Platejoggies afgedank ná ernstige klag

DJ Fresh (Foto: Instagram)

Primedia Broadcasting, eienaar van die radiostasie 94.7, het besluit om die platejoggies DJ Fresh (Thato Sikwane) en Euphonik (Themba Nkosi) se uitsaaikontrakte finaal te beëindig in die lig van onlangse ernstige bewerings teen hulle.

Maroela Media het vroeër berig ’n vrou het verlede maand bewerings op Twitter gemaak oor ’n voorval wat glo in 2011 gebeur het. ʼn Klag is ook by die Sunnyside-polisiestasie aanhangig gemaak.

Primedia Broadcasting sê nou hy het ná deeglike oorweging van die afgelope paar weke se gebeure besluit om liefs DJ Fresh en Euphonik se kontrakte by 94.7 te beëindig.

“Hierdie besluit weerspieël geensins ons siening oor die waarheid van enige aantygings teen Euphonik of Fresh nie. Dit gee eerder voorkeur aan Primedia Broadcasting se sakedoelwitte. Ons glo dat hierdie besluit in die beste belang van ons maatskappy en ons verskillende belanghebbendes is,” sê Geraint Crwys-Williams, tussentydse uitvoerende hoof van Primedia Broadcasting, in ’n verklaring.

Euphonik (Foto: Instagram)

DJ Fresh en Euphonik het ingestem daartoe dat hul kontrakte beëindig word.

Die platejoggies het in ’n verklaring gesê hulle het die opskorting van hul kontrakte met onmiddellike inwerkingtreding aanvaar.

Dit beteken egter nie dat die platejoggies skuld beken nie.

“Ná uitgebreide oorlegpleging, regsgewys en andersins, het ons tot die gevolgtrekking gekom dat dit in ons beste belang is om al ons openbare verbintenisse te hervat. Ons sien uit daarna om ons onskuld te bewys.”

DJ Fresh en Euphonik het Primedia Broadcasting bedank vir “al die wonderlike uitsaaigeleenthede en oomblikke”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

At ·

Dit is verbasende dog welkome nuus. Highveld Stereo het hoeveel luisteraars verloor met die Afrosentriese pad wat hulle gevat het. Sal net meer duidelikheid oor die klagte teen hulle wil weet. Five FM het ook luisteraars ingeboet toe hulle hul luisteraars demografie “aangepas” het.

Anthony ·

Probeer Mixfm 93.8 At, jy sal nie spyt wees nie, Soveel verskeidenheid, van Elvis tot Karen Zoid . Treffers van die 60’s to 90’s. Blues to Rock n Roll, CCR tot die Beatles. 80’s pop to Rock, Al die songs wat ons geniet om saam mee te sing. Niks van die hip-hop, kwaito of rap gemors wat al die stasies deesdae voel hulle MOET speel nie. Beste van als is jy kan elke dag enige liedies voor aanvra & 99% van die tyd word dit gespeel en jou naam word genoem. Lekker outydse music request radio styl.

Hennie J ·

Weer word die leser winde gevoer en ons moet dit sluk. Geen regdenkende mens sal mense uit hul werk skop net weens gerugte nie en geen werknemer sal dit sommer so gelate aanvaar nie.

Anti-Verkramp ·

Wel, hulle is nog nie deur ‘n hof skuldig bevind nie (ek se nie hulle is nie skudig nie maar die proses moet darem sy loop nie). Dis gevaarlike terrein hierdie. Potensieel kan enige persoon nou twak oor jou kwytraak en jou maatskappy le jou af op grond van slegte publisiteit. Kan mos nie so werk nie.

Anti-Verkramp ·

Daar is bewerings dat hy en sy maatjie ‘n vrou verkrag het terwyl sy dronk was.

Hester Wilhelmina ·

Net altyd vreemd hoe die vrouens jaaaaare vat voor hulle dit doen….

Elmarie ·

en wie beweer moet bewys. Daar is seker ‘n ‘geld tekort’ bad vibe aan die gang

Anti-Verkramp ·

Ek het ook ‘n probleem daarmee…en veral wanneer die man bekend raak……

Casper ·

Ja At,dit is ironies dat die berig nie duidelikheid gee oor wat hulle gedoen het nie.Hulle dienste word beëindig maar geen skuldigbevinding nie,so hulle kan weer by enige ander radiostasie gaan werk.As dit ek of jy was wel………………

gatgogga ·

Casper, jou woorde pas so reg by die ANC se afgesaagde verweer: “…..dienste word beëindig maar geen skuldigbevinding nie……..”
Soms doen werkgewers so iets om etiese redes. Hulle kan ook nie sommer weer by enige ander radiostasie gaan werk nie – altans nie radiostasies wat omgee oor die reputasie van hulle werkers nie.

Stefan ·

Iets klink nie hier lekker nie.
By afdanking van 2 ‘onskuldige’ werknemers sou ‘n normaler’ optrede in hierdie land gewees het: vakbond demands, stakings en vernielings, uitsluiting van ander werkers, en op die ou end ingee en heraanstel van die afgedanktes.

Lorna ·

Nie baie seker nie maar n dame of dames het klag teen hul gelê
Dink verder self
Dis nogals erinstig

Natasha ·

Die aantyging is dat hulle met verskeie vrouens se drankies gepeuter het by ‘n na partytjie & hulle so bedwelm het & toe verkrag het. Volgende oggend spot gedryf met hulle oor hulle flou geword het. Net een van die vrouens het ‘n klag gaan maak & daar is baie besonderhede uitgelaat. Die probleem is dat dit nie die eerste keer is wat sulke beskuldigings teen die twee gemaak is nie. Neem in ag dat hulle ook nog nooit deur ‘n hof skuldig bevind is nie. Onthou hulle is beroemd & baie sulke beskuldigings is al deur vrouens gemaak as hulle afgekeur word. (Ek sê nie dis die geval nie) Selfde as om deesdae te sê wit mense snou die K woord toe… Net tyd sal die ware verhaal vertel & net soos Katlego Maboe se beskuldigings. Dis nie ons plek om ons monde uit te spoel of te oordeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.