Plastieksak oor kop; polisie ondersoek selfmoord

Foto: Rusa

Foto: Rusa

ʼn Man se liggaam is Vrydagoggend in ʼn motor aan die KwaZulu-Natalse noordkus gevind.

Volgens die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa) het ʼn verbyganger omstreeks 05:45 ʼn grys Audi naby ʼn piesangplantasie in Mount Moreland naby Umdloti opgemerk.

“Reaksiebeamptes is na die toneel ontbied en het die Audi, wat ʼn Gauteng-nommerplaat het, op ʼn grondpad gevind. Die man het op die bestuursitplek gesit. Daar was ʼn plastieksak oor sy kop getrek wat met kleefband vasgebind is.”

Volgens Rusa is die man op die toneel dood verklaar. Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen. Volgens Zwane het die man ʼn selfmoordnota agtergelaat. Zwane het bygevoeg dat daar verkragtingsake teen die man ondersoek is ten tyde van sy dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bleskop ·

Ga, dis nie selfmoord nie, daarvoor sal ek ‘n brief los, nie met ‘n plastieksak wat netmet kleefband vasgemaak is nie.
Het jy al probeer om jouself te smoor, jy kannie, geen persoon sal kan nie, dis hoekom mense vuurwapens gebruik of hulle self hang.
Ek ruik ‘n sak in die gras.

Genis ·

Jy drink ‘n pilletjie Bleskop, en bind dan die plastieksak om jou kop voor die pil inskop. ‘n Gebrek aan suurstof help die hele proses aan. Dis ‘n algemene metode en niks nuut of verdag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.