Planne gemaak vir Vuwani-skoliere

Mphagani Secondary School in Vuwani. Foto: ANA

Mphagani Secondary School in Vuwani. Foto: ANA

Mobiele klaskamers en winterskoolkampe is van die maatreëls wat oorweeg word om talle leerders te help wie se skole die afgelope twee weke in Vuwani se Vhembe-distrik in Limpopo deur betogers beskadig of afgebrand is.

Duisende leerlinge se skoolloopbaan is onbepaald onderbreek nadat klaskamers, lessenaars, leermateriaal, akademiese rekords en verskeie toerusting in die brande vernietig is en skole moes sluit weens die geweld in die gebied.

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Dinsdag in Polokwane voorstelle aan die media voorgelê van die regering se beplanning om die probleem te takel. Hy het gesê die gebruik van mobiele klaskamers en die instel van ekstra klasse word as tydelike oplossings oorweeg.

“Die wintereksamen is veronderstel om rondom 8 Junie vanjaar te begin. Ons kyk na opsies soos die voorsiening van mobiele klaskamers en studiekampe vir die matrikulante, maar natuurlik het al hierdie maatreëls finansiële implikasies,” het Van Rooyen gesê.

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Volgens Van Rooyen het 24 skole onder betogers deurgeloop, maar word nog ʼn bykomende 88 skole deur die betogings geraak omdat die skole moes sluit weens die spanning in die gebied. Altesaam word ongeveer 86 000 leerders geraak, het hy gesê. Van hierdie leerders is 2 646 gr. 12-leerders wat in Junie ʼn uiters belangrike eksamen moet aflê.

Die betogings wat die afgelope twee weke in die gebied gewoed het, spruit uit betogers se ontevredenheid nadat die hooggeregshof hul aansoek om steeds onder die Makhado-munisipaliteit te val van die hand gewys het. Die inwoners het die hof genader om die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad (MDB), dat hulle voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word, op te hef.

Van Rooyen, David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, en Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het vandeesweek saam met tradisionele leiers in die gebied vergader. Mmbangiseni Masia, een van die leiers wat die hofsaak teen die MDB gelei het, het ook die vergadering bygewoon.

Masia het na afloop van die vergadering aan die media gesê die herstel van vrede in die gebied moet nie daartoe lei dat die gemeenskap se eise geïgnoreer word nie. “Terwyl ons praat oor die kwessies van stabiliteit en vrede moet die hoofkwessie steeds aandag kry,” het Masia gesê.

Van Rooyen het ook bewerings dat Vuwani as ʼn rampgebied verklaar is, ontken. “Ons het glad nie versoeke ontvang om so stap te oorweeg nie, maar ons dink wel die distrik en die provinsie moet alle moontlikhede ondersoek om hulp te ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Om goed af te brand en te vernietig indien jy nie gelukkig is nie,, is verkeerd, punt!! Wat de dinges het die skole nou met die hele probleem te doen gehad. Hierdie afbrand van skole gaan nou ‘n verdere ekonomiese las op die reeds sukkelende belastingbetaler plaas. Dit is totaal en al barbaars om goed te vernietig of te beskadig indien iets jou nie pas nie. En die regering stel dan net net nog ‘n kommisie aan om die saak te ondersoek vir die volgende 3 jaar. Totaal onsinnig!! Sulke probleme moet dadelik aangespreek en ontlont word.

Pam ·

Ouers brand skole af en dan wil hulle kla as hulle kinders nie skoolonderrig ontvang nie ! Daar is nie medikasie vir onnosele ouers nie. As jy ongelukkig is oor iets, gaan brandstigting en klipgooiery mos absoluut niks aan die saak verander nie !! Jy vererger net die saak ! Dis mos “common sense” , maar duidelik is daar n groot gaping of lugleegte in sommige mense se koppe !

Karma ·

Ek verstaan vanuit media berigte dat dit sommige skoolkinders is wat die brande gestig het. Nou: hier’s my voorstel: vonnis hulle tot een jaar gemeenskapsdiens en dan moet die regter sê die gemeenskap kan – as hulle wil – die pale, sement, bakstene, sinkplate en verf skenk en die klein skollietjies wat die afbrand-werk gedoen het, moet daardie einste skole weer herbou, soos dit was. Probleem opgelos: dit kos die staat (belastingbetalers) nie etlike miljoene rande aan die vervanging van boumateriaal nie en die arbeid is gratis … en so leer hulle ook dat dit waarvoor jy nie betaal nie, is nie joune nie en jy kan dit nie afbrand nie. Ook leer hulle dat AKSIES en DADE GEVOLGE DRA.

Asjas ·

Ek hou van jou idee maar, so briljant soos wat dit vir ons klink kan dit onmoontlik werk.
Die probleem wat die ANC regering met jou voorstel het is as volg:
Wie gaan die tydelike klasse verhuur teen miljoene rande per dag/week/maand, en;
Wie gaan die skole herbou teen biljoene rande?
Wie gaan die Tablets verskaf (wat die kinders kan huis toe vat en nooit weer terug gee nie)?
Hul tjomas natuurlik!! En jou plan laat geen ruimte vir ‘n koevertjie onder die tafel deur nie.
Sorry, plan is nie werkbaar nie. Hou verby.

ig ·

Die DA sal seker die gemeenskap se selfopgelegde probleem ook toedig aan Verwoerd.

m ·

Ja wel ig dit moet seker iemand se skuld wees. As dit dan nou nie meer Jan Van Riebeeck is nie dan skuif hulle oor na Verwoerd. Almal se skuld behalwe hulle eie.

Hendrik ·

Die DA sal hulle integreer met die 2400 funksionele skole om guns van die meerderheid kiesers te wen. O ja daar is 24000 skole in S.A.

Willie ·

Word so geleer deur die unies en staat… Staak, brand en vernietig….
Dit gaan weier uitbrei … Eindelik is dit basiese wet en orde wat dit moet verhoed….

John ·

Hulle is lekker naby aan die floreerde Zimbabwe. Stuur hulle soontoe. Oupa Mogabe weet mos hoeka hoe Suid-Afrika bestuur moet word. Hulle lande staan ook geil in die mielies. Die mense is moontlik ook oorspronklik afkomstig van daar.

Sue ·

Die ‘gemeenskap’ het afgebrand en verwoes – net so moet hul dit self regmaak anders word niks positiefs geleer nie.

Trolle ·

Die mense wat dit doen moet regtig swartmense baie haat om hulle skole so af te brand.

Oom Kalahari ·

Ai hoekom moes Dr Verwoerd se mense nou al die skole vernietig? Toemaar die leerders sal darem “Transformasie” punte op ‘n kwota stelsel toegeken word. Angie Motshega moet nog ‘n kommissie aanstel en sien hoe hul die benadeeldes voorrang met punte tot slaag kan gee. Vir alles word altyd ondersoek spanne en kommissies aangestel vir soustrein bedryf en Skole, Universiteite ens. afgebrand tot werkskepping vir die benadeelde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.