Plan om ‘Afrikaans by universiteite te red’

Ian Cameron (regs) woordvoerder van AfriForum Jeug, verwelkom die media by die bekendstelling van AfriForum Jeug se vyfpuntplan vir die behoud van Afrikaans op Universiteite.

Ian Cameron (regs) woordvoerder van AfriForum Jeug, verwelkom die media by die bekendstelling van AfriForum Jeug se vyfpuntplan vir die behoud van Afrikaans op Universiteite.

AfriForum Jeug het Donderdag sy #RedAfrikaans-veldtog van stapel gestuur en Afrikaanse studente aangemoedig om hul klasgelde vir 2016 eers terug te hou.

Dié veldtog vorm die hoeksteen van die veldtog vir die behoud van Afrikaans by Suid-Afrikaanse universiteite en behels die terughou van klasgelde tot Junie 2016, die organisering van sterk kampusstrukture, mobilisering om Afrikaans te beskerm, aktivisme en regsaksies teen universiteite.

“Ons sal nie toekyk hoe universiteite hulle aan taaldiefstal skuldig maak nie, soos wat ons reeds by die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria sien gebeur,” het Ian Cameron, AfriForum Jeug se woordvoerder, tydens ʼn perskonferensie gesê.

Cameron het gesê Afrikaans word as politieke slaansak deur ander minderheidsgroepe by universiteite gebruik om politieke partye se ideale op kampusse te dryf.  “AfriForum Jeug sal nie toelaat dat Afrikaanse studente verneder word nie. As ons taal nie goed genoeg is nie, is ons geld ook nie goed genoeg nie.”

AfriForum Jeug se veldtog kom kort nadat dit aan die lig gekom het minstens twee van die universiteit se fakulteite het glo besluit om af te wyk van die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) soos deur die universiteitsraad, met instemming van die senaat, bepaal is.

Cameron het vroeër vandeesweek gesê studente word ook deur die Verbruikersbeskermingswet beskerm en dus moet hulle wag om te sien of hulle die onderrig in Afrikaans ontvang wat aan hulle belowe is.

“Die rektor van die US se infame leuens wat hy die land vol versprei oor die behoud van Afrikaans moenie ongesiens verbygaan nie. By die Universiteit van Pretoria heers presies dieselfde situasie, met Afrikaners wat uit vergaderings gejaag word waar hul eie moedertaal bespreek word,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DPJ ·

Dit is reg massa aksie is al wat na geluister word. Stekte met die stryd.

Herman ·

Dit is goed en wel maar hoe verseker ek dat my kind nie uitgeskop kan word nie, haar akademiese jaar is te belangrik om risikos te loop. Miskien moet hulle daaraan dink om te maak soos met munispale heffings gedoen is, die inwoners betaal gelde in spesifieke rekening in wat vooraf as protes rekening geregistreer is – ek dink alamal sal wil weet watter waarborge het ek my kind gaan nie uitgeskop word nie?

Johann Marx ·

Herman, hulle kan nie jou kind uitskop………..en 4 000 ander wat geregistreer is vir vanjaar terwyl hulle nie ‘n sent vir verlede jaar betaal het nie, los om verder te studeer. Dan gaan jy ‘n ander prentjie sien. Ons is almal gelyk voor die wet. As EEN wat nie betaal nie, uitgeskop word, moet ALMAL wat nie betaal nie, uitgeskop word….en dan?

Andrea van Vuren ·

Herman, nou praat jy sin. Afriforum moet aan so ‘n rekening werk en dit moet deur iemand met finansiële kennis bestuur word.

Michael ·

Ek stem saam met Herman ,Afriforum het kundiges tot sy beskikking en miskien moet hulle hul plan van aksie beter uiteensit en al die loopholes dek dan glo ek dit kan werk

Sharon Anderson ·

Om die geld terug te hou klink ma ‘n plan maar dan kan die kinders nie registreer nie. Die is ‘n klomp nonsens wie het die universiteite gebou tot wT hulle is. Die Afrikaans sprekendes!

Francois ·

Die ongelukkige waarheid is dat universiteite hul toelatings ten gunste van nie-Afrikaanssprekende studente manipuleer – dit gebeur ook by die histories-Afrikaanse universiteite – en dan aanvoer dat die meerderheid studente Engels as voertaal verkies. Die ironie is dat op ‘n universiteit soos Stellenbosch hierdie manipulasie bloot tot ‘n toename in wit Engelssprekende studente gelei het, en dat daar van die sogenaamde ‘diversifisering’ van die studenteprofiel weinig gekom het. Dit is dus nou vir Stellenbosch maklik om Engels as verstektaal in te voer, want (volgens die Universiteit) is dit wat die meeste studente wil hê. Maar dié ‘meerderheid’ is net die gevolg van hul gemanipuleerde toelatingsbeleid. Helaas is daar weinig wat hieraan gedoen kan word, AfriForum Jeug se lofwaardige veldtog ten spyt. Die enigste uitkoms vir die behoud van Afrikaans as akademiese taal, is private instellings soos Akademia. Hoe gouer Solidariteit Akademia tot volwaardige universiteit uitbou, hoe beter.

