Planne om malariabedreiging in KZN te voorkom

Argieffoto van 'n muskiet ter illustrasie (Foto: skeeze, Pixabay)

Argieffoto van ‘n muskiet ter illustrasie (Foto: skeeze, Pixabay)

Nuwe data wat in ʼn wetenskapjoernaal gepubliseer is, het bevind dat daar muskietvektors (draers van malaria) in KwaZulu-Natal is wat moontlik weerstandig kan wees teen insekdoders.

“Ons het bevind dat daar weerstandige kenmerke is, en dat daar ʼn moontlikheid bestaan dat sommige muskiete ʼn weerstandigheid teen insekdoders kan ontwikkel,” lui die artikel in die jongste uitgawe van die Suid-Afrikaanse Wetenskapsjoernaal (SAJS).

Volgens die artikel is ʼn nuwe weerstandigheidsbeheerstelsel ingestel ná ʼn malaria-epidemie tussen 1996 en 2000 in KwaZulu-Natal wat veroorsaak is deur ʼn weerstandigheid teen piretroïed-insekdoders. Een van die oplossings was om weer DDT (organiese chloor) te gebruik.

Basil Brooke van die Malaria Navorsingsinstituut aan die Universiteit van die Witwatersrand en een van die outeurs van die verslag, het gesê malariagevalle het daarna afgeneem.

Die Global Plan for Insecticide Resistance Management (GPIRM) deur die Wêreldgesondheidorganisasie het die plan voorgehou, wat beslis dat meer as een insekdoder gebruik moet word.

Die artikel verduidelik dat die plan is om op dieselfde tyd verskillende insekdoders te gebruik, om seker te maak dat die weerstandigheidskenmerke nie bevorder word nie.

“Ons bepaal wat hulle kan doen en waarvoor hulle vatbaar is en gebruik dan dít,” het Brooke bygevoeg. Volgens hom verhoog die kans dat muskietvektors weerstandig sal raak indien slegs een tipe insekdoder gebruik word.

“Plaaslike oordrag duur egter voort, ondanks hierdie planne en ʼn toename in die beheer van vektoraktiwiteit in Suid-Afrika,” lui die artikel. “Die 2015-data bevestig die teenwoordigheid van muskiete wat weerstandig is teen piretroïed en DDM, al is dit baie min.”

Brooke het bevestig baie min muskiete in Suid-Afrika word as “gevaarlik” beskou. “Meeste muskiete is skadeloos, net irriterend,” het hy gesê. “Daar is net ʼn paar wat malaria kan oordra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Ek hoop die muskiete verstaan mooi dat hulle as biochemiese wapens bestempel gaan word as hulle nie BEE korrek toepas en ten minste 90% van blankes aanval en die res uitlos nie! ;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.