Plan vir landelike veiligheid: ‘Vat ons hand,’ vra minister

Bheki Cele.. (Foto: ANA)

Bheki Cele, minister van polisie, het ʼn beroep op lede van landelike gemeenskappe gedoen om nou saam met wetstoepassingsagentskappe te werk om hul veiligheid te verbeter.

Cele het die beroep Vrydag gedoen tydens die bekendstelling van die gewysigde nasionale landelike veiligheidstrategie in Makhado (Louis Trichardt) in Limpopo.

Die bekendstelling van die gewysigde strategie is daarop gemik om vennootskappe tussen die gemeenskap en die polisie te bevorder deur die werk van die prioriteitskomitees vir landelike veiligheid op nasionale, provinsiale en distriksvlak te verbeter.

Volgens die polisie sal die gewysigde strategie die gety draai teen misdaad in landelike gebiede deur ʼn toename in kapasiteit en hulpbronne vir die polisie.

“Hierdie strategie behels misdaadvoorkomingsmaatreëls wat nog nooit tevore gesien is nie, en daar sal op brandpunte in landelike gebiede gefokus word om die gety teen misdaad te draai.”

Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het gesê daar sal ʼn verskuiwing van hulpbronne na geïdentifiseerde gebiede plaasvind. “Dit sal beteken dat die speurder- en opsporings-eenhede van die SAPD ook in hierdie gebiede versterk sal word.”

Die komitees vir landelikeveiligheidprioriteit sal na verwagting kwartaalliks vergader om voorvalle van geweldsmisdaad te monitor tesame met polisie-ingrypings.

Die gewysigde veiligheidstrategie het agt hooffokusareas. Dit sluit in om effektiewe kapasiteit en vermoë in landelike gebiede te bou, verbetering van polisiëring in landelike gebiede, die verbetering van ʼn bestuurstelsel vir landelike gebiede, die verbetering van kommunikasie en bewusmaking van landelike veiligheid, gemeenskapsbetrokkenheid en samewerking met belanghebbendes, die implementering van georganiseerde misdaadbedreigingsassesserings en monitering en evaluering van die landelike veiligheidstrategie.

Die volledige landelike veiligheidstrategie is hier beskikbaar. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

aj ·

Ken jou vyand?

Hou die Boere naby aan jou bors sodat jy weet hoe om hulle te elimineer as die opdrag kom?

Soos in Zim!

Willem ·

Nes jy daar sê. Meeste wittes polities te onnosel om dit te besef.

LHS ·

Ek probeer hard uitpluis wat die ou probeer sê maar nerens kom ek op n prakties uitvoerbare gedeelte af wat enige probleme gaan stopsit nie. Hy kan maar duisende meer polisielede aanstel, solank as wat hulle is soos die meeste van die huidiglike, kan maar gelos word, of daar nou _10 staan en monitor en of 100 staan en monitor, bly dieselfde.

Oujongvrou ·

Ag kom nou ai. Smile n slag. Jy praat nou snert , en jy weet dit in jou hart. Saai ook haat soos ou mal emma. Skaam jou man, kinders lees ook hier weet jy.

Staan saam ·

Snaaks, vandat Afriforum aangekondig het dat hulle hul eie lamdelike veiligheid gaan aanstel, doen Simpel Cele nou ‘n beroep op samewerking. Ek stem saam met aj, dis net om te weet wat die Afriforum komitees beplan en gaan doen, sodat hulle dit kan kortwiek! Moenie onnosel wees nie, die gemeeskapskomitee moet GEEN inligting met die terroriste deel nie!

SjN ·

Is lekker as ander die werk doen en jy kry die vergoeding en eer.

???? leser ·

nou wil jul hande vat saam met die landelike gemeenskap, lagwekkend, jare terug toe die gemeenskappe julle hulp gevra het het, het julle die rug op hulle gekeer
se liewer dat julle nie alleen in staat is om geweld in die boere gemeenskap te hanteer nie
hoekom het julle die kommando stelsel geskrap, julle was stiksienig, ……………………

Alida ·

Hoekom nou wakker skrik? Na die eerste plaasaaval moes jy jou werk gedoen het!!!

