Platinumprodusente, Amcu gaan weer vergader

Stakende Amcu-lede. Foto: @ewnreporter op Twitter

Stakende Amcu-lede. Foto: @ewnreporter op Twitter

Onderhandelinge tussen platinumprodusente en die vakbond Amcu sal na verwagting Dinsdag hervat nadat ʼn nuwe loonaanbod aan stakende mynwerkers gemaak is.

Johan Theron, woordvoerder van Impala Platinum (Implats), sê die maatskappy het nog geen terugvoering van Amcu gekry nadat daar verlede week ʼn nuwe aanbod gemaak is nie. “Dit is nie so maklik vir Amcu om met sy lede oor die langnaweek te konsulteer nie. Ons sal moet wag en sien hoe ons vorder met die onderhandelinge wanneer ons van môre af weer vergader.”

Anglo American Platimun (Amplats), Implats en Lonmin het ʼn nuwe loonaanbod aan Amcu voorgelê in ʼn poging om ʼn einde te bring aan die voortslepende staking in die platinumbedryf. Die nuwe aanbod sal beteken dat intreevlak ondergrondse werkers se minimum kontantvergoeding tot R12 500 sal styg teen Julie 2017.

Mpumi Sithole, woordvoerder van Amplats, sê haar maatskappy sal deel wees van die vergadering wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gefasiliteer sal word. Sue Vey, woordvoerder van Lonmin, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die staking wat op 23 Januarie begin het, het reeds tot gevolg gehad dat werknemers meer as R6 miljoen in inkomste verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.