Plan van R180 miljoen om van Orania ʼn stad te maak

Foto: Orania Ekonomiese Ontwikkleingsplan

Foto: Orania Ekonomiese Ontwikkleingsplan

ʼn Ekonomiese ontwikkelingsplan wat ten doel het om Orania van ʼn dorp tot ʼn stad te laat groei is Dinsdag by die Stadskonferensie in Pretoria bekendgestel.

Ingevolge dié plan sal meer as R180 miljoen oor die volgende vyf jaar in verskillende projekte belê word.

Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad het daarop gewys dat die meeste Afrikaners makliker in ʼn stedelike omgewing sal vestig. “Die meeste Afrikaners is stedelinge. ʼn Stad bied meer werksgeleenthede en ook die geleentheid om in sekere rigtings te spesialiseer,” het hy verduidelik.

Die plan is oor twee jaar voltooi wat ʼn volledige studie van die dorp se groeipotensiaal, behoeftes en geleenthede insluit en is in samewerking met vennote, wat in dorpsontwikkeling spesialiseer, opgestel.

Die strategie vir die volgende vyf jaar sluit in die oprig van ʼn ontwikkelingskantoor, die ontwikkeling van nuwe erwe, nywerheidspersele en kantoorgeboue, vaardigheidsontwikkeling en skakeling. Daar is reeds begin met die uitbreiding van die gemeenskap se elektrisiteitsnetwerk om vir die groei wat reeds ervaar word voorsiening te maak. Telkom het ook onlangs 300 nuwe ADSL-lyne in Orania beskikbaar gestel. Die bestaande sub-ekonomiese behuising sal ook uitgebrei word om bekostigbare behuising op ʼn groter skaal beskikbaar te stel. Die ontwikkeling van ʼn stadsplein word ook in die vooruitsig gestel.

Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, wat ook as spreker opgetree het, het gesê Orania skep ʼn geleentheid vir die geboorte van vrystede en federale outonomie gebou rondom saamgroepering van byvoorbeeld taal en kultuur. “Ons voorouers het krisisse oorkom deur visie, goeie leierskap, vasberade doelgerigtheid, ’n helpmekaar-aanslag en harde werk,” het hy bygevoeg.

Prof Koos Malan van die Universiteit van Pretoria, het gesê om jouself in ʼn sekuriteitskompleks weg te steek, is nie ʼn oplossing nie. Vir Afrikaners, om kwessies soos regstellende aksie en aanvalle op die Afrikanerkultuur aan te spreek, is ʼn stad noodsaaklik, meen Malan.

Carel Boshoff, president van die Orania Beweging, het gesê vir die stad om te slaag moet daar aan sekere vereistes voldoen word. Een daarvan is ʼn strategie van konsentrasie. “Ons moet ons mense en belange konsentreer om veiligheid en voorspoed te verseker en om nie altyd, oral ’n protesterende minderheid te wees nie,” het hy verduidelik.

Die volledige ekonomiese ontwikkelingsplan is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

John ·

Om te vinnig te wil groei gaan die behoefte aan ‘n werkerkorps vergroot en die versoeking laat toeneem vir die gebruik van SA-burgers. Onmiddellik sal, soos in verlede, plakkerskampe rondom Orania opskiet en die geskiedenis homself herhaal. Om van Telkom en Eskom afhanklik te wees, is soos vir ‘n jongmens om ‘onafhanklik’ te probeer leef in ‘n plekkie, maar pa bly steeds die lewensaar wat die toutjies trek.

Francois ·

John, slegs Afrikaner arbeid word gebruik. Tweedens soos enige jongmens moet hy iewerste begin om onafhanklik te raak, dit is n proses. Kom ons bou ons eie goed, want ons kan.

Sarel Roets ·

Afrikaner arbeid is ononderhandelbaar op Orania. Ons besef terdeë dat die opgee van hierdie grondbeginsel die einde van ons plan sal beteken.

Orania sal daarom net so vinnig groei as wat Afrikaners hierop inkoop.

Orania is vir die Afrikaner. Die vraag is of Afrikaners bereid is om te offer wat gevra word.

Juan Olivier ·

Plakkers kampe sal net slegs daarop slaan as die mense in Orania arbeid van buite gebruik. Ek dink dis een van die hoof redes hoekom net arbeiders daar gebruik mag word wat daar bly.

