Platinummediasie ly skipbreuk, Solidariteit versprei 30 ton kos

helpende hand rustenburg solidariteitSolidariteit Helpende Hand gaan Woensdag nog 30 ton kos aan nie-stakers in die Rustenburg-omgewing versprei.

Solidariteit het vandag [Woensdag] sy teleurstelling uitgespreek oor die skipbreuklyding van regter Hillary Rabkin-Naicker se mediasie-inisiatief vir die platinumstaking. Hoewel die mediasieproses die partye nader aan mekaar gebring het, dring Amcu ná 125 dae van staking steeds aan op ʼn looneis wat partye nie tot ʼn skikking gaan lei nie.

Intussen bly die nood in die platinumgordel groot. Solidariteit Helpende Hand gaan vandag, net nadat hy inligting ontvang het dat Amcu en die platinummynhuise geen ooreenkoms bereik het nie, nog 30 ton kos aan nie-stakers in die Rustenburg omgewing versprei. Solidariteit Helpende Hand het ook aangekondig dat hy sy hulpprogram gaan uitbrei met ‘n spesiale fokus op kinders.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van die vakbond, het kinders wat aan voedingsprojekte by skole deelneem in die afgelope maand bykans verdubbel. “Wat eens as ʼn staking begin het, het nou in ʼn maatskaplike krisis ontaard wat grootskaalse afleggings en werkloosheid vir Amcu se stakende lede, sowel as ander onskuldige nie-stakende werkers tot gevolg kan hê,” het Du Plessis gesê. “Die gewelddadige staking is besig om onskuldige werkers hul vermoë om te werk en vir hulle gesinne te sorg, te ontneem.”

Du Plessis sê ʼn vakbond se aksies moet altyd in sy lede se belang wees en daarom behoort lede se werksekerheid die hoofprioriteit te wees, maar dat dit klaarblyklik nie by AMCU inslag vind nie. “Die gevolg van die Amcu-staking is dat die volhoubaarheid van die myne reeds só afgetakel is dat verskeie marginale skagte gesluit sal word. Amcu het inderwaarheid reeds baie van hul lede en ander onskuldiges slagoffers uit ʼn werk uit gestaak – selfs al hou die staking vandag op,” het hy verduidelik.

Du Plessis reken die huidige gevolge van die staking is reeds erg, maar dat die nadraai selfs erger kan wees. “Grootskaalse afleggings en afdankings vir stakingmisdrywe gaan volg, kapitaal uitbreidingsprojekte wat nuwe poste sou meebring gaan gekanselleer word en permanente skade is weens die lang sluiting aan myne en skagte berokken,” het hy gesê. “Die verkoop van marginale en nie-winsgewende myne aan minder stabiele werkgewers sal swakker diensvoorwaardes tot gevolg hê, kontrakteurs en diensverskaffers se kontrakte sal beëindig of afgeskaal word, meer besighede wat direk en indirek op die myne aangewese is sal afskaal of toemaak – om nie eens te praat van die toekomstige huiwerigheid by beide plaaslike en internasionale beleggers vir die platinumsektor nie.”

Solidariteit doen ʼn beroep op die regering, maatskappye en burgerlike organisasies om saam met Solidariteit hande te vat en onskuldige nie-stakende werkers te beskerm en te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elna Pretorius ·

Ons is van Rustenburg.Waar kan ek vir die niestakende mense se waar na toe bring hul die kos.Hopenlik na die kerke toe.net n voorstel.

Nico ·

Dit is scary om te dink ons land is in die hande van sulke sotte. ‘n Vakbond wat mense die regte ontneem om te lewe. Hulle het maar net die verstand van ‘n pampoenspook.

adri venter ·

Hoop die Blankes kry die slag. Sal blY wees as meer fotos die nuus tref wat maak 1 swarte met 5 sakke meel

Melissa ·

Seker nuus stasies gee net lig aan sekere organisasies wat help, the gift of the givers gee vir enige iemand kos, meestal net die stakende mense, wat ek dink verkeerd is, en mens hoor net van hulle op SABC nuus. Maar solidariteit wat NIE-stakende mense help hoor mens niks van nie…

Gaan kyk op solidariteit helpende hand se website vir meer inligting hoe hulle hierdie mense help. En op staaknie.co.za

Pieter ·

Helpende hand versprei kos aan nie-stakers. Islam versprei kos aan stakers. Wie bevind hom op morele hoe grond.

Pieter ·

Elna dit is ‘n blink gedagte. Die probleem is hoeveel van daardie Rustenburse nie-stakende mense weet waar ‘n Kerk is. Indien dit aanhulle mooi verduidelik word waar om die kos te gaan haal gaan hulle as die maag weervol is steeds weet waar die Kerk is. Seker nie.

Flip Buys ·

Pieter, die meeste nie-stakers wat lede van Solidariteit is, is ook meelewende kerklidmate van die gebied se kerke. Dit het gou vir my en my kollegas duidelik geword tydens ons besoeke aan die gebied. Ons verteenwoordigers daar doen dit juis uit hul Christelike pligsbesef. Die kos word daarom meestal vanuit die Kerke se geriewe versprei, deur mense wat dit sonder vergoeding doen. Dis nie ‘sitkamerwerk’ nie- om tonne kos te verpak en te versprei is harde werk. In baie vd gevalle gebruik Solidariteit-verteenwoordigers hul eie motors en brandstof, omdat baie mense in die uitgestrekte gebied nie meer motors en of brandstof het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.