Chris Ws ·

Daar was hoeveel spesiale vergaderings gereel waartydens die GENERAAL van polisie oor ons gebied die boere sou toespreek en boere se vrae sou beantwoord .En ELKE keer het hy sonder om verskoning te maak net nie opgedaag nie en die mense wat die vergaderings gereel het met rooi gesigte gelaat en boere boos huistoe laat ry het.Ek lag vir die minister!

Hans ·

Nou hoekom het hy nou wakker geskik. Hoop dieselfde gebeur me wettige wapen lisensies wat hul nie wil hernu.

Regtig ·

Enige positiewe kommentaar oor ‘n positiewe berig?? As dit is hoe Afrikaners is en die tipe kommentaar wat Afrikaners lewer wil ek asb. nie een wees nie en niks met Afrikaners te doen hê nie. Klomp klakouse en suurknolle, self met goeie nuus. Sies man!

Werner ·

Rerig jy is n tipise Afrikaner om dit te glo die ander wat jy so sleg se weet wat om hulle aangaan hierdie uitspraak is maar net om die paddas gelukkig te hou terwyl die water warmer word

@TomP ·

Nou hoe en waar moet hul begin? Doen hul niks, kla julle. Begin hul om iets te doen, kla julle! Regtig!

schaun ·

Daar is niks positief ,hy weet nie wat beteken misdaad voorkoming nie ,dit is soos om vir die DA te stem jy hoop dit is die beter plan maar eindelik veraai jy jouself en jou kinders,die boere moet meer paraat word en hulself verdedig teen die terroriste, die sapd gaan jou nie help.

Oujongvrou ·

10 uit 10 vir jou regtig. En vanmore sit hulle kietsregop in die kerk.

GP ·

Stem heeltemal saam. Kerm net alewig. Shane die arme klomp. Niks sal mos help nie en niks goed sal ooit gebeur nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

“Kom raak betrokke” beteken “Kom doen die werk, maar bly belasting betaal waarmee ONS eintlik die werk moes doen, maar nie kan nie, want al jou belasting in ons sakke vir die fancy leefstyle wat ons moet handhaaf!!!” Waarom nou skielik vorendag kom met “Nuwe Strategie”? Daar WAS ‘n stelsel…en dit het gewerk…was genoem “Kommando”!! Boere was elkeen uitgereik met ‘n R1, en het een keer per maand skietoefening gehad…

Koos Bronkhorst ·

Ek was as voltydse werker by n myn ook lid van die plaaslike kommandos waar ek ookal gewerk het soos Rustenburg, Potgietersrus en Lydenburg. Kommandolid het oor naweke en in krisis tye omtrent 6 ure payrolliewerk gedoen. Wat is die plan om hierdie land te red? Waar is die R1 gewere?

C op C ·

Wens ek kon die polisie vertrou met ons boere se veiligheid. Dit kos net een korrupte lid om die veilgheid van die hele landelike gemeenskap te kaap. Ek weet darem nie so mooi nie. Vertroue wat afgebreek is gaan nie gou herstel nie. Ek is onrustig met genoeg rede.

Vierkleur ·

Eers moes ek kyk of dit nie dalk 1 April is nie.

Geagte minister. Jou of jul hand vat NOOIT nie! Jul leier Dingaan het dit my geleer.

Transvaal is my volk s’n en ons sal dit weet terugkry. Dit is wat ek sal vat. Dit wat aan my volk behoort.

Spook op thaba ·

Nee, is okey. Ek ry self patrollie. Saam met ons plaaswagstelsel. Dit baie meer betroubaar.

Wielspore ·

Die regering, in die geval die minister van polisie raak bekommerd omdat die Afrikaners besig is om hul eie mag te ontwikkel om na die Afrikaners om te sien. Die minister besef dat hierdie mag beter georganiseerd gaan wees as sy eie polisie mag. Sy broek raak aan ‘n bewe!