Herman ·

Hoor hoor.
Ek het jare ondervinding in konstruksie. Laat my weet as julle n projekbestuurder kort.
Het al ernstig oorweeg om Orania toe te trek, maar daar was net nie genoeg geleendbede nie. Nou begin die prentjie anders te lyk.

christine ·

Ja n boere Afrikaner maak n plan, maar John is reg onmiddelik sal plakkers rondom die stad ontstaan. Dis wat ek nie verstaan van swartmense nie hulle haat die Afrikaner maar waar daar iets gebeur net vir die Afrikaner kom hulle daar aangetros soos Israeliete.

Bennie Kruger ·

Christine, ek wil nie hier ln debat rondom die Isrealiete begin nie, maar om die Israeliete met die sogenaamde plakkers te vergelyk, is onvanpas. As die mense van Orania hul toekoms en hul lewe op ‘n Christelike grondslag bou, dan sal hulle nie neerhalende aanmerkings maak tov die uitverkore volk van ons Lewende Here nie.

Tiger ·

christine jy was dudielik nog nie in Orania nie.Die omgewing is NIE plakkerskamp-vriendelik nie en tweedens die mense van Orania maak net gebruik van blanke arbeid so daar is dus GEEN werk vir enige anders kleurige persone nie.

Peet J ·

Die punt is dat die Afrikanervolk en ander volke en rasse van SA nie saam in een land (burgerstaat) kan woon sonder dat oorheersing, identiteit, geloof en ‘n langdurige magstryd ontstaan nie.
Orania mag wel stads status bekom maar om vry te wees van die ANC regering is wensdinkery.

André ·

Peet J
EK stem saam met jou. “Stad Orania” gaan nie die patetiese ekonomie en regering kan vryspring nie. Self regerend? Regtig? Droom voort Orania

Knapie ·

Dink ek ook toe mos nou so by my self. Nkandla is veronderstel om n meneer van n stad te wees as mens pryse so vergelyk….

Knapie ·

Dink ek toe ook mos nou so by myself. Nkandla moet n meneer van n stad wees as mens pryse so vergelyk…

Boertjie ·

Ndkandla se 240 miljoen was soos volg gebruik 5miljoen vir bou werk en die res vir die wat gesit en kyk het wat gebeur lol

Jaques ·

Pieter,

Hoe gaan julle opstaan teen ‘n Zuma / ANC se polisie staat waaraan hulle werk?

Sodra die nuwe grond onteienings wet verklaar is, kom hulle en vat net wat hulle wil. al wat hulle moet se is dat dit in belang van die land is.

Staan jy op daarteen, kan ek belowe sal hulle nie twee keer dink om jou net met die “agterhand weg te vee” nie.

Ek self sal bitter graag in ‘n trots Afrikaner omgewing wil woon, met egte Afriakner waardes waarmee ek my dogtertjie kan grootmaak sonder vrees vir haar en ons lewens.

Hoor graag van jou. Ek werk vir ‘n internationale maatskappy en in die voorsieningsketting afdeling, seker dis iets wat hoogs waardevol kan wees in so ‘n grootskaalse ontwikkeling.

Pieter ·

Jacques, ons gaan bou tot ons nie meer kan nie. Dan as dit nodig is veg tot ons weer kan bou. As ek weet die wederkoms is môre plant ek vandag ‘n appelboom. Die trots is juis daardie wete dan ons kan bou aan iets veel groter as onsself. Kultuur is juis die teenwig teen leegheid, dit is hoekom ons bou, omdat God ons opdrag gegee het om die chaos teë te werk. Ons bou in gehoorsaamheid aan Hom, ongeag die moontlikheid van teenkanting, miskien in ‘n sekere sin as gevolg van die teenkanting. Kontak inligting@orania vir verdere informasie, maat begin solank saam bou. Kom kuier op Orania, kom kyk en sluit aan by die Orania Beweging. Hoe meer van ons saam bou, hoe vinniger gaan ons ‘n tuiste vir ons almal kan skep. ‘n Homogene stad vir ons mense.

·

As ek moet vlug van hier waar ek bly…..Oranja hier kom ons!

