‘Plattelandse dorpies kan verarm’

Foto: GCIS

Argieffoto: GCIS

AfriForum het Eskom en die regering Dinsdag gewaarsku dat die nagevolge van die Noord-Gautengse hoë hof se beslissing, dat sekere munisipaliteite se kragtoevoer afgesny mag word, die wankelende ekonomieë van dié plattelandse dorpies gaan verarm.

Die burgerregte-organisasie gaan ook ʼn aansoek aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) rig om die elektrisiteitsverskaffingslisensies van die betrokke munisipaliteite, wat nie aan die lisensievereistes voldoen nie, terug te trek.

Volgens Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, is die hofuitspraak slegte nuus vir klein dorpies se ekonomieë omdat die verkoop van elektrisiteit een van die hoofbronne van munisipale inkomste is. Elektrisiteit is uiteraard ook noodsaaklik vir dorpe se vervaardigingsektore.

“Munisipaliteite gaan minder inkomste genereer omdat besighede hul kragvoorsiening gaan privatiseer of verskuif na die metropole. Uiteindelik word gewone mense, nie die ondernemings nie, vir die wolwe gegooi,” het Pieterse gesê.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, meen die meeste groot maatskappye kry reeds hul krag direk van Eskom en sal nie so erg benadeel word nie. Roodt het gesê kleiner ondernemings sal in die toekoms op alternatiewe metodes van energieopwekking, soos kragopwekkers, moet staatmaak as Eskom die kragtoevoer afsny.

Volgens Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering en omgewingsake by AfriForum, moet elke munisipaliteit ʼn volledige geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) hê. Dit behels onder meer ʼn finansiële en ekonomiese ontwikkelingsplan. Hierdie dokumente, indien dit korrek geïmplementeer word, kan ʼn kardinale rol speel om die afsny van elektrisiteit strategies te verhoed en die ekonomiese uitwerking daarvan te vermy.

Pawson het verder gesê kleiner munisipaliteite het nie noodwendig kundiges wat ʼn behoorlike GOP kan opstel nie. Sonder hierdie ekonomiese en finansiële ontwikkelingsbeplanning, of met verouderde GOP’s, gaan agterstallige munisipaliteite nie in staat wees om Eskom te betaal nie. Kragonderbrekings gaan klein- en medium ondernemings se lewensvatbaarheid ondermyn en ekonomiese groei verhinder. Dit het die potensiaal om Suid-Afrika se plattelandse dorpies ekonomies te vernietig en mense se welvaart in hierdie gebiede uit te wis.

“AfriForum het die swak en ondeurdagte GOP’s van baie munisipaliteite gesien en ons kan tereg bekommerd wees oor die nagevolge van Eskom se kragbesnoeiings op ondernemings, mediese dienste en ander belangrike sektore,” het Pawson gesê.

“Eskom kan geensins daarop roem dat die bevel in sy guns beslis is nie. Suid-Afrika is in ʼn ekonomiese wurggreep, waar die enigste oplossing nou in die politici se hande lê met betrekking tot baie gemeenskappe se kultuur van wanbetaling, die swak administrasie van munisipaliteite, korrupsievlakke binne elke regeringsfeer en die skuldvlakke van staatsentiteite,” voer Pawson verder aan.

AfriForum beplan projekte vir intensiewe deelname aan munisipale beplanning en die bekamping van korrupsie binne elke regeringsfeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hendrik ·

munisipaliteite funsioneer onder die regering sowel as eskom. in werklikheid betasl die regering homself nie. wat gaan die regering nou doen om hul eie sake in die verband reg te stel. ek dink hulle weet self ook nie.

Ansie ·

Is daar al n lys van dorpe wat in die gevaar is van die krag wat afgesny gaan word.

Lance ·

Dit is anc beheerde rade …kannie geld invorder nie en dit wat ingevorder word , word wanbestee of gesteel ….presies wat die mense voor gestem het …so sny af dat hulle net kan wakkerskrik !

steve ·

Ek dink Jy het dit verkeerd… Die in lokasies wat Eskom krag kry stem vir die wat in municipalities’ regeer. Hulle stem vir die wat in die dorpe Bly wat munipaliteits krag kry…

sharon ·

Hulle moet miskien begin waar die oorsaak vd probleem is… Dank bietjie mense af by die munisipaliteite want daar is hoeveel mense wat “spookposte” vul en salarisse trek. Daars mense wat miskien produktief 2 of 3ure per dag werk en die res vd tyd gesels gesels die dag omkry of met ‘n leë tafel sit en besig lyk. Die salarisse is over rated en die bonusse op posvlakke nog meer belaglik… Dit terwyl almal weet hulle verdien nie daardie verhogings of bonusse nie. Om dit volgens verdienste te betaal gaan ook nie werk nie… Want die performance reports gaan onwaar wees.
Ek gaan definitief ‘n keelgat opsit… Want na regte is 80% van ons dorp se rekeninge op datum betaal. Daar is vd hoëvlak werkers wie se rekeninge ver agter is en hulle lag al die pad… Want wie gaan hul krag afsny? Ek sê nogsteeds… Ons moet DIREK by Ek om ons krag per huis aankoop.

