Planne vir ‘Zumaville’ gaan voort

President Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma Foto: GCIS

Planne vir die ontwikkeling van ʼn dorp van R2 miljard naby president Jacob Zuma se Nkandla-woning gaan voort, berig Sunday Times.

Zuma het glo twee weke gelede met ʼn plaaslike sakeman vergader oor die bou van die Umlalazi Smart Growth Centre, oftewel ‘Zumaville’. Zuma het glo na afloop van die vergadering gesê: “Dit gaan die eerste dorp van sy soort wees om deur swart mense gebou te word na die aanbreek van demokrasie.”

Thembeka Mchunu, bestuurder van die Uthungulu-distriksmunisipaliteit, sê die planne word tans gefinaliseer en dat bouwerk reeds sou begin het as dit nie vir Woensdag se verkiesing was nie. Sy sê daar is private beleggers wat help om die projek te finansier, maar wou nie die name van die beleggers bekend maak nie.

Die dorpie sal sowat 3km van Zuma se Nkandla-woning geleë wees en sal glo sowat R2 miljard kos om te bou. Daar is al vroeër berig dat belastingbetalers minstens die helfte van die projek sal finansier.

Sthembiso Mthembu, bestuurder van die Nkandla-munisipaliteit, sê hy is nie bewus van die projek nie. “As daar ʼn dorp in ons area gebou gaan word, verstaan ek nie hoekom ons as die Nkandla-munisipaliteit nie deel daarvan is nie.”

Die projek is die breinkind van Masibambisane, ʼn landelike ontwikkelingsorganisasie waarvan Zuma en sy neef Sibusiso “Deebo” Mzobe die voorsitters is. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Daar gaan die belasting geld alweer na Zuma se koffer toe bou n nasie met so n volk

Henrietta Klaasing ·

Die bou van Nkandla was maar net die begin…

Ingevolge Wet 22 van 2009 bestaan die Huis van Tradisionele Leiers. Hulle het wye regte in die gebiede waar hulle “heers” en word dikwels deur hul onderdane as “koning” aangespreek ( soos Zwelithini van KwaZulu) .

Jacob Zuma is een van die hoofvoorstander van die Wetsontwerp op Tradisionele Sake. Dit verbaas my nie. Dit sal hom met sy hemelhoë ideale vir sy eie Nkandla-koninkrykie soos ’n handskoen pas, waar hy homself waarskynlik tot “koning” sal verklaar , baie mag sal hê en strawwe kan oplê, soos gedwonge arbeid, verlies aan toegang tot grond en vele meer.

Dit verklaar ook sy passie om ’n tweederdemeerderheid in die 2014-verkiesing te kry, want dan kan hy die ongrondwetlikheid van hierdie wetsontwerp omswaai en dan sal alle mag oor regeringsfunksies, bepalings oor gewoontereg en voorsittende beamptes van die hof in hom as toekomstige tradisionele leier gevestig wees.

Eugene Schoeman ·

Ek is verstom oor die hardnekligheid wat aangaan in die ANC

david ras ·

‘n Baie interessante sin in die berig lui: “dit gaan die eerste dorp van van sy soort wees om deur swart mense gebou te word na die aanbreek van demokrasie ”
Mens wonder hoeveel dorpe in S.A van enige soort is deur swart mense gebou voor die aanbreek van “demokrasie” en hoeveel het deur die proses van “conquest of squatting” en naamsverandering swart dorpe geword?
By hoeveel van die swart dorpe VOOR demokrasie het die witmense hulle self kom tuismaak , en by hoeveel het die teenoorgestelde gegeld ?
:

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.