Theuns ·

Dit is voorwaar die visie en voortreflikheid van die Afrikaner. Ek deel egter die vrese van Christine oor die aangetrostes(mooi woord) wat sing terwyl ons bou” Ek sien ‘n nuwe Jerusalem kom”

Wouter Badenhorst ·

Ek was by die konferensie. Fantastiese geleentheid, visie en leierskap. Ek wil deel wees hiervan!!!

maritz ·

Wonder of julle , julle eie polisie of security gaan kry . Dit gaan n groot probleem wees om die Afrikaane uit te hou . Dit gaan vir hulle soos n nuwe uitdaaging wees en hulle gaan gestuur word busse vol

Sarel Roets ·

Orania het reeds sy eie veiligheidsdienste wat vir ons interne veiligheid sorg.

Eie grond
Eie arbeid
Eie instellings.

Otter ·

Dis goeie nuus, goeie visie. Ons moet help en nie op die kantlyn wag vir dit om “te werk” nie. Ek stem saam met Francois dat ons slegs staatmaak op Afrikanerarbeid. Wit arbeidwerk elders, en tegnologie vir meganisering en outomatisering is reeds gevestig.

Herman G ·

Ek het baie gewonder hoe sou dinge vandag wees as ons destyds in 1995 Orania en die hele streek as ‘n Afrikaner staat gekry het. Ek vermoed die volgende sou gebeur het:
1) Baie minder Afrikaners sou ge-emigreer het oorsee
2) Soos Europa & die VSA sou onwettige immigrasie ‘n groot probleem wees
3) Dinge sou baie beter werk as in SA (stadsrade, krag voorsiening, wet & orde, ens, ens, ens…)
4) Baie Afrikaners, sou in SA werk maar huis en gesinne in Orania laat bly, en dus pendel soos “fly-in-fly-out” werkers in Australie
5) Die staat sou sy eie geld eenheid gehad het wat gelykstaande aan R10 is.

Ai, lekker om te dagdroom oor wat kon wees…..As ons terug kon gaan in die geskiedenis sou baie mense wat in 1994 gelag het vir Orania baie hard werk om dit lewensvatbaar te laat wees.

Piet ·

Om ‘n stad te word het mens investering nodig, geld kapitaal. Orania is ongelukkig nie onafhanklik nie. Goud het Johannesburg gebou, belasting Pretoria, wat het Orania?

Anoniem ·

Piet…hulle het Afrikaners wat saamstaan…Meer as dit wat ek en jy het…Daarom gaan dit n sukses wees. Ek wil so graag soontoe gaan….maar my kinders is hier…hul lewe is hier. Ek is totaal verlore sonder hulle. En kapitaal het ek nie….Eendag dalk sal ek daardie VOORREG he om daar te gaan bly!!!!!!

Ludwig ·

In die Karoo het ons die son vir energie. Hier is genoeg son om vir hele ZA van krag te voorsien. Met energie verhoog mens die mense se effektiwiteit.

Verder is ons langs ‘n rivier. Met water en son kan mens enige iets verbou.

Dus ons het energie ons het kos vir die hele ZA.

Laastens die Afrikaner het bewys hy kan byna van enigiets ‘n sukses maak. Kom loer in en kyk wat ons alreeds vermag het. Pekanneut-boorde, sonkrag huise, restaurante, filmhuis, winkelsentrums, hotel, karavaanpark en baie meer. Dit is vermag sonder staatshulp en slegs met Afrikaner arbeid.

Joost ·

Daar is niks wat ‘n ekonomie kan bou soos die Afrikaner se vasbeslote, vindingryke en goed deurdagte harde werk nie.

Heinrich ·

My gedagtes ook; as Orania soos Potch ook studente kan hê kan studentewerkies help betaal vir die studies, hulle ondervinding optel van hoe besighede veronderstel is om te werk, studentepret (sokkies / feeste ens) kan die stad ook jonk en dinamies hou!

Joost ·

Akademia se kampus hier is op pad. Baie van die infrastruktuur reeds in plek- ons kyk na 2017 vir ‘n volwaardige Akademia kampus.

Sarel Roets ·

Akademia is reeds oppad met n satelliet kampus. Hier het ook reeds twee onafhanklike tersiêre opleidingsentrums oopgemaak sedert begin 2016.

Rome en Orania is nie in n dag gebou nie en ook nie sonder goeie ondersteuning nie.

