Planne vir Eskom-ontbondeling in parlement verwelkom

(Argieffoto: ANA)

Die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings het die departement van openbare ondernemings se plan vir die ontbondeling van Eskom – mét spertye daarvoor – verwelkom.

Die departement het Woensdag in die parlement terugvoer gegee oor die regering se plan om die sukkelende kragvoorsiener te hervorm.

Die plan is om Eskom in drie afsonderlike entiteite te verdeel: opwekking, transmissie en verspreiding. Die departement glo dit gaan groter deursigtigheid verseker en die doeltreffendheid van die drie eenhede verbeter.

Wat kommer oor kwessies soos ooreenkomste tussen private en staatsondernemings, privatisering en werksverliese betref, het die departement gesê die nutsmaatskappy sélf gaan nie geprivatiseer word nie.

Hy het wél gesê meer “private spelers gaan die opwekkingsbedryf betree waar onafhanklike kragprodusente” ʼn rol gaan speel.

Volgens die departement het hy reeds met sy aandeelhouers vergader en vakbonde is ook “aan boord” met die plan.

Daar sal voortgegaan word om met vakbonde te vergader om hulle op die hoogte van die beoogde verwikkelinge te hou.

Die departement het gesê die kabinet het ook die plan goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

B ·

Gaan die afsonderlike eenhede nou hulle diens / produk teen ‘n wins aan die volgende besigheidseenheid (moet) verkoop, maw twee meer winsnemende stappe tussen-in?

Wat gaan dit aan ons krag tarief doen?

Dolf ·

Indien onafhanklike groepe nie toeggelaat word om hul eie transmissielyne te bou nie sal Eskom steeds die mark beheer en sal tariewe styg om die kaders se sakke vol geld te hou.

Siener ·

Dit waar beleggings inkom Dolf. Nie een regdenkende instansie sal in SA bele nie. DIs trijoene rande om ‘n werkbare infrastruktuur te bou en dan moet hy nog daagliks onderhou word soos lyne wat trip en weerlig wat toerusting vernietig. Die grootste uitdaging is tans diefstal en fankalisasie van die substasies

Dolf ·

Siener, hernubare, biomassa, gas en ander IPPs staan gereed om afstroom te belê in transmissies, saam met groot gebruikers, maar die staat is onwillig om dit toe te laat. Dis ook moontlik om die netwerke op die JSE te noteer. Netwerke word met mekaar verbind en risikos word dus versprei. Vandalisme is ‘n probleem, dus sal private sekuriteit ‘n groter rol speel om beskerming te bied. Veldbrande is wel ‘n probleem. Eskom se transmissielyne is oud en uitgedien. Dit gaan in elk geval miljarde kos om te vervang. Eskom het nie geld nie en dus is transmisie hul grootste stille uitdaging. Niemand praat daaroor nie.

Walter ·

Wat jy eintlik sê siener is dat die land in sy watsenaam is.

Ja swaer ·

Jy maak ‘n goeie punt. Mboweni het dit duidelik gestel dat ‘die gebruiker betaal’ konsep met alle mag in almal se kele afgedruk sal word. Behalwe natuurlik die voorheen benadeeldes waar Eskom al baie jare wit verbuikers se geld gebruik vir kruis-subsidie van swart gebiede. Dus sal die wins van elkeen v Eskom se nuwe afdelings uit die verbruiker se sak kom. Hoor my lied. Verhogings van 100 na 200% oor die volgende 5 jaar. Dus, gaan die sonkrag roete.

Kerneels ·

Ek gebruik feitlik 100% sonkrag en gas. Maar ek koop produkte wat met Eskomkrag vervaardig word. Die pryse van daai produte sal ook skerp styg.

Kobus ·

‘n Elekrisiteitsektor waar Eskom bloot ‘n deelnemer is saam met private groepe wat betrokke is by opwekking, transmissie en verspreiding is al oplossing. Eskom se dominansie word dus gebreek. Die verbuiker sal dus keuses hê en kragpryse kan daal. Maar die kommuniste sal nie sovêr gaan nie. Hulle wil alles beheer.

