Plastiekstaking: Nóg ʼn aanleg loop deur

Brandende voertuie word geblus by Mpact se Wadeville Plastics-plastiekbotteleringsaanleg. (Skermskoot uit video: Facebook via Caron Levin Meyerowitz)

Die plastiekbottelvervaardigingsmaatskappy, Mpact, het Maandag gesê aansienlike skade is by sy Wadeville Plastics-plastiekbotteleringsaanleg in Germiston aan die Oos-Rand aangerig nadat verskeie onbekende individue die perseel binnegekom en werknemers se motors beskadig en sommige aan die brand gesteek het.

Dit kom nadat duisende werkers verbonde aan die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) in Oktober met ʼn staking in die plastieksektor begin het. Die werkers eis ʼn 15%-salarisverhoging en ʼn minimumloon van R40 per uur eerder as die nuwe tarief van ongeveer R20 per uur.

Kallie Albertse, algemene bestuurder van Mpact Plastics Wadeville, sê geen ernstige beserings of skade aan die vervaardigingsaanleg of toerusting is aangemeld nie.

“Die polisie en die brandweerdienste het vinnig gereageer en die situasie is in ʼn relatief kort tydperk onder beheer gebring wat die skade beperk het,” het Albertse gesê.

“Die motief vir die voorval is nie tans duidelik nie. Mpact Plastics het reeds sy loondispuut met Numsa op 29 November opgeklaar en alle werknemers het op 3 Desember teruggekeer werk toe.”

Albertse sê bykomende veiligheidsmaatreëls is reeds ingestel. Hy het bygevoeg Mpact Plastics voorsien nie dat die voorval ’n negatiewe impak sal hê op die maatskappy se vermoë om aan sy kliënte se behoeftes te voldoen nie. Albertse sê ʼn volledige ondersoek na die voorval word deur die betrokke owerhede gedoen.

Die binneruim van ʼn uitgebrande voertuig by Mpact se Wadeville Plastics-plastiekbotteleringsaanleg. (Foto: Facebook via Caron Levin Meyerowitz)

Die twee maande lange staking in die plastieksektor is gekenmerk deur geweld en uitgebreide saakbeskadiging. Lesley Lekgalake Mphahlele, ʼn veiligheidswag, is dood nadat daar by Makulu Plastics aan die Oos-Rand petrol oor hom uitgegooi en hy aan die brand gesteek is.

Nywerheidsgebiede wat deur die geweld en intimidasie geraak is, sluit in Isando, Spartan, Jet Park, Sebenza en Wadeville. In Oktober het stakende werkers ʼn fabriek in Ladybrand in die Vrystaat aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Blompot se Deksel ·

Alles brand ooral, mens sal verstaan hoe die wereld nog deur swael en vuur sal vergaan.

George Pelser ·

Die skuldiges sal seker nooit aangekeer en vervolg word nie en wie gaan betaal vir die skade? Ek en jy want versekering gaan net eenvoudig al hoe duurder word. Die unie wat betrokke is behoort te betaal maar wat is die kanse? En wanneer gaan die regering ingryp? Met die ANC sirkus in beheer sekerlik nooit. Hoe lank kan ons ekonomie hierdie houe vat sonder totale ineenstorting?

Werner ·

Vir die wat dit nog nie kan sien nie ons is al in die beginfase van n volskaalse oorlog dit is how al die vorige Arab springs begin het wat deur George sorros gefinansier was SA is nou op hulle lys

Jacques ·

Hoe stupit kan n mens wees ? More word hy af betaal agv kapitaal tekort , want hy veroorsaak miljoene rande se skade wat weer van iewers moet kom om reg te maak .
Dit is reg so , wys vir jou baas watse tipe mens jy is en hoekom hy jou sommer net moet afdank .

Didi ·

Hulle moet laat die unies wat die stakings reël betaal vir die skadu!

Piet Pompies ·

As ‘n staking langer as 2 weke aanhou en geen werk geen betaling is van krag sal die stakende werker nooit weer sy verlies aan inkomste kan opmaak in sy leeftyd. Dit is ingesluit alle voordele, pensioen en medies.

Hendrik ·

Maak net die fabriek op ‘n ander plek oop. Ek is seker daarvan daar is gemeenskappe wat die werk in hul omgewing sal verwelkom. Misien is ek verkeerd…

Hanna Hoekom ·

Moet daar dan n “motief” vir plunder en brandstigting wees? Was onder die indruk dat die tradisionele Afrika-mens nie n motief of redenasie nodig het om chaos te veroorsaak nie. Ek mag verkeerd wees.

m.d.r. ·

Soek maar die Peking Konneksie……
Ons fabrieke word vernietig ….en ek wed dit gaan vervang word met Sjinese produkte.

Daar is reeds ‘n paar Staal pyp aanlegte wat nou hulle deure sluit ……en raai wat..? Daar word tonne pyp materiaal vanaf Durban ingevoer, en die Sjinese is reeds besig om ‘n groot aanleg iewers in Limpopo te bou…natuurlik 100% beman deur Sjinese…..

Mens wonder hoelank gaan dit neem vir Amerika om produkte uit SA te koop terwyl dit Sjinees vervaardig is en nie eens onder lisensie nie……en ons mense sit sonder werk…..en dit is nie voetsool vlak werkers nie, almal is hoogs opgeleide mense……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.