as ons nie hande vat met ander rasse wat dieselfde waardes en vrese deel nie. Ek hoor nou die dag ‘n Wit vrou sê: As al die wittes staamstaan dan wen ons weer” Vaderland hoe kan mense nog so dom onosel wees?

Xa ·

Tipies DA propaganda, hulle breek klein partye af, laat hulle sleg lyk. Skaam julle, julle ondemokratiese manipuleerders!

Theuns ·

Richard jou onderrok hang uit. Wat het jou DA gedoen oor plaasmoorde? Of droogtehulp? Die DA is baie vinnig om rassistiese aanklagte te le teen witmense omdat hulle hul self hoogheilig hou. Het hulle aanklagtes gele teen Zuma? Watter rasse praat jy van wat hande moet vat? Die Afrikaner het al genoeg agteroor gebuig maar nog word hy verguis! Soos wat ek nou agteroor buig met jou! Ek gun jou om jou mening te lug! Los ons ook uit sodat ons ons se kan se!!

Richard ·

Ja Theuns, Jy wil ‘n oplossing net vir die Afrikaner hê en basta met die res. Maar Theuns dit gaan nie gebeur nie, hoor wat ek vandag vir jou sê. Daardie glorieryke dae van Afrikanermag is vir altyd deel van die verlede. Dit is nou tyd om hande met ander te vat – “of vat jy nie aan ‘n swart, kleurling of indiër hand nie?”

Kyk weer na die volgende verkiesing – 90%+ Afrikaners sal weer vir die DA stem, want daar is geen ander alternatief nie.

Xa ·

Richard, jy maak afleidings en veralgemenings. Wie se ons vat nie hande nie, ons wil maar net ons taal behou soos enige ander kultuur, wat dink jy sou die engelse se as die chinese skielik wil he almal moet chinees praat en hulle waardes aanhang. Jy moet werklik oopkop wees.

Connie ·

Ek wonder ook waar die ander boere in die omgewing is. Hoekom staan hulle nie saam en verwyder die otters nie. Ons kan nie alleen teen hulle baklei nie. Ons moet saamstaan. Boere asseblief kom help hierdie boer.

Xa ·

DA is anti Afrikaner. Onthou wat hulle laas net so voor die verkiesing gedoen het om stemme weg van kleiner partye te draf op n onetiese leun! hulle speel vieslik.

Richard ·

So Xa, vir wie stem ons dan? Of is jy een van daai dikbek nie-stemmers? kan mos net kla en kla. En by the way die DA veg vir almal se regte.

Xa ·

Richard vir wie ek stem is my saak maar glo my dit is nie die DA nie. Julle false propaganda van dat klein partye niks beteken nie beeld net julle disrespek vir ware demokrasie en naiviteit. Wat ek wel saam met jou stem is dat dit slap is om nie te stem nie.

Richard ·

Xa, Vir wie jy ookal stem, is jou saak ja, Ek kan ten minste dit vir jou sê vir wie ek stem, ek nie skaam om dit te openbaar nie.

Ek stem vir universieële waardes, ek is pro-aborsie, pro-gay, teen die doodstraf, liberale waardes, opheffing van die wat nie het nie wit of swart en vele meer.

Ek het al baie die DA ook aangevat oor seker uitlatings waarmee ek nie saamstem nie, want hulle is is beslis nie perfek nie.

Celia ·

Die DA het nog nie een word gese oor plaasmoorde nie! Hulle is absoluut liberaal. Stel net in mag belang. Ek woon in die Kaap en die Kaap werk ja. Dit is mdat dit die langste geregeer was deur BLANKES!. Die DA is nou swart. Het daar nie n groot aantal(30?)DA s onlangs oorgeloop na die EFF nie? (weet enigiemand hiervan) Dis mos rooiligte!
Plaasboere bewapen julleself en leer selfs julle kinders skiet en self verdediging. Dra jul vuurwapens op julle en wees heeltyd paraat.
Almal van ons kan hierdie boer en sy moedige gesin help deur n groot lawaai op te skop en te eis dat daardie onwettige plakkers van sy plaas afgesit word. Ons moet ons klein verskillelos en saamstaan. Vergeet van met ander rasse saamwerk. Het die wat dit se oe NOU NOG nie oopgegaan nie. Ons is op ons eie- en ons weet Wie is ons Vader! Soos by Bloedrivier!. Dis ook tyd dat mense hul begin steur aan wat siener van Rensburg gese het.
Eerste ding wat ons moet doen is STAAN SAAM vir ons oorlewing.
Ek sien ver in die toekoms! Daar gaan weer n wit regering wees! Staan opuit die modder en bloed!

