Kaapstad het ’n nuwe burgemeester nadat Dan Plato van die DA vanoggend met ’n groot meerderheid in die amp verkies is.
Kaapstad het 231 stadsraadslede, van wie 208 by die stemming teenwoordig was. Plato het 146 stemme gekry, Xolani Sotashe (ANC) 53 stemme en Grant Haskin (ACDP) 3 stemme.
Sewe raadslede het hul stembriewe bederf eerder as om vir enige van die drie kandidate te stem.
Plato se verkiesing bring ’n einde aan die sewe jaar lange bewindstyd van Patricia de Lille wat verlede Woensdag uit die amp bedank het na ’n lang interne stryd binne die DA.
Die proses om Plato tot burgemeester te verkies het te midde van groot mediabelangstelling in die Kaapse burgersentrum plaasgevind. Dit het 10:00 begin en was teen 11:30 afgehandel.
’n Gemoedelike stemming het in die raadsaal geheers ná Plato se verkiesing, met DA-raadslede wat luidrugtig gesing het terwyl Sotashe hom omhels en gelukwens, en ANC-stadsraadslede hom met ’n handdruk gelukgewens het.
Plato het sy arm in die lug gegooi in ’n oorwinnaarsaluut en die nuwe era het begin.
Veels geluk
Mag hy voort bou op al patricia se goeie dade en bestuur en dit self verbeter. “Haar Kaapstad is glad nie n slegte plek nie dog is daar ruimte vir verbetering
En daar begin die val van Kaapstad, so jammer
Hi Pieter – Jy oordeel nog voor Dan n kans gekry het om homself te bewys, of weet jy van iets wat ons moet weet?
Hoe dink jy wie moes as burgermeester vir verkies word aangesien jy die val van Kaapstad sien.
Nou wie dink jy moes gekies gewees het as jy die val van Kaapstad sien?
Nou toe, Mnr Plato, laat waai en laat wiel. Bewys aan al die draadsitters dat die DA steeds die beste keuse is en dat hulle onthou dat as hulle nie vir die DA genoeg stemme behaal nie, die ANC ONS GAAN REGEER! Hulle sit hul lippe en aflek!
Indien enige lid van die VF teen Plato gestaan het, sou hy of sy van die VF nie eers een stem gekry het nie. Skrif is duidelik aan die muur vir witoorheersing/deelname in SA! Stem DA op nasionale vlak en stem vir ACDP op plaaslike vlak!
Luidrigtig sing!!…….dit klink als soos ANC beheerde stadsraad en oorwinning.
Ons kan almal maar net die kop slud vir die een want dit klink net soos die ANC, die DA wen n stryd teen homself en nou moet ons party!!
Hoe dink jy wie moes as burgermeester vir verkies word aangesien jy die val van Kaapstad sien.
Nou wie dink jy moes gekies gewees het as jy die val van Kaapstad sien?
Hulle kon eerder vit Emo Adams gekies het as burgermeester. Daar is net iets omtrent Plato wat my nie geval nie. Sorry ek stem vir Emo.