Platinumooreenkoms nog nie bevestig

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Platinumprodusente kon nie Maandag se berigte dat Amcu die loonaanbod in die platinumsektor aanvaar het en dat werkers die week nog gaan terugkeer werk toe, bevestig nie.

“Ons het nog nie ‘n ooreenkoms met Amcu onderteken nie maar is in kontak met hulle en is hoopvol dat ons binnekort ‘n ooreenkoms sal bereik,” het Johan Theron, woordvoerder van Implats, gesê.

The New Age het Maandag berig dat werkers teen Dinsdag sal terugkeer werk toe nadat Joseph Mathunjwa, president van Amcu, deur verteenwoordigers van die vakbond gedwing is om die loonaanbod te aanvaar.

Amcu-lede by Implats, Amplats en Lonmin het op 23 Januarie begin staak en dring aan op ‘n basiese maandelikse salaris van R12 500.

Platinumprodusente het voorgestel dat die salaris van die laagste betaalde werknemers met R1 000 vir twee jaar en R950 vir die derde jaar verhoog word. Dit sluit ander voordele uit. Die salarisse van beamptes, ambagsmanne en mynwerkers sal in die eerste jaar met 8% verhoog word en met 7,5% in die oorblywende twee jaar. Die voorgestelde skikking is vir ‘n tydperk van drie jaar.

Uitleeftoelae sal nie vir die tydperk van die skikking verhoog word nie. Pensioenfondsbydraes, oortyd, vakansieverlof en skoftoelae sal jaarliks volgens die verbruikersprysindeks (VPI) verhoog word. Die maatskappye het ook beloof om werkers terugwerkend te vergoed binne sewe dae nadat hulle teruggekker het werk toe. Die terugwerkende vergoeding is vir die periode voor die staking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

fiona ·

Laat die hele spul gefire word. Daar is baie ander mense wat werk soek. Wat hardwerkend is. Ek praat van wit en swart mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.