Stev ·

Mense die “donkerte” is op ons voorstoep. Om liberaal te wil bly gaan jou jou lewe kos. “Hulle” word propaganda op n daaglikse basis gevoer en “hulle” glo alles wat daar vir hulle gese word. As ons langer net gaan terug sit en kyk hoe die ontvou gaan ons een oggend wakker word en daar gaan niks meer oor wees om voor te baklei nie.

staan by ·

Ek het almal se kommentare gelees…… ben prinsloo jy is reg, waar is jacobsdal se gpf? ek weet in my hart daar is ‘n paar vriende wat ek kan op staat maak dag of nag. wat sy gesin sal alleen los en bystand sou gaan verleen aan jan en nadia steyn, as ons net nader aan jul was. Ons sal MOET in ons honderde in so geval opdaag ,en daai mense bystand verleen, want wet en orde het nie daar geskied nie, dan pas ons ook nie wet en orde toe nie, DIS DIE VINNIGSTE WAT DIE HELE REGERING EN HELE LAND SE AANDAG OP DIE KWESSIE SOU WEES, en almal sal soos afkop hoenders rond hardloop en asb tog net die gebeure wil ontlond voor die &*& spat. Hoor my mooi, ons gaan sover moontlik binne die wet, bystand verleen nie moeilikheid soek nie, ‘n punt bewys, ons kan saamstaan en ons sal beskerm, daai arme kinders ek byt op my tande net om te dink aan hul vrees. Ons moet bid,,, ja verseker, maar ons moet realisties ook wees, daarby wil ek sê doen iets omtrent dit ons kan nie net bid agteroor sit en als sal self gebeur nie, ons sal gelei word in ons dade daai dag. IS DAAR MANNE WAT SAL SAAM STAAN? EK DAAG JOU UIT.

Sputnik ·

Joann, Piet Retief is wreed vermoor toe hy Dingaan vertrou het. Jy verwar hom nie dalk met Andries Pretorius nie? Hy en sy mense het die Here gevra om hulle te help en die gelofte afgelê – onthou 16 Desember? Groete

pop ·

Xa as ek so na mense soos jy luister is ek sommer lus en druk my vinger in my keel. Ons is verlore, want nou gryp die wittes mekaar aan die kele oor party stemme. Ruk liewer op soontoe julle manne en loop breek af daai plakkers hutte en jaag die spul af. Natuurlik sal hulle terugkom om te kom moeilikheid maak , maar ek is seker daar kan plan gemaak word om die plaas op te pas. Staan by, as jy nie mans kry nie sal ons vrouens jou gaan help. Dink net hoe gaan dit lyk op die nuus. Vrouens verjaag plakkers.

Xa ·

Richard, pop en almal wat die DA verdedig, ek weet julle is goeie mense en ek hoop alle sukses vir die DA, maar werf onder die swartmense en moet nie kleier partye wat vir Afrikaners opkom bespot of op onetiese maniere aanvat nie, dis al wat ek vra. Die DA draai sy rug op die witmens met goeie rede, want julle groeipotensiaal le by swartmense. Dit is n bekende feit in politieke strategie en bemarking dat n party n bree kant moet kies, dis onmoontlik om alles vir almal te wees. Dit is in ons almal se belang dat die DA mense moet werf wat vir die ANC of EFF sou stem, en dit behels noodwendig dat julle as n volle swart party gesien moet word, , ek belowe julle dit is al opsie want die massas se persepsie is steeds dat DA eintlik n wit party is. So DA moet nie enige witmense he in hulle beeldmateriaal, advertensies, optogte nie, dit moet gesien word as n swart party. Julle moes eintlik ten volle gerebrand het vir die verkiesing al. So hou op om kleiner partye af te kraak, fokus julle op die swart massas wat ANC of EFF sou stem en los ons uit. Net Dan sal dit n wen wen situasie vir ons almal wees.

