Platinumstaking: Ooreenkoms “in beginsel” bereik

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Platinumprodusente en die vakbond Amcu het “in beginsel” ‘n ooreenkoms bereik, het die mynmaatskappye Donderdag gesê.

“Amcu sal dié ondernemings met sy lede bespreek ten einde ‘n mandaat te kry van sy lede oor die aanbod en indien hulle die mandaat kry sal dit ‘n einde bring aan die staking wat reeds 21 weke duur,” het Charmane Russel, die platinumprodusente se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Die grondliggende beginsels van die voorstel het ten doel om ‘n volhoubare toekoms vir die drie platinummaatskappye te verseker tot voordeel van alle belanghebbendes en om werknemers die beste moontlike verhogings te verseker in die huidige finansiële omstandighede.”

Lede van Amcu staak sedert 23 Januarie by Implats, Amplats en Lomin in die platinumgordel. Hulle eis ‘n basiese maandelikse salaris van R12 500. Die werkers het tot dusver die maatskappye se aanbiedinge verwerp.

Russel sê die mynmaatskappye verwag om teen Vrydag terugvoer van Amcu te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martie van graan ·

Ag ons vra dat Liewe Jesus hierdie dinge sal verder hanteer, en dit laat uitwerk soos Hy dit wil doen, ons vra dit in Jesus se naam, Jesus U weet hoevell gesinne lei daaronder , Help hulle tog Asb Heer. Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.