Platinumgordel stil oornag

Argieffoto

Argieffoto

Rustenburg in Noordwes was Maandagaand stil en geen verdere geweld is aangemeld nie nadat drie nie-stakende werkers vroeër die dag wreed daar vermoor is.

Brig. Thulane Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag bevestig dat geen verdere voorvalle intussen aangemeld is nie.

Maroela Media het Maandag berig drie mynwerkers, lede is van die vakbond NUM, is Maandag glo vermoor terwyl pogings verskerp word om ʼn einde aan Amcu se voortslepende staking by platinummyne te bring. Die staking by die platinumgordel in Rustenburg in Noordwes duur nou al vierde maande lank.

Die polisie het bevestig dat een van die drie werkers met ʼn skerp voorwerp doodgekap is. Die tweede man het in sy huis doodgebrand. Die derde persoon en sy vrou is glo by hul huis verwurg. Ses ander werkers is op pad werk toe met skerp voorwerpe gesteek, maar het die aanvalle oorleef.

Nagenoeg 80 000 lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak sedert 23 Januarie by Amplats, Implats en Lonmin. Hulle eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Onderhandelings om die staking tot ʼn einde te bring het ʼn dooiepunt bereik.

Die aanvalle kom te midde van pogings om ʼn einde aan die staking te bring. Lonmin het gesê hy verwag dat ʼn groot aantal werkers weer vandeesweek vir werk sal opdaag nadat die myngroep Amcu-leiers vermy en direk met die vuisvooswerkers onderhandel het om weer te begin werk. Die myne is bekommerd dat meer geweld kan toeneem as werkers wat nie wil staak nie, terugkeer werk toe. Die myne het ʼn beroep op Amcu gedoen om verantwoordelike leierskap toe te pas.

Amcu het intussen ontken dat sy lede vir die aanvalle verantwoordelik was.

Amcu-leierskap het onlangs die myne se jongste aanbod, dat werkers teen Julie 2017 ʼn minimum kontantbetaling van R12 500 per maand of R150 000 per jaar sal verdien, verwerp. – SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Hoe barbaars en skokkend. Die wat wil werk moet toegelaat word om werk toe te gaan met die wete dat hul veilig is.

Nie al die mense is breindood nie. Hulle kan vir hul self dink en besluit. Dit wil voorkom of die unie namens almal wil besluite neem.
(Hallo Trippie………..lekker dag vir jou.)

Trippie ·

Hallo liewe Justi, ek hoop jy lees hierdie boodskappie.

Dink baie aan jou, pas jouself mooi op.

Wat jou repliek aanbetref – nogmaals in die kol.

GROETNIS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.