Siener ·

Watter distribusie lyne gaan die privaat groepe gebruik om die krag nou jou huis te gelei? Seker nie Eskom sin nie. Dis baie makliker gese as om prakties te doen. Selfs die IPP gebruik Eskom se infrastruktuur om hulle krag te versprei. IPP’s (Wind, Son ,Water) se eletrisieteits pryse is ongeveer R2.75 /kW uur waar Eskom teen R0.93 c een kW uur opwek. Wat dink jy gaan jou krag pryse dan wees? As jy goedkoper dink, Dink weer

Siener ·

Geen prys in SA daal nie. Jy praat van keuses wat prys sal laat daal. Dis seker waarom voertuie so goedkoop is want daar is 10 talle vervaardigers waaruit jy kan kies?

Kobus ·

Die IPPs word deur die wet verplig om hul krag deur Eskom se verouderde transmissienetwerk te vervoer. Eskom wil die krag goedkoop aankoop en dan ten duurste aan kopers afsmeer. Die Kaapse Metro wil nou met windplase saamwerk om self krag te vervoer teen pryse wat laer is as Eskom krag. Of dit die gebruiker sal bevoordeel is ‘n ander vraag. Met ander woorde, indien hul hofsaak slaag kan ons meer private tranmissielyne sien en groot gebruikers en stadsrade kan self kies waar, wanneer en hoeveel krag hulle wil aankoop, en teen watter pryse. Vraag en aanbod sal dus inskop. En onthou, indien IPPs al 10 jaar gelede begin het om krag ekonomies op groot skaal op te wek het ons nou al 15 000 MW se son en windkrag gehad, plus gas. Daar is potensiaal vir meer as 50 000MW se sonkrag.Tegnologie verbeter vinnig en die produksiekoste van hernubare kragopwekking daal jaarliks. Gaan Google maar en doen kostevoordeelanalise. Ek sal dit doen as jy my betaal. In Eskom se geval styg kostes. Onderhoud is ook laer as Eskom se steenkoolgemors. Maar die staat en Eskom beskerm hul gebied. Maak jou maar reg vir massiese Eskom prysverhogings. Dit kan tot 500% groei binne die volgende vyf tot agt jaar. Selfs op distribusievlak kan sake verander waar huisverbruikers deur smartsisteme self koopbesluit kan neem. Mense met solar panele kan onbenutte krag verkoop aan IPPs. Die vrye markstesel en gesonde mededinging verrig baie. En die tegonolgie is daar.

Kallie ·

Oor vyf jaar gaan Eskomkrag tussen R4 en R5 per kwh kos. Eskom moet massiewe skuld delg en salarisse betaal. Hernubare krag sal heelwat minder kos.

Kerneels ·

Die dae van goedkoop krag is verby. Kragopwekking kos geld, sowel as transmissie en verspreiding. En dan is daar nog beurtkrag. Klim af en gaan op jou eie.

Sven ·

Ekonomie 101, Siener. Eskom genereer 95% van die land se elektrisiteit en versprei 100%. Hulle kan doen wat hulle wil en ons betaal. Kompetisie sal goed wees. Tegnologie en ingenieurs kan wondelike goed doen.

Maljan ·

Die departement het n geleentheid gesien om kaderbevoordeling uit te brei en gaan dit gebruik. Dit ruik na rot nie na oplossing nie.

leser ·

nog ‘n paar honderd extra salarisse wat onnodig is
gee eskom aan mense wat WEET hoe om ‘n besigheid te bestuur sonder om ‘n gemors daarvan te maak

Maria Boshoff ·

Kobus, ek stem saam met jou, dat die koste van bv sonpanele al laer raak, hoe meer mense dit aankoop en die groener weg inslaan.
Toe jy praat van “smartsisteme”, dag ek vir n oomblik jy bedoel smart, soos in hartseer / wroeg….
My wyse ou Moeder het altyd gesê jy “smart” deur bv die verkeer, bedoelende dit is n onlekker iets wat jy moet doen.
Ons vertrou maar onse Wes-Kaap Regering gaan n haas vir ons uit die hoed kan ppluk. Groete uit Vanrhynsdorp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.