Jan Jooste ·

Ek hoop van harte dat Afriforum voortgaan met die hoofaansoek in Maart, veral om uit te wys hoe power die Fabricius uitspraak was. Ek wonder of dit enigsins moontlik is om die agterstallige skuld te vereffen, gegewe kontantvloei in die kleiner munisipaliteite. Eskom behoort in billikheid dieselfde afskrywings toestaan aan almal as wat reeds in Soweto toegestaan is. Kan ons hooggeregshof van Noord Gauteng dalk skuif na een van ons kraglose dorpe? Ek sien graag hoe slim is ‘n regter in praktyk. Voorspoed.

Alida ·

Die plattelandse dorpe het in elk geval verval sedert 1994. Daar is niks oor nie danksy die ANC.

John ·

In die Kaapprovinsie is oulike dorpe wat deur afgetredes heropgebou en in stand gehou word en die besighede bied werksgeleenthede vir die mense in swart woongebiede. Noord lyk sake sleg. ‘n Burgemeester en raad vir ‘n ‘one horse town’ is belaglik. Al wat ooit in sulke plekke ‘gebeur’ is verkeersmanne met spoedlokvalle wat soos arm vissermanne probeer om ‘n eensame baber na die aas te lok vir vannaand se potjie. Die regering maak ‘n fout om die platteland aan sy eie lot oor te laat. Kyk net na die paaie. Kinders kan na die goeie reens verdrink in die slaggate in die dorpe se hoofstrate.

Jan maak n plan ·

Elektrisiteit verkope is die munisipaliteite se hoof inkomste. Hierdie kom hoofsaaklik van blanke en indiër kliente af. Die swart woongebiede kry krag direk vanaf Escom af en word dus nie afgsny nie. Dus word die blanke en indiërs se krag gesny al betaal hulle dit elke maand aan die munisipaliteite.

E ·

Iemand moet my asb reg help. Ek weet absoluut niks van krag toevoer nie, maar kan die munisipaliteit dan nie net die krag van die erwe/huise/besighede wat nie betaal nie afsny? Dis mos nou net sekeres wat nie betaal nie of hoe? moet almal nou onder dieselfde kamp gekskeer?

Baie onregverdig, veral teenoor arme Jan en San wat vanuit hul motorhuis ń ‘sole trader’ besigheid hardloop en persoonlikke belasting betaal volgens gewete en soos die Vader ons leer. En al daardie harde werk om die pot aan die kook te hou.

Elmien ·

Dit is altyd so maklik vir almal om te sê word selfonderhoudend vir die gewone ou in die straat is dit nie so maklik nie. Die mense wat daar bo sit moet begin hulle werk doen en ophou feesvier oor hoe hulle al die land afgebreek het. Beslis niks bereik nie. Dan kan dit al beter gaan. So lank as wat die regerende party aangaan soos wat hulle nou doen is daar geen maar geen voortuitgaan nie, o ja ek vergeet daar is voortuitgaan vir korrupsie.

Henk ·

Ek is van mening dat daar organisasies is, wat terloops nie by die ANC eindig nie, wat wil he dat dorpe en gemeenskappe verarm en wat wil he dat SA soos die res van Afrika onder korrupsie moet voortbestaan.
As dit NIE die geval is nie, is my vraag – waarom registreer die DA, Afriforum, Afrisake, Solidariteit en watter ander organisasies daar ookal is wat eis dat hulle vir die mense van die land optree, dan nie strafregtelike sake van bedrog en korrupsie teen die skuldiges nie?
Of trek julle ook die voordele van die status quo wat in die land gehandhaaf word?

Annatjie ·

Stem so met jou saam Henk. ‘n Vraag wat ek ook al gevra het. Die oudits wys daar is geld weg, onregmatig bestee ens. maar daar kom dadels van. Elkeen het sy nessie lekker uitgeveer en as hy sy pos kwyt is is hy nie verantwoordelik vir die geld wat verdwyn het nie

Johannes Meintjes ·

Verarming kan nie toegelaat word nie. Die ekonomie in SA moet oordeelkundig gebou word. Na mening is die voorstel om munisipaliteite onder administrasie te plaas, van waarde. Belastingbetaalersvereningings, burgerlike deelname aan watervoorsiening en elektrisiteitvoorsiening is in munisipale wetgewing toegelaat. Burgerlike deelname vir effektiewe, voorkomende en volhoubare selfbestuur op munisipale vlak verg elkeen se ingeligde en doelgerigde medewerking.

philicity smith ·

Ek onderskryf ten volle Johan Meintjies hierbo se inset. Bravo!!!

steve ·

Why did Afri take on Eskom instead of laying charges against Municipalities? The big problem here is you have 1000s in locations that use Eskom direct of which many steel it anyway (without consequences) which vote for their political party which run the municipalities which embezzle the money of those living in the towns which use electricity purchased with profit in mind… This profit is then used to employ those thousands from the locations as per govt employment rules… The generator, battery and invertor come to mind… Eventually the system will come to a grinding halt… But still Afri has stuffed up and now proposing help systems? Lay charges against the defauling municipalities and get it over with

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.