Platejoggie glo ‘n spoedvraat

metrofmʼn Bekende platejoggie van Metro FM is Vrydag in Pretoria in hegtenis geneem vir ʼn spoedoortreding, het die metropolisie Vrydag gesê.

“Ons het die bekende persoon vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem,” het Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Hy het teen 176 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery.”

Die platejoggie het met sy swart Range Rover op die N1 in ʼn noordelike rigting gery. Hy word by die Brooklyn-polisiestasie aangehou waar hy kan aansoek doen om borgtog. “Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn,” het Mahaba bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.