Plasings vir 2019 begin by Gauteng-skole

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die departement van onderwys in Gauteng het Vrydag gesê die plasings vir graad 1- en graad 8-leerders vir 2019 het reeds begin.

“Die departement het Vrydag met die plasing van leerders begin. Dit beteken dat alle ouers wat tussen 16 April 2018 en 28 Mei 2018 vir 2019 aansoek gedoen het, sal binnekort aanbiedings vir plasing via SMS ontvang,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

“Ouers kan ook die webwerf www.gdeadmissions.gov.za binne sewe werksdae besoek om die aanbod te aanvaar of te verwerp. Indien ʼn ouer die aantekenbesonderhede (gebruikernaam en wagwoord) verloor het, kan die persoon die kontaksentrum skakel by 0800 000 789 of die naaste distrikskantoor besoek.”

Die departement het verduidelik versuim om op die aanbod van plasing te reageer, sal beteken dat die aanbod verbeur word en dit sal aan die volgende aansoeker op die waglys aangebied word.

“Ouers wie se status op die stelsel as ‘hangend’ (‘pending’) aangedui word, word versoek om geduldig te wees. Aanbiedinge sal deurgaans gemaak word.”

Ouers wat versuim het om die vereiste dokumentasie by die betrokke skool in te dien tydens die geskeduleerde periode (16 April tot 5 Junie), word versoek om die dokumente by ʼn distrikskantoor in te dien tussen 10 September en 14 September. “Hierdie aansoekers en almal wat nie by skole geplaas kan word nie as gevolg van ʼn tekort aan kapasiteit, sal deur die distrikte geplaas word. Die departement beplan om alle graad 1- en graad 8-leerders vir die 2019- akademiese jaar teen 31 Oktober 2018 te plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.