Plastiekstaking: Lewensverlies en grootskaalse skade

Eric Botha, besturende direkteur van Makulu, is ook aangerand. Foto: PCASA/Facebook

Die Nasionale Metaalwerkersunie van Suid-Afrika (Numsa) moet die verantwoordelikheid dra vir die lewensverlies en vernietiging van eiendom tydens die plastiekstaking.

Michael Waters, adjunkhoofsweep van die DA, het gesê talle mense is al ernstig beseer tydens die staking, sommige so ernstig dat hulle aan lewensondersteunende masjiene gekoppel is.

Lesley Mphahlele (37), ʼn veiligheidswag en pa, is Dinsdag in die hospitaal dood nadat petrol Vrydag op hom uitgegooi en hy aan die brand gesteek is in Boksburg aan die Oos-Rand.

Stakende werkers het al amok gesaai in Isando, Jetpark, Sebenza en Wadeville. Die Plastiekomskeppersvereniging van Suid-Afrika (PCASA) het Numsa vir die geweld blameer aangesien sy lede al nagenoeg agt weke staak, maar Numsa het verantwoordelikheid ontken.

Volgens Waters was daar die afgelope drie weke minstens 10 aanvalle waartydens meer as 20 private voertuie aan die brand gesteek en vragmotors met petrolbomme bestook is. “Die polisie het ʼn verpligting om lewens en eiendom te beskerm en moet die wet afdwing en diegene wat die wet oortree, in hegtenis neem,” het Waters gesê.

Foto: PCASA/Facebook

“ʼn Veiligheidswag is dood weens erge brandwonde terwyl nog ʼn persoon in die waakeenheid van ʼn hospitaal behandel word en ʼn ander individu se vinger geamputeer moes word. Tog het die polisie nog niemand in hegtenis geneem in verband met die voorvalle nie.”

Waters het gesê die Wet op Arbeidsverhoudinge maak voorsiening vir vreedsame betogings maar nie vir geweld nie. Hy het ook gesê die gemenereg maak voorsiening vir wederkerige aanspreeklikheid, wat beteken dat vakbondhoofde aanspreeklik gehou kan word as hul lede misdade pleeg terwyl hulle betoog.

“Numsa se hoofde het nie die lewensverlies, geweld, intimidasie en vernietiging van eiendom veroordeel nie of daarop aangedring dat hul lede by die wet hou. Die betoging en gevolglike chaos is aan’t versprei en dit blyk die polisie is magteloos.”

Numsa-lede staak al drie maande en dring aan op ʼn 15%-verhoging. PCASA en Numsa het vroeër die week ʼn dooiepunt bereik nadat hulle verlede maand die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Koos ·

Daar word niks gese oor die blanke man bo aand die artikel wat vol bloed is nie?

Anoniem ·

Die man is n besigheidseienaar wat geteiken en aangerand is tydens n aanval. Hy is met bakstene, stokke en yster geslaan en sy pinkie is geamputeer.

Joe ·

Dié nuuswebsite, praat nooit oor die geweld teen blankes nie, dis hoekom jy nooit n foto van n plaasmoordenaar sal sien nie, maar 31fotos van die krugersdorp lot, die doodskis ouens ens, maar nooit, ooit van ander nie.

Andre ·

My raad aan die man is maak jou besigheid toe en vertrek land uit en begin n klein besigheidjie in die buiteland en los die hele spul,hoe gaan hy weer n vertrouens verhouding met sy werkers he as dit die manier is hoe teen hom opgetree is,

Jenny Lucas ·

Dagvaar die min8ster van polisie en veiligheid en dagvaar Numsa…

Jenny Lucas ·

Dagvaar die min8ster can polisie Cele die gowerment en Numsa

JV ·

Die polisie kan net staan en toekyk al word mense voor hulle aangerand. Al word eiendom vewoes of aan die brand gesteek. So sal die hele land vewoes word sonder dat n vinger gelig word. Die stakers maak hulle aan krimaliteit en moord skuldig. Die hele spul behoort agter tralies, hulle is te sleg om te werk

Elsa ·

president sal daadwerklik nou moet opstaan teen al die onnodige aanvalle en verwoesting,, ‘n hartelose regering gaan hul vasloop teen die Vuis van God. Korrupsie , partydigheid en haat en vernielsig moet nou aandag kry

Diefie ·

Ek kry net die gevoel dat die meeste van die unies se bestuur ‘n sin van vernietiging het, wat weet, dit is maklik om hulle lede op te sweep om alles wat voorkom te vernietig. Nou sit die bestuur agteroor en verontskuldig hulleself. Nou toe DA help die besigheid om ‘n saak teen die vakbond en polisie te maak.

