Plasing van nuwe gr. 1’s en gr. 8’s verleng

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Die Gautengse departement van onderwys het die spertyd vir die plasing van gr. 1- en gr. 8-leerders uitgestel weens sommige ouers wat nog nie die plasings vir hul kinders aanvaar het nie.

Die spertyd is van vandag tot 10 Desember verleng.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement, is altesaam 199 902 leerders reeds geplaas. Dit is sowat 60% van die algehele getal aansoeke (335 091) wat reeds ontvang is.

Altesaam 121 778 gr. 1-leerders en 78 124 gr. 8-leerders is tot dusver by skole geplaas.

Volgens Mabona plaas die groot getal aansoeke wat die departement ontvang groot druk op die kapasiteit van skole in die provinsie om leerders te akkommodeer.

“Ons amptenare werk onvermoeid om die vraag wat die meeste van ons skole het te bestuur teen die kapasiteit wat hulle kan akkommodeer en wat ons op hierdie stadium as belangrik prioritiseer om te verseker dat leerders plek in skole het,” sê Mabona.

“Ons pleit ook by ouers wat nog nie ʼn plasing ontvang het nie om voort te gaan om hul aansoekstatus na te gaan en beskikbare plasings op die departement se webtuiste te aanvaar.”

Hy sê dat plasings wat langer as sewe dae hangend is, outomaties aanvaar word om verdere vertragings te voorkom.

“ʼn Ouer wat nie die aanbod van plasing wat gegee word verkies nie, moet ʼn beswaar aanteken deur die aanbod aanlyn af te wys. Beswaarvorms is op die departement se webtuiste beskikbaar.

“Indien ʼn ouer ontevrede bly met die uitkoms van die beswaar, kan hulle ʼn appèl indien deur die beswaaruitkoms aanlyn te weier. Appèlvorms is ook aanlyn beskikbaar.”

Mabona herinner ouers dat plasings nie sonder ʼn bewys van verblyf (huisadres) gemaak kan word nie. Aansoekers wat nog nie hul bewys van verblyf ingedien het nie, sal die geleentheid gebied word om dit in te dien.

Aansoekers wat die sperdatum misgeloop het, sal geleentheid gebied word om aansoek te doen gedurende die laataansoekperiode wat op 5 Januarie volgende jaar sal begin.

Panyaza Lesufi, die LUR van onderwys in Gauteng, het ouers wat steeds vir plasingskennisgewings wag, om verskoning gevra.

“Dit is hoofsaaklik omdat die meerderheid voorkeurskole vol is en die departement hard probeer om hul kapasiteit uit te brei. Ons doen ook ʼn beroep op diegene wat plasings ontvang het om die plasings óf te aanvaar, óf van die hand te wys aangesien sommige ouers jou afgekeurde aanbod kan aanvaar. Dit sal ons help om plasings te bespoedig,” sê Lesufi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre ·

Sal ook nie leer nie hoekom wag tot einde van die jaar in die Kaap is kinders reeds in die middel van die jaar geplaas, O ja Lesufi is mos in Gauteng.

casper ·

Dit is soos n worsmasjien – Stop die skole tot barstens vol met geen geriewe of voldoende onderwysers nie.

Chris dupreez ·

Hoeveel jaar ploeter die rassis nou al so voort, gaan hy dit nooit in sy kop kry om meer skole te laat bou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.