Vickus ·

Ons as gesin leef van die hand tot die mond hier in Gauteng. Ek weet nie meer hoe lank ons sal kan vasbyt nie. Ek sal eerder my bloed en sweet in n gemeenskap soos Oranja wil bele. Hoe gemaak om daar te vestig ? Ek wil graag vir my vrou en kinders n beter lewe gee.

Bruno Stef ·

Ek het al Orania n goeie klompie jare terug besoek met kwotasies vir opgradering van die elektriese stelsel wat maar taamlik vervalle was op daardie stadium.Dit is die regte besluit om die stelsel op te gradueer eerste om verder te kan uitbrei maar maak net van die begin af seker dat alternatiewe opwekking DMV windturbines en solar panele gebruik word om afhanklikheid van Eskom te beperk.

Jaco Kleynhans ·

Bruno. Orania se hele elektrisiteitsnetwerk is oor die afgelope twee jaar opgegradeer en groot dele is heeltemal vervang. Daar is tans ‘n aantal sonkragprojekte in beplanning en ons plan is om stelselmatig minder van konvensionele elektrisiteitsbronne afhanklik te wees. ‘n Energiebestuursplan is vir hierdie doel opgestel en onlangs aanvaar.

Aster ·

Dis ‘n baie goeie stap om Orania uit te brei en glo sal ‘n groot sukses wees, maar wat my pla is…Orania is net so groot en kan seker net soveel mense akkommodeer. Om uit te brei het jy meer land nodig en dink jy die SA regering sal nog land afstaan om Orania te vergroot?

Paul ·

Die regering het niks grond “afgestaan” vir Orania nie. Die grond is privaat gekoop, met geld, deur die stigters van Orania.
Die algehele grondgebied is ook veel groter as net die huidige dorp.

Joost ·

Orania se stadsbeplanners en grondgebruikersbestuurkomitee sê ons kan met die grond wat ons tans het gemaklik 10 000 Afrikaners akkommodeer.

Scottish ·

Paul/Joost- wat aster bedoel is jy gaan nie 4 miljoen let alleen 100 000 wit afrikaners op daai klein stukkie land kry nie. En die regering gaan anyway jou toelaat om nog grond te koop nie want hulle besit die omliggende gebiede.

Ebert ·

Singapoer het 5.5 miljoen inwoners op 720 vierkante kilometer grond.

Orania beskik tans oor 80 vierkante kilometer grond en daar is niks wat hom keer om nog te koop nie.

Pieter le Roux ·

Kom ons almal trek soontoe en bou moewiese heining om. Hemel wie gaan in die tuinwerk, stryk, kinders oppas, strate opvee, ens? Die Blankes wat werk toe gaan in die nuwe stad of arm Blankes? Wat gaan die nuwe super staat se bestuur doen as die ANC wetgewing bekragtig dat geen besigheid in SA met die nuwe Wit land mag besigheid doen of dienste mag verskaf nie?

Francois le Cochon ·

Stem saam Pieter. Om jou drome te laat waar word, moet jy eers wakker skrik.

Hendrik ·

Pieter as jy terug onthou in die geskiedenis het baie mense gewaag en gewen. Dit is hoe enige land vorder en ontwikkel. Gaan praat met enige grondwetkenner en hulle sal beslis vir jou uitwys wat verkeerd is in die grondwet m.b.t minderheidsgroepe. Self die Tshwane burgemeester het eenkeer opgemerk dat hy wens dat swart informele nedersettings so bestuur kan word soos Orania en Kleinfontein. Infrastruktuur is met eie geld en kundigheid ontwikkel. So Pieter moenie bang wees nie.

Sarel Roets ·

Pieter, soos enige ander eerstewêreldstaat sal Afrikaners moet leer om ons eie arbeid te gebruik. Goedkoop swart arbeid het ons in die situasie laat beland waarin SA tans is.

Wat die groot “as” betref… Om te lewe in reaksie om moontlike scenarios van wat die ANC met ons kan doen is teenproduktief en kleingelowig. Dit is nie hoe Afrikaners is nie. Ons maak eerder n plan.

Orania is buitendien nie ‘n “wit” land nie. Ons is n Afrikaner kultuurgemeenskap. Ken die verskil.

Ons is nie blind vir risikos nie. Ons is terdeë bewus van die Afrika realiteit, maar nie bereid om landuit te vlug nie en ook nie om stil te sit en toekyk hoe ons slagoffers van ons eie apatie word nie.