Grassie ·

Volgens die berig het die polisie ‘n verpligting om eiendom en lewens te beskerm. Dit is so, ja, maar hulle doen dit nie. Die eienaars het het ook die reg om hul eiendom en lewens te beskerm. As ‘n plek aangeval word mag die eienaars en hul sekuriteitsmense die plek beskerm en as die aanvallers hul lewens bedreig mag hulle hulself verweer, selfs met wapengeweld as dit nodig word. Maar hulle doen dit nie want die ANC keur dit af. Die ANC se standpunt is dat ‘n menselewe meer werd is as enige eiendom, dus moet die eienaars en hul werknemers (soos bv vragmotorbestuurders) weghardloop en hul eiendom aan die genade van die plunderaars oorlaat want dit is minder werd as die lewe van ‘n plunderende, vernietigende, moorddadige uitvaagsel.
Miskien moet ons huil oor die tragiese verval van ons eens pragtige land. Maar ek wil nie huil nie, ek is nie ‘n sissie nie. Eendag is eendag.

AW ·

National Instruction 1/2016
CHAPTER 6: THE USE OF LETHAL FORCE

(5) In the case of crimes against property, irrespective of the value of the property, the use of lethal force in order to effect an arrest will never be permissible. Property can never be more valuable than the life of a human being.

stoffel ·

Hulle monitor die situasie soos die metro polisie in n ander berig met sy mediese
toestand.
hahahahahahahahahahahah

RHG ·

Hierdie aanvalle is georganiseerd en word waarskynlik deur mense uitgevoer wat nie eens daar werk nie. Ons het dae gelede al hiervan gehoor en niks is in die media nie tot nou.

L ·

RHG dis reg ja. Maak seker julle is teen 12 Des opgestock, gewapen en hou julle famillies in nommers bymekaar. Van die 14/16de af, gaan moontlikke vonke spat. Ons almal bid dat dit nie gebeur nie.

At Dippenaar ·

Die SAPS WEET waar die brandpunte is – hoekom ontplooi hulle nie betyds daar?

Gatvol ·

EFF en BLF en al hierdie useless unie… gee vir elke BLANKE persoon 10 miljoen dat ons kan immigreer want julle het hierdie land vermorsel …

Callie ·

Die fotos van vernietiging was 3 dae terug al op sosiale media. Daar het mense gekla dit haal nie eers die nuus nie. Kan Maroela help met hoekom dit nou eers uitkom

Werner ·

Kommunisme word uit anargie geskep hierdie pad so reg in hulle kraal word in elkgeval georkustreer

christa ·

die woord staking bestaan nie, dis maar eintlik net ‘n mooi woord vir verwoesting en plunder en die staat keer dit goed. Eintlik is dit reeds die anc mense se hobby.

Mrs H ·

Ag nee wat, dis nie meer lekker of die moeite werd om in SA n besigheid te dryf nie. Die mooi drome is uitgesuig. Welvaart en vooruit streef is iets van die verlede. Diktatorskap, Rassisme en korupte Kommuniste word gehoorsaam – van hoe wie waar wat en wanneer jy jou besigheid bedryf is die orde en norm. As jy n droom het, jaag dit na op n ander stukkie grond buite SA. Dit sal nie in ons leeftyd verander nie. Hoe en wat sal ons “Legacy” wees vir ons kinders hier? Ek wil nie “vaarwel” vir my kinders se en agter bly nie. Ek wil n vol lewe naby hulle geniet soos dit veronderstel is om te wees. Hierdie berrig het my hare laat regop staan en besef hoe die land op breukpunt van oorlog staan op ons voorstoep. Die water is al vrot van riool!

Ballon ·

Ek sal nooit maar nooit kan verstaan hoe iemand n lewende mens aan die brand kan steek nie.

stoffel ·

Hulle monitor die situasie soos die metro polisie in n ander berig met sy mediese
toestand.
hahahahahahahahahahahah

Stripes ·

Dink julle vir n oomblik dat die ANC iets aangaande die skade, misdaad, lewensverlies, ens tydens stakings sal doen? Word wakker asb. Dit alles is beplan om die aandag af te lei van die gemors rondom die sogenaamde SOE’s.

Took you long enough ·

Dis hoog tyd Maroela!!! Julle lank genoeg geneem om hieroor te berig. Die staking is reeds in sy 8ste week, en vernietiging van eiendom, intimidasie ens. is reeds van dag 1 af gerapporteer. Gaan na PCASA se facebook blad vir meer inligting en fotos.

