Pleidooi om donkies te help beskerm

Die perde- en perdrybedryf (CEEPSA) het op die vooraand van Wêrelddonkiedag gesê die slagting van donkies moet gestuit word (Foto: CEEPSA)

Die slagting van donkies moet gestuit word.

Dít is die oproep van Suid-Afrika se raad vir professionele mense in die perde- en perdrybedryf (CEEPSA) op die vooraand van Wêrelddonkiedag op 8 Mei.

Die raad het ʼn beroep op mense gedoen om kragte saam te snoer om die diere se welstand te help verbeter.

CEEPSA is ʼn niewinsgewende organisasie wat hom beywer vir die welstand van alle perde, donkies en muile. Die organisasie help ook om die verhouding tussen plaaslike gemeenskappe en munisipaliteite te versterk om donkies te beskerm en, waar nodig, te rehabiliteer.

“Die slagting van donkies moet einde kry,” sê Allister Jack, ʼn uitvoerende direkteur van CEEPSA.

“Die steel van donkies het ʼn regstreekse uitwerking op die inkomste van mense in ons gemeenskappe. Baie mense is afhanklik van hul donkies om hulle met arbeid te help en kos op die tafel te sit,” sê Jack.

CEEPSA moedig mense, en plaaslike owerhede, aan om die organisasie te betrek by die vestiging van rehabilitasiesentrums, om nuwe huise vir donkies te help vind en in die algemeen die diere se welstand te help verbeter.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het in Maartmaand ’n vragmotor in die Mooirivier-streek in KwaZulu-Natal voorgekeer en ongeveer 100 donkies gered (Foto: Mooi River & District SPCA, Facebook)

Die pleidooi kom veral ná ʼn onlangse voorval waartydens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ’n vragmotor in die Mooirivier-streek in KwaZulu-Natal voorgekeer en ongeveer 100 donkies gered het.

Maroela Media het vroeër berig die donkies was op pad na Lesotho om vir hul velle geslag te word.

Die donkies was in ʼn haglike toestand. Sommige het ernstige uitwendige parasietinfeksies sowel as oop wonde gehad.

Die ses insittendes in die vragmotor is ook in hegtenis geneem.

Die NDBV het verlede maand gesê die ses is skuldig bevind op aanklag van dieremishandeling, asook dat hulle onwettig in Suid-Afrika is.

Die landdros het hulle ʼn boete opgelê. Hulle kon dit egter nie betaal nie en dien nou tronkstraf uit.

Grace de Lange, ʼn senior inspekteur van die NDBV en bestuurder van die plaasbeskermingseenheid, sê die meeste van die donkies het reeds nuwes tuistes gekry.

“Ons is dankbaar dat die donkies gered is en dat geregtigheid geskied het,” sê De Lange.

Die NDBV het meer as vyf jaar gelede begin met die ondersoek na die donkievelhandel toe groot hoeveelhede donkievelle onverklaarbaar op verskeie plase aangetref is.

Later is vasgestel dat die velle gebruik word om ʼn tradisionele Chinese medisyne genaamd “ejiao” mee te maak. Die donkies word soms lewend afgeslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sandra ·

Dit is nou die laagste van laag. Om ‘n donkie te wil slag en eet, of om hulle velle te gebruik, en dit lewendig te doen. Ek sal van my kop af raak om te dink watse pyn ‘n donkie het in so ‘n geval. Ek dink dis ‘n skande van epidermiese proporsies dat donkies ook nou vir hulle lewens moet vrees oor die Chinese wat nou weer iets met die velle doen. Asof hulle nie genoeg probleme al klaar het met die Covid nie. Soms dink ek dat hulle probleme en die diere en middels wat hulle glo help wat van diere afkomstig is en die feit dat Covid glo daar begin het, hou verband met mekaar. Maar ek is nie ‘n deskundige nie.

Di ·

Die Chinese is ORAL betrokke in ons land wanneer dit kom by die onwettige slagting van die diere. Die onwettige immigrante in hierdie land verwoes als en die Regering doen net mooi niks om die duisende wat onwettig in die land is op te spoor en terug pos waar hulle vandaan kom. SA is mos die land van melk en heuning, en om nie eers te praat van die korrupte spul by die grensposte nie.

Windpompi ·

Gaan google ejiao. Donkiegelatien. Hulle doen dit al vir jare. Hierdie is ‘n ou artikel van 2019: Over the past 6 years, Chinese traders have been buying the hides of millions of butchered donkeys (Equus asinus) from developing countries and shipping them to China, where they’re used to manufacture ejiao, a traditional Chinese medicine. The trade has led to an animal welfare nightmare, along with a threat to donkey populations, the severity of which is only now emerging. Without drastic measures, the number of donkeys worldwide will drop by half within 5 years, according to a 21 November report by the Donkey Sanctuary, an international equine welfare charity based in Sidmouth, U.K. The crisis threatens many of the world’s rarer donkey breeds and a vital means of transport for the poor. But it is also spurring new studies of donkey biology—including how to speed their reproduction.

Rudolph ·

Is daar ‘n morele verskil tussen ‘n donkie en ‘n bees doodmaak vir sy liggaamsdele?

isabelle ·

ek het Carte blanch gekyk oor hoe hul hierdie diere so verniel en wrede pyn veroorsaak

my hart breek as ek moet dink aan wat die diere moet deur gaan
MENSE IS VERONDERSTEL OM TE HELP
Geen respek vir mekaar wat nog van diere :(

Sarel ·

Eers ons Renosters uitgeroei nou ou Esel…en fit is die Regering se bedmaats

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.