Ons gaan bou so hard en goed ons kan en die gesonde verstand wat ons hemelse vader vir ons gegee gebruik om ons Orania bootjie deur die storms van Suid-Afrika te stuur.

Ek wil sê, hou ons dop, maar ek gaan eerder sê help ons bou!

Christo ·

Kan die regeering nie die grond onteien nie Orania is deel van S.A vrae maar net ?

Jaco Kleynhans ·

Christo. Die regering kan seker enige grond in Suid-Afrika onteien. As ons daarin bly vasstaar en die ergste verwag kan ons net sowel emigreer. In Orania aanvaar ons egter die werklikhede van Suid-Afrika en werk kreatief om groeiende selfbeskikking te verwesenlik.

Scottish ·

Die huidige land is nie m probleem nie. Die probleen is jy kan noe uitbrei noe want die ANC besig die land rondom Orania

Reinier Oosthuizen ·

Is daar geleentheid om groente te boer as jy net implemente ,besproeiings toerusting , kontant en 40 jr se boerdery ondervinding het.

Jaco Kleynhans ·

Reinier. Die beste is om Orania te besoek en met ons te kom praat. Veral grond en water sal in jou geval noodsaaklik wees.

Oom Ekonoom ·

Orania kan n wonderlike ekonomie bou op sagteware, data analise, e-commerce, animasie en ander moderne inligtingstegnologie.

Jaco Kleynhans ·

Dit is van die terreine waar ons goeie groei verwag. Dit is hoekom ons vir drie jaar met Telkom onderhandel het om goeie internetspoed hier te kry. Ons het nou goeie toegang tot vinnige internet.

Oom Ekonoom ·

Dan is die toekoms blink, nou moet julle net genoeg jongmense in programmering en ander info tegnologie oplei (julle hoef net n familie render of koordinerende roll te speel want daar is reeds duisende top kursusse van top universiteite gratis of teen baie law koste beskikbaar, dit is wel in Engels), en IT entrepreneurs beide lok en van binne oplei, dan kan julle baie groot groei, selfs groter as julle dink. Wees net versigtig vir landbou want die regering kan enige tyd julle water afsny (waterlisensies stop of die water kan stroomop opgebruik word), maar nuwe IT produkte kan julle wereldwyd verkoop.

Theuns ·

As ek so luister na die kommentare dan wens ek die swartmense wil net vir ons volk gee wat ons tot hulle self beskikking gestel het met die tuislande. Hulle het die grond verniet gekry. Ons mense moet daarvoor betaal. Wat gebeur as die ANC en SAKP nou sou besluit dit is in landsbelang om ORANIA se grond te ontein? Is ORANIA nie maar net ‘n baie groot plaas op die grondgebied van AZANIA nie? Wat as die Bloedsuiers dalk ons beskuldig van LAER trek en ons met die Rasisme Boek gooi? Swak ondehandelinge en gatkruip mentaliteit het ons nou in die situasie!

Jaco Kleynhans ·

Theuns. Ons moenie net terugkyk nie, maar moet positief bly en vorentoe kyk en droom van ‘n beter toekoms. Die meeste groot bedreigings wat mense altyd raaksien was vir Orania nog nooit werklik ‘n krisis nie. Ons aanvaar die werklikhede van Suid-Afrika en skep ‘n realiteit wat nie sommer net weggevat kan word nie. En Orania word nie maar net as ‘n groot plaas beskou nie. Dit is hoekom ons gereeld met die regering skakel. My versoek aan jou is dus om nie vir ‘n beter verlede nie, maar vir ‘n beter toekoms te hoop en om kragdadig daaraan te werk.

jaco ·

wie gaan werk in daardie nywerhede? ek het al genoeg my kop gestamp deur vir arm werklose wit Afrikaners werk te gee deur net te se maak my huis en my tuin skoon. hulle werk nie deeglik nie maar agterna demand hulle die hemel as betaling

Francois le nCochon ·

@Ludwig. Jy verwys na ‘n lys dinge wat die Afrikaner vermag het. Watter van jou voorbeelde is vermag sonder dat swart arbeiders gebruik was?

Francois le Cochon ·

Orania (voorheen Vluytjeskraal en Grootgewaagd) se infrastruktuur is tussen 1963 en 1965 gebou deur bruin en swart arbeiders, met staatsgeld. Sedert 1991 is dit net verbeter deur wit Afrikaners.

