Planne vir Tafelberg-waterdraer en Theewaterskloofdam

Theewaterskloofdam. Foto: ANA.

Inwoners van waterskaars gebiede in die land moet beperkings op watervoorsiening in ag neem en hulle daarby aanpas.

Die departement van water en sanitasie het Sondag gesê die departement is volstoom besig om die veiligheid van die watervoorraad te verseker, spesifiek vir die droogtegeteisterde Wes-Kaap.

Sputnik Ratau, woordvoerder vir die departement, het gesê die huidige droogte in die Wes-Kaap is vir die departement ʼn bron van kommer wat dringend aandag ontvang.

Die departement help tans met boorwerk aan die Tafelberg-waterdraer as deel van die pogings om waterskaarste in dié omgewing te verlig.

Daar is volgens hom ook planne om die oorblywende 10% water in die Theewaterskloofdam te benut om sodoende die kapasiteit van die watervoorraadstelsel te verhoog.

Volgens Ratau kon lede van die media onlangs toekyk hoe die boorwerk plaasvind. Hidroloë het aangedui dat hulle deels tevrede is met die vloei van die ondergrondse water wat bereik is.

Boorwerk het op 10 Februarie begin met verskeie vorms van sandsteen en skalieagtige materiaal wat binnegedring is waarna ʼn harde rotsvorming op 28 m bereik is. Daar is op 39 m en weer op 46 m water raakgeboor.

Die departement het alle inwoners gemaan om streng waterbesparingsmetodes toe te pas en gehoor te gee aan die waterbeperkings, veral in Kaapstad.

Inwoners word ook aangemoedig om enige oortredings wat inmeng met die verspreiding van water by die polisie aan te meld.

“Om waterveiligheid te verseker is alle waterverbruikers se verantwoordelikheid en verg ʼn spanpoging,” het Ratau gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ja wohl ·

HOU OP PRAAT en doen iets. Al mense wat iets gedoen het is die inwoners/publiek self en die weldoeners van GAUTENG en ander provinsies wat WATER gestuur het .. o ja en die burgerregte groepe, die nasionale regering het nog nie ‘n VINGER verroer (anders as om te HELP met boorwerk) om die krisis aan te spreek nie, sou HOU OP om te waarsku en dreig en gaan installeer daardie pype wat op GORDONSBAAI op die kaai lê onder die see dat julle met julle ontsoutingsaanlegte in VOLLE SWANG kan begin . nie net probeer nie .. DOEN DIT en raak nou so ernstig soos julle DREIGEMENTE jeens die inwoners!

Justice ·

Om water uit `n boorgat in `n groot dam te pomp wat daagliks aan son en wind verdamping blootgestel word maak glad nie vir my logiese sin uit nie – kan dit nie eerder direk in die hoof pypleiding gepomp word nie?

Netso ·

Wees net gewaarsku! Jy pomp nou vars water uit die aquifers uit.Wat gaan julle doen as seewater invloei omdat daar nie meer druk van die land af is nie? Waenhuiskrans het hoeveel jaar terug ophou uitbrei, agv een ding…. WATER!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.