Xa ·

DA wil Afrikaners dooddruk, so ook demokrasie vernietig deur om klein partye en werklike diversiteit te wil bespot, soos Richard se kommentare bewys.

Oom kalahari ·

@Richard, soos jy tereg sê elke mens het die reg om eie inisiatief te gebruik vir wie hy stem, maar glo my vandag die DA sal nooit weer ooit ‘n stem van my of familie kry nie. Ons het te veel deur hul al verloor in persoon. Kyk wat het die sogenaamde DA nou in Sanddrift Oos gedoen om 114 families op straat uitgegooi, blankes en kleurlinge en almal met skoolgaande kindertjies, peuters, kleuters, babas en bejaardes. Die DA doen niks vir almal nie en lei aan vervolgings teenoor die Afrikaner. Stem liewer vir my klein partytjie, maar weet hy is eg verbind om op te staan tot regverdigheid en beskerming van almal.

Anton ·

Bid dat die gesin gou sal herstel van die aanval en vra dat God sal ingryp soos Hy alleen kan om die situasie reg op te los.Die boewe besef nie hoe vreeslik dit sal wees om in die hande van die Lewende God te val nie.

martie ·

Jul wanneer gaan hierdie sinnelose aanvalle op ons mense op hou.Ons moet n massa biddag hou vir ons volk ons GOD is GROOTER as hierdie misdadegers ons kinders ons ou mense hul is ons mense hul is ons toekoms ons voorbeeld asb JESUS help ons.

Emil ·

Ons almal mt bid en glo dat ONSE VADER ons sal beskerm van moord en dief stal . So mense gaan op julle knee en vra vir hulp van ONSE VADER en hy sal jou beskerm

Johan Venter ·

Daar moet geveg word bY SARS waar enige boer of gesinlede in ‘n plaasaanval sterf so ‘n boedel van alle belastings, hetsy inkomste belasting, kapitaal wins belasting en boedel belasting vrygestel moet word. Die trauma is alreeds onbeskryflik en om dan nog die finansiele trauma te moet beleef daarna is net een te veel gevra.

Amanda ·

Ja en as jy een van hulle skiet gaan jy dadelik trunk toe en word dit vir dae op al die koerante se voorblaaie gelees en dit is wat die mense oorsee sien. Dinge gaan nie verander nie en ons Suid-Afrikaners kan nie saam staan nie. Die een wil net ‘n beter kar en mooier huis as die ander he. Die skrif is aan die muur hulle gaan ons almal die see injaag en uitmoor. My pa het altyd gese die slag van Bloedrivier gaan hom herhaal.

Theuns ·

Richard, hier is die redes hoekom ek nie vir die DA sal stem nie! Die DA gebruik die blanke se stem net om sy getalle aan te vul en sy beeld te poets as n multi-kulturele party. “Verneuk Politiek!” Die blanke se teenwoordigheid in die party dra nie gelyke waarde as sy gekleurde, indier of swart mede lid nie asgevolg van SEB en APARTHEID! Die DA laat ooglopend toe dat Afrikaans in ons skole en universiteite vertrap word! Sogenaamde rassistiese opmerkings deur blankes word nie behoorlik ondersoek nie en aannames word onmiddelik gemaak. Voorbeelde is Mabel Janssen, Dianne Kohler Barnard ens)Die DA se stilswye oor plaas moorde.
So kan ek aangaan. Ek kan ook nie vergeet dat Zille die leier van die “BLACK SASH” was nie. Groete.

Anoniem ·

OK…Die wat nie vir die DA gaan stem nie…vir wie gaan jul dan stem…ANC…..NEEEEEEE….EFF………..NEEEEEEE…..VR…………….Nie genoeg lede om te wen nie…..So wie nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.