Henk ·

@ Francois, wat jy vergeet is dat groot dele van Orania tussen 1983 en 1990 weer gesloop is en/of ernstig in verval geraak het. ‘n Mens kan sê daar was nog net strate toe dit in 1991 gekoop is. Groot dele van die infrastruktuur, soos elektrisiteit en die hele waternetwerk is daarna weer opgebou met Afrikanerarbeid. Tans is ongeveer die helfte van die huise nuutgebou. Die ander helfte is wel een of meer keer verbou. Buitendien is verreweg die meeste van die diensgeboue, soos nywerheidsgeboue, winkelsentrums, kerke en subekonomiese behuising (die Soetdoring en Nerina-komplekse) sedert 1991 deur Afrikaners gebou.

vermeende ·

Kom ons wees eerlik, al word n stad soos JHB gebou sal daar nie veel van kom nie oor die rede, wat sal hom voed. Op die oogaf lyk dit of Orania n aftree dorp sal wees.
Orania kan die antwoord hou maar daarvoor is samewerking nodag op vele gebiede.
Die oud Beputatswana was mos n tuisland met lappies grond regoor die Wes Transvaal, ontwikkel Orania so. Begin klein Orania’s tussen dorpe waar dit veilig is en waar daar reeds bestaande markte is, niemand hoef dan sy werk te los nie. Gee net genoeg tyd en indestrie skuif self na waar dit veilig is en werk word binne die gemeenskap geskep vir die blanke gemeenskap.
As hier n soortgelyke ontwikeling naby my was dan trek ek eerste.
Dink daaroor.

Jaco Kleynhans ·

Ons het deeglike navorsing gedoen. Wat in Orania gedoen word en ons model van groei is nie uit die duim gesuig nie, maar gebaseer op ‘n plan wat kan werk. Klein Orania’s het nie ‘n kritieke massa wat spesialisering en ‘n sterk mark moontlik maak nie. Ons idee van ‘n landelike stad is die enigste wat gaan werk.

Theuns ·

Jaco Kleynhans: Dankie vir jou kommentaar op my skrywe. Ek stem saam met jou dat ons moet strewe vir ‘n beter toekoms en dit is beslis nie die huidige nie. Onthou ek is sewentig jaar oud en sal enige toekomstige bedeling vergelyk met dit wat ek geken het en wat vir my mooi en goed was en waar ons beslis nie die die aftakeling van die Afrikaner gesien het soos wat dit nou gebeur nie. En dan is daar nog al die ander probleme soos Misdaad, Korupsie ens. Die Rede hoekom ek geskryf het waaroor jy kommentaar gelewer het is om “Devils Advocate” te speel omdat daar nou wette gemaak is om grond en ander bates te ontein. Ons moet die moontlikhede in ons toekoms planne bywerk om te verseker dat ons nie weer gevang word nie. Mooi dag vir jou.

Ebert ·

Theuns, dit is goed dat jy die saak van verskillende hoeke benader.

Onthou dat eendrag maak mag. Die NP kon spring soos hy wou maar hy kon nie Soweto of Khayalitsha onteien, toemaak of skuif nie. Net so sal die ANC net kan toekyk hoe Orania groei wanneer Afrikaners betrokke raak.

TTh ·

Die nuwe grond/bate onteieningswet sal nie slaag nie, daar gaan baie effektiewe weerstand gebied word. Verder beskerm die grondwet alles betreffende Orania. Dit is die plek in die Republiek van SA wat die naaste is aan die Afrikaner kultuur, Godsdiens, taal en hart. Ons het ‘n absolute reg op ons volwaardige bestaan in ons eie land, op eie grond as eersterangse burgers, ons is nie setlaars nie en het niemand se grond gesteel nie en hoef nie en sal nie verantwoording aan SA ge-organiseerde misdaad te doen nie, hier het die Afrikaner sy pen ingeslaan in Afrikabodem en gaan ‘n sukses maak soos hy nog altyd gedoen het.

