Plato maak sy komitee bekend

Dan Plato (regs) is ses gelede as Kaapstad se burgemeester ingehuldig. Foto: Stad Kaapstad/Twitter

Kaapstad se nuwe burgemeester, Dan Plato, sê die burgemeesterskomitee wat hy aangestel het, is nuut, verenig en divers – en het wat dit verg om die Moederstad te dien en die toekoms in te lei.

“Die lede wat ek gekies het om in dié komitee te dien, het reeds hul vermoë bewys om hul pligte met voortreflikheid uit te voer, hul toewyding om saam te werk as ʼn verenigde raad en hul passie om die mense van hierdie stad te dien,” het Plato tydens die aankondiging van die komiteelede gesê.

“Die inwoners van die Stad Kaapstad verdien ʼn goed georganiseerde, korrupsievrye en gefokusde stadsbestuur wat ingestel is op doeltreffende dienslewering aan alle Kapenaars.”

Die span wat Plato sal bystaan om dié doelwitte te bereik, is:

  • Adjunkburgemeester: Ian Neilson
  • Bates en geriewe: James Vos
  • Korporatiewe dienste: Sharon Cottle
  • Finansies: Marian Nieuwoudt
  • Informele nedersettings, water en afval, energie: Xanthea Limberg
  • Maatskaplike dienste, veiligheid: JP Smith
  • Vervoer en stedelike ontwikkelingsowerheid: Felicity Purchase
  • Oostelike gebied: Phindile Maxiti
  • Suidelike gebied: Zahid Badroodien
  • Sentrale gebied: Malusi Booi
  • Noordelike gebied: Grant Twigg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

sterk wit en bruin verteenwoordiging, maar amper niks swart nie. nogal vreemd vir n party wat VIR regstellende aksie en BEE gestem het…
Maar nou ja, darem nie so n flater soos met die wit burgermeester van Nelson Mandelabaai nie. Die dag wat hy die job gekry het, het ek geweet dit gaan nie lank hou nie. En toe word hy uitgestem, nes ek voorspel het…

John Ferreira ·

Hoop en vertrou die gemors en interne binne gevegte sal eersdaags bygele word sodat die DA ondersteuners weer hulle vertroue in die party kan herwin.As jare lange ondersteuner van die DA het ek dit sterk oorweeg om van” koers “te verander. Tyd sal leer hoop ek!!.

Johanna Botha ·

Wel die DA gaan ongelooflik hard moet werk vir die verkiesing …daar gaan bewys moet word dinge verbeter …veral in centurion waar die strate vuil en padtekens oral stukkend is …..vingertrek DA anders gaan julle dit nie maak nie !

John Ferreira ·

Stem geheel en al saam Johanna. Hier by ons in Richardsbaai gaan dinge ook maar daagliks agteruit .Sal nie my geld mors om hier vakansie te kom hou nie.Die strand gebied is tans in n erge verwaarlose toestand en die vermoens en wilskrag ontbreek die plaaslike Stadsraad om die situasie te beredder. Wag in spanning vir die komende verkiesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.