Platejoggie neem #DataMustFall-veldtog na die parlement

Skermskoot van een van Tbo Touch se Twitter-plasings

Skermskoot van een van Tbo Touch se Twitter-plasings

Die gewilde radiopersoonlikheid en entrepreneur, Thabo “Tbo Touch” Molefe het Donderdag aangekondig dat hy uitgenooi is om met die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdiens te vergader oor die hoë koste van breëband-internet in Suid-Afrika.

Dit kom nadat die platejoggie ʼn sosialemedia-veldtog van stapel gestuur het oor duur internetkoste, onder die hutsmerk #DataMustFall, wat sedert Woensdagaand op sosiale media gewild geraak het.

“Ons maak geskiedenis. Die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdiens het my uitgenooi om volgende week Donderdag te kom praat! Ons regering luister,” het Molefe Donderdag op sy Twitter-rekening gesê. “Die krag van data bied toegang tot opleiding, mentorskap, vaardigheidsontwikkeling, finansiële bystand, om vir werk te soek en aansoek te doen.”

Molefe het met sy veldtog begin deur ʼn 30 dae-ultimatum aan selfoonnetwerke te gee om ʼn verandering te maak, anders sal intekenare na ʼn goedkoper diensverskaffer migreer.

Die #DataMustFall-veldtog geniet tans geweldige steun op sosiale media, en was die gewildste hutsmerk op Twitter. Politici en bekendes het ook hul steun aan die projek toegesê.

“Jong mense moet die voordele van e-leer kan geniet en handboeke aanlyn kan aflaai, inhaal op ʼn lesing oor YouTube, maar hulle kan dit nie doen nie, want alles draai om data en WiFi,” het Molefe bygevoeg.

Buti Manamela, adjunkminister in die presidensie, het tydens ʼn gesprek op TouchCentral gesê die regering doen alles in sy vermoë en moet universele toegang tot data beskikbaar maak vir alle burgers. Manamela het gesê die privaat sektor moet ook ʼn gelyke rol speel om seker te maak dat die mense toegang het tot data, en die noodsaaklikheid om die monopolieë af te breek, benadruk.

Hy het gesê die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) moet ook ʼn rol speel om die prys van datakoste te reguleer.

ʼn Artikel in Business Tech verlede jaar, het daarop gewys dat die gemiddelde maandelikse koste van breëband-internet in Suid-Afrika tot 10 keer duurder is as in die Verenigde Koninkryk, terwyl internetspoed in die VK tot vyf keer vinniger is as in Suid-Afrika.

Die portefeuljekomitee sal Woensdag en Donderdag van 09:00 – 17:00 openbare verhore hou oor die hoë koste van breëband-internet in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

zahn ·

Ek ken nie die man nie, maar kan iemand asb vir hom ‘n hele bottel Bells gee? Die heel eerste keer wat ek ‘n veldtog met die # merk sal ondersteun!

Jos ·

Data is nie so duur nie. ADSL diensverskaffers bied onbeperkte data teen R199, maar telkom kos jou R189 vir telefoonlyn en dan betaal jy nog vir ADSL volgens spoed 2Mb virR165 en 4Mb R299 en so voorts. Dus gaan die grootste deel na Telkom en nie die internet data verskaffer nie wat eintlik vir ons die boodskap gee dat die data nie so duur is nie. Die vraag is hoekom selfoon maatskappye se data verskaffing so duur is. Het hulle nie ook dalk so ‘n sommetjie waar sogenaamde diensverskaffing twee keer meer kos as die data nie? Is dit hoe die maatskappye so skatryk word en hul bestuur miljoene in bonusse verdien deur die melkkoei(publiek) buitensporige tariewe te vra? Die radiopersoonlikheid het baie moed om die monopoliee aan te vat. Hy moet dalk begin by Tekom wat van die begin af die voorbeeld gestel het.

Jordaan ·

Verniet huis, skool, medies, krag, water, universiteit en nou nog data ook As dit als realiseer kort nog net verniet kos dan hoef mens glad nie meer te werk in hierdie lekker land nie.

Johann ·

As ek dit reg verstaan, is dit Data vir selfone en soortgelyke toestelle, waaroor dit gaan. Ek betaal vir my staanrekenaar en skootrekenaar vir 40 GB (plus 1TB tussen 12h00 en 06h00) vir my internet en e-posse op my landlyn, R125-00 per maand.

neelsie ·

Johann,
Dankie vir die inligting.
Verduidelik asb hoe ons dit ook kan bekom.
Dankie.

Johann ·

Neelsie, jy kan die top 10 internetverskaffers gaan Google. Ek werk deur Softnet, soek hulle op die internet en vra kwotasie aan, die pakkette en pryse wat hulle op hul webwerf verskaf is effe verouderd (www.soft.co.za).

John ·

Hierdie is darem iets positief wat regtig nodig is; goedkoper internetgebruik. Die maatskappye maak miljarde. En dis deesdae met al die nuwe tegnologie ongelooflik duur om te kommunikeer. Ons almal het altyd gehoor: In die toekoms gaan alles makliker word agv wetenskaplike uitvindings. En nou?

