Platinum-onderhandelings hervat

Argieffoto

Argieffoto

Partye in die platinumbedryf sal oor die volgende paar dae onderhandel in ʼn poging om die voortslepende staking te beëindig.

“Ons bly toegewyd tot doeltreffende en volhoubare samesprekings met Amcu,” het Abey Kgotla, hoofonderhandelaar vir die platinumvervaardigers, aan verslaggewers buite die arbeidshof in Johannesburg gesê. “Ons bly daartoe verbind om ʼn oplossing te vind.”

Die partye het besluit om die SMS-interdiksaak vir eers opsy te skuif en daarop te fokus om die staking tot ʼn einde te bring.

Anglo American Platinum, Lonmin en Impala Platinum was Dinsdag in die hof om die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se dringende interdik teen te staan. Amcu wou die werkgewers verhoed om direk deur middel van SMS’e met vakbondlede te praat.

Lede van die vakbond staak al sedert 23 Januarie by platinummyne in Noordwes en Limpopo en dring aan op ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Die arbeidshof sal oor die volgende drie dae die onderhandelings fasiliteer. Dit is nie bekend gemaak waar die onderhandelings sal plaasvind nie. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie en vroeër die onderhandelings fasiliteer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.