Maro ·

En as hul nou hul sin kry…en terug gaan werk toe, moet jy nou langs iemand staan en werk wat jou met die vlg staking…of sommer maar net…gaan vermoor, of aanrand of jou eiendom gaan beskadig? Totaal om van naar te word.
My innige simpatie met die slagoffers.

ZET ·

Dit het al so lang tyd so geweldadig geraak in elke dorp van die land dat ek wonder
hoeveel mense onthou nog hoe dit net n paar jaar terug begin het. Paar van hulle by n robot met n kleinerige vuurtjie. Nou is dit al moord en verwoesting van privaat eiendom.
Nie lank voor dit oorgaan in massamoord.

Marlene Bothma ·

Dis kommerwekkend… niemand steur hul meer aan enige iets nie. Reg is nou nie meer reg nie.

piper ·

hou die unies verantwoordelik vir die skade. verder moet die uniebase tydens die staking geen betaling ontvang nie. maar ramapadapot het sy loopbaan begin by die unies en sal niks aan hulle doen nie

PJC ·

Hierdie laat my wonder wanneer gaan hierdie klomp probeer om dieselfde chaos en geweld in woongebiede aan te rig. Ek dink hierdie is maar net die begin van nog groter probleme.

PJC ·

Dit is duidelik dat hierdie nie net oor loonverhogings gaan nie maar dat daar meer agter hierdie optrede skuil. As ek ń eienaar van so ń besigheid was sou ek dit oorweeg om summier my deure te sluit om van die klomp ontslae te raak.

Ig ·

Vat nou maar die Sasol aandele staking, as dit nou sogenaamde voorheen benadeeldes was sou al wat n Sasol gebou of Petrolstasie tot die grond afgebrand gewees het, laat mens dink.

John ·

En ons dog plastiek moet uitgewerk word… Hierdie stakers moet oppas, die aardbol is teen hul bedryf. Binnekort sit hulle onder kartonbokse in die reen en smeek vir ‘n snytjie brood…

Lana ·

Het SA nog ‘n president?
Indien wel, kan hy dalk sy mond oopmaak?

Katryn ·

Jammer maar padda kruip onder n klip weg kwaak deur die nag as die son opkom verdwyn hy weer onder sy klip

Ha ha ·

Die polisie, wat is die polisie, het ons nog ‘n polisie???

jakes ·

Die bedingingsinstrument van werkers in SA is brandstigting, plundery, aanranding en klipgooiery. Wetteloosheid en respek vie lewe en eiendom is n vloekwoord in SA. n Derdewereld land met n kultuur van anargie en selvernietiging. Die eindresultaat is chaos en die dood.

Willie ·

As hulle dit met my eindom doen, gaan ek myself beskerm… die sotlikke wet en useless polisie se blikvis in n yskas!

Foxi ·

Ek weet net nie meer wat om te sê nie! In hierdie gebroke land moet jy veg vir oorlewing.

RG ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat die ANC/EFF/BLF almal met hul lede vergader om hul griewe te bespreek en gemobiliseer word om daadwerklik daaraan te werk. Intussen hou Solidariteit/Afriforum/VFPlus/Sake Liga ea ‘n Spitsberaad, maar klaarblyklik sonder die wat hulle ondersteun en sonder veel terugvoer oor hoe ons gaan mobiliseer. Wanneer hou ons gemeenskapsvergaderings in alle dorpe en stede van ons eie om die stand van ons land te bespreek en onsself te mobiliseer?

Dina ·

Die grootste euwel van alle tye is vakbonde. Hulle is die opstokers. Hulle hits mense aan om te staak en te plunder. Ontbind alle vakbonde. Hulle buit mense uit en saai oral onmin en verwoesting.

Johannes ·

Hierdie land is mal! Deur brand en klipgooi gaan niks bereik word nie, maar dis ongelukkig al vakke wat die ANC “skool” vir jare aangebied het…

Spike ·

Die wet laat vreedsame betogings toe. Wat ñ grap. In sa beteken dit vernietig als wat vir jou sorg. Die mense sal in die lewe nooit verander nie. Is so opgevoed deur die comrades.

lewies ·

Ons land is nie mal nie, Al wat nou gebeur is “ons maai wat ons gesaai het”

aj ·

TERRORISME en SABOTASIE!

Geen PROTES nie.

Verklaar ‘n NOODTOESTAND en ontplooi die weermag om die burgers te beskerm!

Philip ·

Die stakers ly aan ‘n “mediese toestand”. Pateties sluit die besighede en begin in Botswana en laat hulle sien waar kry hulle nuwe werk. Waar is die grootmond Beki Cele?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.