Bossie ·

Jip aj, ek stem 100% saam. Wanneer iets te goed is om waar te wees is dit gewoonlik so. Gaan hierdie dalk oor veel meer as wat die blote oog kan sien. Verwag hulle moeilikheid in die landelike gebiede en die “landelike gemeenskap” moet help? Onteiening klop aan ons deur. Wees wakker en op jul hoede. Nou meer as ooit.

Esta ·

If some of the police are part of the criminals, how can we trust them? Just a question…

Misunderstaning ·

I don’t get your question. Criminals are everywhere. You do get policemen who are criminals, but also doctors, teachers, pastors, lawers etc. who are criminals.

Willehond ·

Ons het verskeie kere ons hand uitgesteek en julle het dit met arrogansie weg geklap! Selfde met die water storie! So vlieg na die hel ons sal agter ons self kyk. Ons kan weet jy.

John ·

… hierdie is ‘n ooglopende plan om gereed te wees… die omgewing te leer ken om boere van plase te verwyder en die nuwe base op te pas teen… die wit eienaars. Siek verby.

Ag asb ·

Of miskien wil hul net die boere help? Die negatiewe kommentaar op iets positiefs laat my my kop in skaamte sak. Ek wil nie meer ‘n Afrikaner wees nie.

wet ·

vir 25 jaar al maak die anc valse beloftes, Noudat mense hulle nie meer glo nie wil jy jou kop in skaamte laat sak as afrikaner? Afrikaners is so ´´gullible´´

JohanR ·

Nee dankie ou Bheki Cele ek will geen ANC se hand vat nie. Julle hande is almal met bloed besmeer…….

Sê net ·

Met bloed besmeer… Met soos die mense sin wat apartheid ondersteun het en nogsteeds doen.

Koos de Meyer. ·

Ons sal hande vat, gee ons net magtiging om ons vuurwapens te gebruik. Dis so maklik soos dit.

PJC ·

Ek moet sě dit verskaf nogal ń bietjie vermaak om so na al die narre te luister.

Margaret ·

Jare te laat minister……Probeer op n ander manier om indruk te maak. Wil en kan jul nie meer vertrou nie, So dankie,. Ons sàl, kàn, en het nog altyd na onself gekyk…….

Deon Meyer ·

Trek maar die huis uit jou hoed Minister Cele.As die gerugte waar is,is jy een an die kaders wie verantwoordelik is/was vir staatskaping.Enige poging wat jy bekendstel sal met agterdog bejeen word.

Andre ·

Julle almal sit die pot mis, kyk mooi waar die onteiening gaan begin en besef hoekom daar beter polisiering oppad is in landelike gebiede, want die mense besef dat die boer hom gaan teensit en dus is daar onder n dekmantel georganiseerde verbetering van die polisie stelsel in die landelike gebiede. Word wakker boere.

Pop ·

Die vader weet ek is bly ek is nie n boer nie, dan was sulke suur, negatiewe mense dalk my vriende. So tussen hakies, mense word in die dorpe en stede net so erg afgemaai. Kom by!!!!

@Andre ·

Jy praat sommer nonsens. Hoeveel van al jou teorieë in die verlede het al gerealiseer? Kom ek ek raai…

Cornelia ·

Ook maar ‘n “nar.” Daar is meer as net diep spore wat myle lank slinger tussen gebroke beloftes en verlore hoop. Baie van u kommentare wys dat u die breë “aanslag” reeds goed bekyk het. Wie nog wil “hande vat” met die Anc en in ‘n “huwelik” met hul wil verbind, sal spoedig wreed ontnugter staan. Staan by Afriforum se landelike beveiligingsplanne, u eie gemeenskap se rol in beveiliging, u eie klein kommandos en paraat- heidsgrondplanne. Met die klem op paraat. Dit noem ek gesonde oordeel en verstand. Positiewe afwysing van verraderlike agendas.

J ·

Wie wil nou saam met met sy korrupte manskappe werk, soek net inligting om hulle eie bedrywighede voort te sit

Heksie ·

die regering word al jare gesmeek om iets omtrent landelike misdaad te doen en nou skielik moet almal hande vat?

Mnr. Cele, ek het jou persoonlik gevra om terug gekom maar nie om te kom droog maak en ‘n pion te wees vir die korrupte anc regering nie ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.