Platinumstaking: Amcu-leier sê oor aanbod

Joseph Mathunjwa. Foto: miningmx.com

Joseph Mathunjwa. Foto: miningmx.com

Joseph Mathunjwa, Amcu se president, het Vrydagoggend meer duidelikheid verskaf oor of die vakbond en platinumprodusente ʼn ooreenkoms kon bereik het.

Dit volg nadat daar Donderdagaand teenstrydige berigte was oor of die vakbond se lede die nuwe aanbod aanvaar het. Mathunjwa het aan Sapa gesê die vakbond en sy werkers het die nuwe loonaanbod “in beginsel” aanvaar.

“Daar is egter nog kwessies wat ons met die werkgewers moet uitklaar,” het Mathunjwa gesê. “Dit is nie waar dat ons heeltemal die aanbod verwerp het nie,” het Mathunjwa gesê in reaksie op ‘n radioberig dat die vakbond die jongste aanbod verwerp het.

Amcu en die mynmaatskappye Implats, Amplats en Lonmin sal na verwagting weer Vrydag vergader. Die vakbond hou ook Vrydag ʼn mediakonferensie in Marikana, naby Rustenburg in Noordwes, om hul amptelike besluit aan te kondig.

Daar is vroeë berig dat Amcu-lede vir Mathunjwa versoek het om ʼn salarisverhoging van ‘n R1 000 per jaar vir die volgende drie jaar vir platinumwerkers te aanvaar.

Die verhoging vir ambagsmanne en beamptes is 8% in die eerste jaar en 7,5% in die daaropvolgende twee jaar. Kragtens die voorgestelde ooreenkoms sal die leefbaarheidstoelaag nie in die tydperk van die ooreenkoms verhoog nie.

Indien die ooreenkoms aanvaar word, mag die werkers ook nie binne die ooreengekome tydperk staak nie.

Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie by Implats, Amplats en Lonmin. Hulle eis ʼn basiese maandelikse salaris van R12 500. Hulle het die vorige aanbod, dat werknemers teen Julie 2017 R12 500 sal verdien, verwerp. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Weet die mense wat die Unies ‘beheer’, dat hulle lede (veral die nie-stakers wat nie aan die Unie behoort nie) besig is om van die ‘honger dood te gaan?’

Of gee hulle dood-eenvoudig nie om nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.