Pleidooi oor plaasmoorde aan ambassades oorhandig

Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum oorhandig memornadum aan George Velten by Duitsland se ambassade Foto: AfriForum

Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum oorhandig memornadum aan George Velten by Duitsland se ambassade Foto: AfriForum

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Maandag sy nasionale maand van protes teen plaasmoorde afgesluit met ’n bewusmakingsveldtog by ambassades in Pretoria.

Henk Maree, nasionale woordvoerder, het gesê memorandums is by sowat 15 ambassades in die stad afgelewer waarin ’n pleidooi vir die prioritisering van plaasmoorde gelewer is.

Verteenwoordigers van die organisasie is by die meeste ambassade-kantore verwelkom en ingelig dat die missies bewus is van die werk wat AfriForum doen sowel as die stryd wat teen plaasmoorde gevoer word.

AfriForum het versoek dat die lande druk op die ANC-regering moet plaas om die regte van minderhede te beskerm en indringend na plaasmoorde te kyk.

Van die ambassades en hoë kommissariate waar die memorandum oorhandig is, sluit in Duitsland, Namibië, Swaziland, Frankryk, Groot Brittanje, Switserland, Ghana, Angola, Hongarye en die DRK.

Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum

Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum

By die Duitse ambassade het George Velten, verteenwoordiger wat die memorandum ontvang het, gesê dit is algemeen bekend dat misdaad ’n probleem in die land is. Die kwessie van plaasmoorde is wel al by konferensies in Duitsland bespreek.

Die Nederlandse ambassade is bewus van AfriForum se veldtogte en het onderneem om die memorandum aan Marisa Gerards, ambassadeur, te oorhandig, wat dit op haar beurt onder haar regering se aandag sal bring.

Nicklaas Kandjii, waarnemende hoë kommissaris van Namibië, het Maree te woord gestaan en gesê AfriForum se pleidooi sal ook aan dié land se regering gekommunikeer word.

’n Verteenwoordiger van die Hongaarse ambassade het gesê sy is bewus van die kwessie van plaasmoorde in die land en ook van die omvattende veldtogte wat AfriForum in die verband doen. Sy het gesê Andras Kiraly, ambassadeur, sal kyk na die dokumentasie wat AfriForum, ingehandig het.

Dié veldtog kom nadat die regering verlede week op twee verskillende forums van onder meer een die VN dit duidelik gemaak het dat hy geen ag slaan op die regte van minderhede of boere in die land nie.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van die AfriForum, is verlede week in Genève deur die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger by die VN daarvan beskuldig dat organisasies soos AfriForum, wat op die prioritisering van plaasmoorde fokus, “apartheid-simpatiseerders” is.

Roets het teruggekap en tydens die konferensie gesê dat die Suid-Afrikaanse regering se opmerking uiters beledigend teenoor minderheidsgemeenskappe is en ’n aanval is op die menswaardigheid van plaasmoordslagoffers.

Hy het ook die inkonsekwente optrede van die Suid-Afrikaanse regering uitgewys. “Die regering is vinnig om aan te voer dat dit nie sin maak om plaasmoorde te prioritiseer nie, aangesien dit deel van ’n breër kategorie van misdaad is,” het Roets gesê.

By ʼn ander forum waartydens daar gestem is oor die rol van kampvegters vir menseregte, het die Suid-Afrikaanse regering aanvanklik téén en toe later weer ten gunste van die resolusie gestem. “Hierdie gedrag deur die regering stuur ʼn duidelike boodskap. Dit is voor die hand liggend dat menseregte, en in besonder die regte van minderheidsgroepe, binne Suid-Afrika, nie vir die ANC-regering belangrik is nie,” meen Maree.

Maree het die boodskap by ambassades oorgedra dat die plaasmoordsyfer in Suid-Afrika vier keer hoër is as die algemene moordsyfer. Dit maak boere die grootste teiken om aangeval en vermoor te word. Maree het ook verwys na die brutaliteit wat dikwels met die moorde gepaard gaan. Só is Attie Potgieter, sy vrou, Wilma, en hul 2-jarige dogtertjie, Willemien, in 2010 uiters wreedaardig op hul plaas buite Lindley in die Vrystaat vermoor.

