Platinum-staking: Nog geen ooreenkoms nie

Joseph Mathunjwa, president van Amcu tydens onderhandelinge by die KVBA Foto: Meggan Saville/SAPA

Joseph Mathunjwa, president van Amcu tydens onderhandelinge by die KVBA Foto: Meggan Saville/SAPA

Daar is nog geen ooreenkoms tussen die platinummyne en die stakende Amcu-werkers bereik nie, het die werkgewers in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

“Geen ooreenkoms is al bereik nie,” het Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin in ʼn verklaring gesê. Daar was glo mediaberigte dat ʼn ooreenkoms bereik is. Die maatskappye het bevestig dat die arbeidshof steeds voortgaan om die gesprek tussen die werkgewers en die Association of Mineworkers and Cosntruction Union (Amcu) te fasiliteer.

Lede van Amcu staak al sedert 23 Januarie en eis ʼn basiese salaris van R12 500 per maand. Hulle het die werkgewers se aanbod, dat werknemers teen Julie 2017 R12 500 per maand sal ontvang, verwerp. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

claudie ·

Onskuldige mense wat nie deel is van die stakings nie, verloor nou alles. Dink net dis so onregverdig. Blanke mans se gesinne het nie kos nie, kinders het nie winters klere ens nie. Iets sal gedoen moet word, dit kan eenvoudig nie so aangaan nie. Almal wys die “arme swart mynwerkers” se gesinne wat honger lui, maar dis agv van hulle eie toedoen dat hulle nie salaris kry nie, en agv hulle kry die ander werkers “wat nie strike nie” ook swaar. NIE REGVERDIG NIE. As die blanke man gaan strike, word hy eenvoudig gevra om te bedank! Maar hulle sal nie sommer nie want hulle het verstand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.