Hannes marais ·

Dai armblankes daar in orania krepeer ook van ellende…daar is geen opheffing nie…ek sal as witman nooit in een van dai mense se tuine werk nie…ek het ambisie en doelwitte…slegs mense wat geld het in orania maak n bestaan…en vir wat moet die afrikaner volk gedurig vlug en ons gaan afsonder…die hele land suid afrika is gebou deur ons voorsate…ons moet trug vat wat aan ons behoort…naamlik suid afrika

Francois le Cochon ·

Ja Hannes, ek daar sou gaan bly, wie gaan ek kry om in my tuin te werk, ‘n slegte witmens , of ‘n goeie bruin/swart mens

Henk ·

Jou bewering is onwaar. Tans woon daar meer as 120 mense in subekonomiese behuising wat deur die Helpsaamfonds gebou is. Dit is ongeveer 10% van die inwoners van Orania. In die afgelope vyf jaar is daar in Orania ongeveer R 10 miljoen spandeer op behuising vir arm Afrikaners. Daar is buitendien verskeie projekte – soos die Sonpark-projek in Orania – waar arm Afrikaners hul eie eiendom kan koop – vir lae pryse – sodat hulle eie kapitaal kan opbou. Daar is tientalle voorbeelde van mense wat met niks in Orania aangekom het nie en daar ‘n nuwe lewe begin het. Sommiges is so suksesvol dat hulle nou eie besighede met personeel het!

André ·

Dis veilig vir die kinders….en daars ‘n swembad ook. LOL!!!

Wouter ·

As IT spesialis en jare ondervinding in die produksie sektor, produksie outomasie en internationale ondervinding met uitrol van outomatisering sagteware in China, UK, en Brazil dink ek nie daar is vir my nou ‘n geleentheid nie. Nie as ek vir die No1 Luukse Motorvervaardiger in die wêreld werk nie. Maar ek sou baie graag daarheen wil gaan, daar vestig, opbou en help ontwikkel. Soos daar reeds gesê is. dit is meestal net mense wat reeds ‘aftree ge;d’ het wat daarheen kan gaan en verder leef sonder om ‘n massiewe verlaging in lewensstandaard te ervaar nie. Die ander is mense, seker ‘semi-skilled’ wat in huidige projekte ingesluit kan word, maar wat reeds van die hand tot die mond geleef het en dus nie ‘n ernstige verandering in lewens standaard ervaar het nie.
Tot daar nie industrie ontwikkel het wat my ervaring en kennis kan benut, en redelike vergoeding betaal wat my standaard nie ernstige knou gee nie, nie is ek gedoem tot die ekonomiese HUB van SA.
Ek kyk uit na die dag wat ek kan oppak en daarheen verhuis omdat my industrie dit moontlik maak om geheel van ‘n huis-kantoor gebruik te maak waar ek deur die internet al my funksies kan verrig.

Pieter ·

Wouter, Orania is ons almal se stad. Soos die Jode die uitroep van “eendag in Israel” het, so het ons nou ‘n “eendag in Orania” dit is wel waar dat almal nie vandag kan verhuis na Orania nie, maar ons elkeen kan alreeds bou aan ons eie Stad. Hoe meer van ons mense inkoop en bydrae, hoe vinniger gaan ons groei. Lidmaatskap by die Orania Beweging, bydraes vir die Helpsaamfonds en vele ander projekte is goeie voorbeelde hoe elke Afrikaner, ongeag waar in die wêreld, kan help bou aan ‘n stad vir sy mense. Opwindende tye

Pieter ·

Luzaan, dan maak ons ‘n plan. Ons staan nie in vyandskap met die regering nie maar streef na goeie verhoudinge. Negatiewe retoriek het egter ‘n fatalistiese en pasiferende effek op die menslike psige. Ons werk en bou juis as teenvoeter vir die magteloosheid wat vele van ons mense beleef. ‘n Positiewe teenvraag kan wees: wat as hulle nié, wat as alles nie vergaan en vernietig en gekeer word nie? Watter wonderlike hoop gee dít nie? Wat as ons suksesvol elke dag ‘n stukkie selfbesluitneming uitkerf en elke dag meer vryheid as werklikheid daarstel? Ons doen alreeds bogenoemde, dink jy nie ook dat dit opwindende tye is nie? Ons het almal geleentheid om aan iets veel groter as onsself deel te hê.

Anne-Marie Kayne ·

Ek wil kom kuier. Ek was ook een van die pessimiste toe die aankondiging met die stigting van Orania, maar het sedertdien my hele sienswyse verander, ek is nog net beïndruk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.