‘Please Call Me’-man mag nie met media praat nie

Nkosana Makate se ondersteuners buite die hof. Hulle eis dat Vodacom moet betaal wat hom toekom. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die uitvinder van Vodacom se “Please Call Me”-diens, Nkosana Makate, het Dinsdag ʼn ooreenkoms met die telekommunikasiereus aangegaan dat hy nie weer met die media sal praat nie.

Vodacom het ʼn aansoek in die Pretoriase hooggeregshof gebring om Makate te verhoed om inligting oor hul vergoedingsonderhandelings te verklap.

“Die respondent onderneem dat hy geen vertroulike kwessies, soos vervat in die vertroulikheidsooreenkoms, openbaar sal maak nie en ook nie die inhoud van onderhandelings met enige derde party, insluitend die media, sal bespreek nie,” lui die voorlopige bevel.

Die maatskappy het in hofdokumente aangevoer Makate se optrede verhinder die onderhandelingsproses.

“Die partye sal nie ter goeder trou kan optree as die inhoud van die onderhandelings aan die media uitgelek word nie,” het Vodacom bygevoeg.

Makate is al 18 jaar lank in ʼn stryd met Vodacom betrokke nadat hy nie krediet gekry het vir sy uitvinding nie.

Die konstitusionele hof het in April 2016 beslis dat die twee partye ʼn konsensus moet bereik en moet onderhandel hoeveel vergoeding Makate moet ontvang.

Daar is wyd berig dat Vodacom ʼn geraamde R70 miljard deur die diens verdien het en Makate het aanvanklik 15% daarvan (R10,5 miljard) geëis. Volgens berigte het Vodacom R10 miljoen vir Makate aangebied en beweer die maatskappy kan nie die inkomste sedert 2001 bereken wat bekom is deur die gebruik van die “Please Call Me”-diens nie.

Makate voer aan ʼn geloofwaardige ouditeursfirma beraam dat die 25% wat hy van Vodacom se “Please Call Me”-inkomste geëis het, sou miljarde rand beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Verbaas nie ·

As vodacom so oneerlik met hulle kliente is verbaas dit my nie dat hulle oneerlik is met almal. Vodacom laat my data elke maand verdwyn en elke maand gaan ek na hulle takke maar vergeefs.

Jannie ·

Vodacom skuld hom niks, hy klink vir my na iemand wat iets wil hê wat hy nie verdien nie.

Kosie Kramer ·

Ek het 26 jaar vir Vodacom gewerk, onder andere in Hoofkantoor. As werknemer teken jy `n dokument wat sê dat, as jy in diens van die maatskappy enige uitvindings maak, dit as werknemer is, waar jou uitvinding die eiendom van die maatskappy word en bly. As gebaar van welwillendheid kan jy dalk, miskien, `n bonus ontvang. `n Hele paar van my idees is gebruik, sonder enige vergoeding. Later is `n stelsel ingebring waar jy `n bonus kon ontvang op grond van die geld wat die maatskappy spaar/verdien uit jou kreatiwiteit.

Ek weet nie of Makate `n soortgelyke dokument onderteken het nie. Indien wel, is hy net `n geldsoeker, wat sy etnisiteit gebruik vir afpersing. R10 miljoen is nie te versmaai nie.

Die uitvinder van die Swatch-horlosies, het maar `n 800 euro bonus ontvang, terwyl die maatskappy biljoene verdien het. Dis hoe die lewe werk. Al wanneer jy baie geld verdien, is wanneer jy jou idee patenteer en die intellektuele eienaar daarvan word/bly.

B ·

100% korrek Kosie!

Daar is gewoonlik drie kante van ‘n saak. My persoonlike opinie is dat hy niks moes kry. (Dalk ‘n welwillendheidsbonus, maar dis al)

Piet Pompies ·

Enige uitvinding wat ‘n werknemer gedurende werksure, met werkgewer se toerusting gemaak het bly die werkgewer se eiendom. Indien ‘n werknemer die uitvinding by sy huis gemaak het en daar getoets het en toe na sy wergewer toe gebring het, is hy die uitvinder daarvan en kan aanspraak maak op vergoeding. Dit is ‘n kwessie van reus teen enkeling.

Johan ·

Wat is dit met die “STOP RACISM” bord? Word Vodacom nie deur ‘n meerderheid nie blanke persone bestuur nie? Of mis ek iets?

Nettie ·

@Johan, het jy nie geweet as die donker etniese groep mense in SA nie hul sin kry nie, dan trek hulle die raskaart of haal hulle Apartheid op nie? Dit is al manier waarop hulle enige argument hoegenaamd kan wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.