Die regering en polisie het dié moorde veroordeel, maar sedertdien bitter min gedoen om die krisis in die land te pak of plaasmoorde te prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johannes ·

Ek is lid van Afriforum en steun hulle 100%….

…maar ek begin al hoe meer wonder wat petisies en pleidooie ons help. Net mooi NIEMAND gee om nie. En hierdie terroriste regering waaraan ons uitgelewer is doen net wat hulle wil met ons.

Is dit nie maar tyd om ons eie gewapende mag op die been te bring om ons en ons boere te beskerm nie? Miskien neem die ANC terroriste (en die wereld dan kennis).

Henry ·

Wonderlike werk Afriforum!
Volgende keer moet julle die groot base van die multinasionale maatskappye insluit.
BMW, Mercedes, CAT, Volvo ens.

CB ·

Baie dankie, al julle harde werk word uiters wardeer. Dankie dat julle iets doen inverband met die situasie in SA en nie agter oor sit en kretiek lewer nie. Julle stemme word gehoor.

CB ·

Dankie aan maroela dat julle ons op elke vordering ingelug hou.

anna ·

baie dankie afriforum. ek hoop die lande kan druk op die anc plaas

Bach ·

Julle lewer uitmuntende diens op soveel terreine. Ek is trots om lid te wees en steun jul graag finansieel.

Shannon ·

Weereens, die soveelste protes, die soveelste bewusmakingsveldtog.

Help dit ?

Gertjie ·

Sluit aan by AfriForum.
AfriForm het jou nodig en jy het AfriForm nodig.

Jan ·

Baie dankie Afriforum vir julle goeie werk en volgehoue veldtogte.

Noeline ·

Baie dankie Afriforum! Julle is sterre en ons waardeer julle deursettings vermoe om hierdie sooo! Belangrike saak te dryf!!

vermeende ·

Ek steun alle pogings maar vra dan ook, wanneer is genoeg genoeg. Vir 20jaar slaan niemand ag op ons hulp krete nie. Nie eers die moord op ‘n wit baba laat die wereld reageer nie.
My uitgang punt is. Vir 20 jaar is dit die een veldtog op die ander. Die buite wereld dra al lankal kennis van plaasmoorde. Daar word ook gereeld bak hand VN toe gehardloop vir hulp maar geen hulp word verleen nie.
Hierdie strategie werk duidelik nie vir ons nie of die wereld dink dit is ons verdiende loon.
Ek dink dit is tyd om ons stemme dik te maak en eise te stel en dit dan toepas.
BV: gee ‘n spertyd anders beskerm ons, ons self!

Delta Mike ·

Johannes en Fanie jul kommentaar is 100% korrek, vir die buitelande bestaan ons reg op voortbestaan in ons eie land nie, jare se bewusmaking en veldtogte het tot op hede nog absoluut niks verander nie, vir die volgende 20 jaar sal optogte, pleit, smeek, mooi praat, bewusmakings veldtogte ens ens niks verander nie. N streep trek en bewys dat tot hier en nie verder nie sal vinnig die terroris anc regering sowel as buitelandese media se aandag trek. n Eie teeninsurgensie reaksie eenheid gebaseer op die ou veiligheids en spesmagte se operasionele opsporing en vernietigings tegnieke sal vinnig n boodskap stuur aan die plaas aanval terroriste. n oog vir n oog en n tand vir n tand, geen genade, geen trokstraf. Plaas aanvallers word soos helde in tronke aanvaar.

Johannes Meintjes ·

Baie dankie AfriForum. Ek het al self namens Frontline Fellowship boekpakkies by die ambassades in Arcadia afgelewer. Dit is harde werk om parkering te vind en dan die sekuriteitsprosedures te eerbiedig. Daars hy, nou kan almal weer rustig agteoorsit en wag vir … wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.