JP ·

Jammer, dit klink na ‘n goeie idee maar dink net verder. Dit is soos al die ander feesmustfall idees wat ‘n vryemark stelsel ondermyn ons ekonomie gaan verwoes en die eind resultaat is ‘n land waar almal alles verniet wil hê en dink hulle is geregtig op enige iets sonder dat hulle self verantwoordelikheid neem en werk vir dit wat hulle wil hê. Geen meriete of jy iets versien of nie. Moet ook nie verbaas wees as daar ‘n stelsel beding gaan word wat net voorheen benadeeldes tot voordeel strek en ongrondwetlike en rasisties van aard gaan wees.

WitBlits ·

Hierdie man verdien ‘n hele bottle trots Suid Afrikaanse mampoer en ‘n bek vol heuning!
Vir eens is daar iets waarby almal sal voordeel trek en ons word genoeg “gemelk” deur die datanetwerke – my melkkoei se spene is droog!!

Elizabeth ·

Ons praat nie hier van ‘n vryemarkstelsel nie. Telkom en selfoonnetwerke span saam om die pryse hoog te hou. Hierbo het iemand verwys na hoe goedkoop sulke dienste oorsee is. Hoekom is dit hier so duur? Hoekom is selfoonoproepe absoluut onbetaalbaar? Mens hoor as’t ware die rande afrol wanneer jy met iemand oor ‘n selfoon praat – sinvolle gesprekke kos jou nie onder R20 nie. In Duitslad is selfoonoproepe ‘n fraksie van wat dit hier is! Wanneer gaan die regering WARE mededingin in die kommunikasiebedryf toelaat? Is dit nodig dat dié maatskappye multi biljoene maak? Kan hulle nie tevrede wees met miljoene nie??? Ek is SO moeg om uit gebuit te word deur mense wat dienste verskaf waarsonder mens nie kan bestaan nie!

Takkie Takuuza ·

Weet jy hoekom? Omdat ons die infrastruktuur moet betaal, ons is nie eerste wêreld nie, ons is agter. En dan bly ons in ‘n land waar alles gesteel of gebrand word. Sodra die infrastruktuur teen miljarde en miljarde gebou en betaal is, dan word dit goedkoper vir almal. Gaan gerus na Zimbabwe toe en kyk wat jy daar kry.
Jy moet maar bietjie navorsing doen.

Eliza-beth ·

Ons data van die duurste in die wereld, selfs ander derdewereldse lande in Afrika is goedkoper (EN vinniger)- hoekom? Niks met feesmustfall of goedkoop behuising of vryemarkstelsels of wat mense hierbo nou weer insinueer nie dis absoluut nonsens dat mens so uitgebuit word.

Takkie Takuuza ·

Watter ander Afrika land is goedkoper? Het jy bewyse?

Eliza-beth ·

Takkie: “A new report by Research ICT Africa shows that while mobile data prices are on a steep decline in most African countries, they have remained steady in South Africa at R149 for 1GB in 2014. ” Wel ‘n ou berig maar steeds geldig so gebruik die vingertjies waarmee jy so vinnig kommentaar lewer en google en word wys.

Mamparra ·

Aag en so verkondig almal die nonsens wat in hulle koppe aangaan vir die waarheid. Maatskappye maak miljoene en so aan. Niemand dink maatskappye bestee ook miljoene om dit moontlik te maak nie, data val mos uit die lug uit. Niemand weet dat ICASA die pryse vas stel nie. En ons is nie ‘n eerste wêreld land wat met Engeland vergelyk kan word nie, wees bly eerder want daar gaan jy data kan koop, maar nie vleis nie.

Doret ·

Ek wonder soms wanneer suid afrikaners se oë sal oopgaa mense ons leef in n buitensporigerduur land Ja want jybse ons sal ni vleos in engeland kan bekostig nie wat nie waar is nie hulle salaris skaal is van so aard dat mense tog beter leef as ons my vriendin woon daar en kan nie glo hoe mense in SA uitgebuit word nie ek en my gesin het vanaf vaaldriehoek verhuis noord kaap toe en ek se vir julle vir iets wat ons daar 20 rand betaal het kos dit ons dubbel as nie meer en die is n bitter arm gemeenskap maar tog word menseuitgebuit want versjoning is vervoer kostes So ek steun goedkoper data wat meeste mense in ons gemeenskap kan nie internet dienste bekostig nie die dorpie is klein en da nie genoeg werks geleenthede nie sommige mense werk vir n 1000 rand n maand omdat mense wat geld het hulle uitbuit so werk uit kos klere huis wat is oor van daai geld

Piet Pompies ·

Kliente in groter stede het die voordeel van die goedkoper aanbiedinge, geen van Telkom se data dienste is by ons beskikbaar ten spyte daarvan dat ons ‘n Telkom huis telefoon het. Verskoning is dat dit nie ekonomies is om ADSL te verskaf. So ons gebruik selfoon data ten duurste. Kry 5Gig vir R300 wat teen die spoed van kalenders werk. Go for it, data must fall.

Francois le Cochon ·

Ons naaste Internetsentrales is in Europa. Om daar uit te kom moet ons in SA en van twee ondersee kabels gebruik. Hierdie verbinding kos baie geld. Internet en Data sal daarom altyd baie meer kos as vergeleke met oorsee se kostes,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.