Platinum-onderhandelinge duur voort

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Onderhandelinge tussen die vakbond Amcu en die platinumwerkgewers duur Maandag in Johannesburg by ʼn onbekende ligging voort, het Charmane Russell, woordvoerder vir die myne, bevestig.

Die arbeidshof fasiliteer tans die gesprek tussen Lonmin, Impala Platinum, Anglo American Platinum en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu). Amcu het die vervaardigers voor die arbeidshof gedaag om hulle te verhoed om direk deur middel van teksboodskappe met die werknemers te kommunikeer.

Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie en dring aan op ʼn basiese salaris van R12 500. Die vakbond het die werkgewers se vorige aanbod, dat die werknemers teen Julie 2017 R12 500 sal ontvang, verwerp. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.