Reinhardt ·

100% korrek. Plaas van dat hulle dit Engels maak kon hulle onderrig in bv isiXhosa ingebring het. Maar nee, Engels sal dit wees.

Gelowige ·

Niks is gewaarborg eenvoudig of maklik, om NIE te BETAAL. VREES nie MAAR GLO die optrede sal die DOEL DIEN. GELD wat stom is maak REG dit wat saak maak.

Johann Marx ·

Moenie twyfel nie, moenie vrees nie, moenie bang word nie, moenie “wat as” begin speel nie. Alle Universiteite het ‘n konstitusie vol beleid oor hoe die instansie bedryf word. As studente nie betaal nie, omdat hulle ingeskryf het by ‘n Afrikaanse Universiteit, en hulle self nou in ‘n Engelse Universiteit bevind, is dit hulle volle reg. As die universiteit teen slegs EEN student optree wat nie betaal nie, moet hulle teen die magdom swart studente wat NIE betaal nie, ook optree. Hoe gouer mense besef daar is Afrikaanse Universiteite vir ‘n rede, Engelse Universiteite vir ‘n rede, Xhosa Universiteite vir ‘n rede………..hoe beter. Elke keer wat daar nou “vertaal dienste” by ‘n sekere Universiteit nie ver van my af nie aangebied word, begin die blanke studente openlik en hardop vra “As jy nie taal verstaan nie, wat soek jy hier?” Nou moet hulle net nog meer saamstaan en Totius gaan terug sit…..

DPJ ·

Nes ek gedink het van saam staan is daar nie sprake nie. Ons is BANG. Wys vir eenslag julle kan saam staan en sien wat gebeur.

Michael ·

Ek stem saam staan vir eens saam f.. the consequences en forseer hulle om gehoor te gee

Elizabeth ·

Die geintimideerde Afrikaner. Julle is bang vir n taxi bestuurder, bang om in Johannesburg te ry, en en en. Gaan voort Afriforum . Los die bang gatte by die huis. Julle het baie ondersteuners. Ons kies ons Taal.

Wouter ·

Ons registrasie fooie is al n maand terug betaal. As ons dit terug gehou het kon die kinders nie registreer nie. Nie blyplek op die kampus nie en ook nie etes nie. Help nie julle kom nou en se ons moenie betaal nie. Dis te laat. Amper soos mostert na die maal.

Johann Marx ·

Nee, Wouter, dis nie mostert na die maal nie. Ek het ook al daai fooie wat jy noem betaal, maar daar is nog ‘n allemintige R36 000,00 wat hulle voor wag. As ons almal saamstaan agter Afriforum Jeug gaan ons beslis ‘n massa word om mee rekening te hou….As die Universiteitsbestuur mooi dink sal dit beter vir hulle wees om die “betalende massa” agter hulle te kry, as die “Ons wil als verniet in Engels hê” massa. Universiteit is ‘n duur voorreg…..dis hoog tyd dat Universiteitsbestuur moet begin fokus op hulle taak, en dit is om die universiteit te bestuur, en studente op hulle taak, en dis om te studeer en hulle kwalifikasies te bekom. As al die “betalende Afrikaanse studente” loop…..het Blade nie genoeg moola om die deure oop te hou nie, en intussen bou ons Akademia dat dit wit sit.

Andrè v E ·

Almal wat geld aan Afr universiteite skenk moet ophou dit geld veral oud-studente.

Paul dB ·

Die probleem is meer kompleks as wat dit op die oog af lyk! Ons moes depositos by die Puk betaal om te kon registreer. So dis klaar inbetaal. Die res kan ons terughou, maar ek het twee kinders daar. Nou,Indien ek vroeg betaal kry ek afslag vir die tweede leerling vd selfde gesin. Dit is R8000 verskil op my totale bedrag. Indien ek dus aan die aksie wil deelneem, Wat ek sou Wou, kos dit my R8000! Vir iemand wat alreeds in die rooi is om net by te hou, is dit nie so maklik om R8000 netso prys te gee nie! Hoe nou? Ek hou van die apparte rekening idee. Skep so ‘n rekening, laat die mense wat wil deel aan die veldtog die geld daarin betaal. Ons registreer by Afriforum met ons kind se naam en vakrigting. Skep vir elke universiteit ‘n apparte rekening. Dan gaan ding ons kollektief, deur Afriforum, mee, en die gelde word oorbetaal sodra die saak voldoende beredder is.
Ek sou dit baie graag met my belasting ook wil kon doen!!

Reinhardt ·

Die enigste manier om Afrikaans volhoubaar te maak is om die taal inklusief te maak. Te veel mense wil he dit moet die taal van Afrikaners wees. Dit sal beter wees as ons dit die taal van Suid-Afrikaners kan maak. Kleurlinge praat alreeds meer Afrikaans as Afrikaners, maar ek is bevrees dit is besig om te verander. Al hoe meer maak hul kinders Engels groot. Afrikaners ook… Ons moet n manier vind om Afrikaans weer “cool” te maak. Mense moet dit wil praat, nie omdat dit af vorseer is nie. Omdat dit lekker is, omdat daar beeldmateriaal, radio stasis, musiek- en, kultuurfeeste in Afrikaans gehou word. Die tipe goed wat mense sal laat dink, hel ek wil deel was van dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.