Pleidooie vir formulemelk op sosiale media ‘onwettig’

Die departement waarsku ook teen tuisgemaakte formulemelk. (Foto: Unsplash)

Verlede week se groot onrus in veral KwaZulu-Natal het ook gelei tot ʼn ernstige tekort aan formulemelk in sekere gebiede, maar die departement van gesondheid waarsku dat oproepe vir die skenking en verspreiding van formulemelk vir babas “onwettig” is.

“Die regering het regulatoriese raamwerke vir die bestuur van kommersiële formule vir babas. Dit word dus aanbeveel dat skenkings vir formulemelk deur die provinsiale gesondheidsdepartement gedoen word,” sê Popo Maja, woordvoerder van die departement.

Maja sê die provinsiale departemente sal die ontvang van geskenkte formulemelk fasiliteer om te verseker daar word aan bepalings voldoen. Skenkers sal dan na die regte amptenare op distriksvlak verwys word .

“Dit is ʼn tydelike maatreël om die uitdaging te bowe te kom en sal mettertyd hersien word terwyl die situasie weer na normaal terugkeer.”

Die departement het mense ook gemaan om nie resepte vir sogenaamde tuisgemaakte formulemelk te gebruik nie, omdat dit skadelik vir babas kan wees.

“Die tuisgemaakte resepte kan moontlik nie genoeg of dalk te veel van sommige voedingstowwe bevat nie en veroorsaak dat babas siek word en diarree kry,” sê Maja.

“Ons doen ʼn beroep op ma’s wat nie borsvoed nie, om nie die resepte of enige ander ongeskikte produkte, soos koffie- of teeverromers, of tee met of sonder suiker of kondensmelk, te gebruik nie.”

Die departement sê mense moet ophou om verkeerde inligting wat borsvoeding ondermyn te plaas en te deel.

“Die regering wil belanghebbendes herinner dat niemand, ingevolge wetgewing, fomulemelk vir babas mag bevorder nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Nie Verbaas ·

Dit vir die departement stuur? Nee, dan is dit weg of word vir eie gewin verkoop. Wie vertrou nog die regering na alles wat al blootgele is?

Josua ·

Nou praat jy mos absoluut die waarheid net nog n bewys hoe hulle alles wil beheer en ja daar is wel veiligheid betrokke dit verstaan ons almal maar dit is nie regtig hul agenda as bekommernis nie dit kan goed vergelyk word met die nuwe wapen wet wat hulle wil implementeer sit een en een bykekaar en maak dan jou afleiding en ons regering se agenda en geskiedenis die afgelope 27 jaar sreek ook boedele van hul agendas!!!!!!!

Florina ·

Ek stem 100% saam met jou. Soos aan die begin van die inperking toe daar vir die behoeftiges kos geskenk is en in “ander grypende se hande” GEGEE is. Nou moet hulpelose, onskuldige en honger babas maar skree en honger wees. Want hier is ‘n kans om NOG ‘n paar R’jies te maak MET ‘n wins. Hulle moet maar weer gaan plunder! Los die tv’s, wasmasjiene en ander luukshede! Gaan vir die blikke melk. Verkoop dit dan maar onder mekaar. Dis nou AS daar nog oor is.

Deon ·

Ek verstaan dat mens nie sommer enige strooi kan meng en vir n baba kan gee nie, maar as iemand n paar ekstra blikke melk het WAAROM KAN HULLE DIT NIE AAN n MOEDER SKENK WIE SE BABA DIT NODIG HET NIE!!!!

VaalDonkie ·

Die wet is vertraag. Maar dis die wet. Ek stem nie daarmee saam nie. Maar nou ja.

Carel ·

OK. Watter wet? Wat is geslryf in hierdie wet? Niemand het nog hierdie vraag gevra nie. Dis te maklik vir Popo Maja om te se die wet se so, maar watter wet, dat ons self kan lees!

Dirk Mostert ·

My kinders het geblikte melk gekry. Die regering moet minder regeer. “He who governs least governs best”

Miskruier ·

Blik melk is ongelooflik duur en daar is baie babas in die land.

Lindi ·

Is hulle nou heeltemal gek? STUUR dit vir die departement vir verspreiding? RERIG? Hoeveel van hulle het babas? Wat die tuisgemaate respte aanbetref – daarmee stem ek saam. Dis gevaarlik vir die babas.

Mckayla ·

Luister, ek is ‘n ma, en ek was al in n situasie waar ek nerens kon melk kry nie want al die winkels is toe en dis lockdown so ek was tot hospitaal toe, tot hul kon my nie help nie en my baba het on op houdelik geskree vir haar melk. So as ek in so situasie was sou ek ook almal gevra het vir hulp met melk want ek is nie so gelukkig om te kon bosvoed nie, en haar melk is haar melk sy gaan nie settle vir n tee of n bietjie pap of watokal nie. Onwettig. daar is baie flippen goed wat onwettig is wat meer skade doen as om iemand te help met n blik melk.

VaalDonkie ·

Ek voel jou. Sien my kommentaar hier iewers op die blad oor ons eie ondervinding.

Gert ·

As van die formule melk wat deur apteke, kettingwinkels ens. verkoop word nie aan die vereistes voldoen nie, hoekom het die departement van gesondheid dan nie reeds gestop nie.

VaalDonkie ·

Want die goeie goed kos baie geld en die minder goeie goed is darem beter as niks. Selfs die twak wat Nestle maak het darem genoeg voedingstowwe is wat die kind nodig het, dis maar net die suikerinhoud wat veels te hoog is. Jy’s nie veronderstel om ‘n kind suiker in te gee nie. Hulle het vet en proteine nodig om reg te ontwikkel. Maar dit daar gelaat. Die sub-standaard produkte is heelwat beter as wat hulle voorgee, dis net nie ideaal nie.

VaalDonkie ·

Ja so het ons drie jaar gelede gesukkel om die spesiale formule vir premature baba’s in die hande te kry. Ek het toe besluit om nie ander mense ook deur daardie hel te sit nie en wou ‘n besigheid stig wat spesialiseer in premies se behoeftes. Dis toe dat ek uitvind jy mag GLAD NIE formule melk adverteer nie.

Kyk, ek weet moedersmelk is baie beter, maar met die stres van ‘n kind wat in die neonatale hoesorg eenheid le, droog sommige moeders se melk op. En dan is dit ‘n helse stryd om die spesiale premie-formule te kry want niemand hou dit aan nie. En die wat dit wel aanhou, mag nie adverteer nie. Intussen moet jy letterlik ander vroue vra of hulle nie van hul borsmelk wil skenk nie. Dis vreeslik.

ᛄᚪᚾ ·

Maroela Media, volg bietjie op. Dis darm absurd. Verwys ons na die ‘wet’ of ‘regulasie’ wat dit verbied, “Popo Maja, woordvoerder van die departement”. Dit herinner so aan laasjaar se skielike verbod op die verspreiding van huishoudelike hulp aan mense wat hard geraak was deur die pandemie. Ek ril sommer

Rian ·

Idiote. Ek sal melk formule skenk aan wie ek wil, maar NIE AAN DIE REGERING NIE. Wie de hel dink hulle is hulle!

Biker mice ·

Die departement gaan dit “fasiliteer”…rerig????…pwahahaha…whateva

Jenny ·

Liewe deug, wat ‘n absurde wetgewing. Ek stem dat tuigemaakte formule melk kan nie werk nie. En dan hoekom haal hulle nie die formule melk van die rakke af nie. mensig, moet die baba van honger doodgaan??? Met my oudste kind kon ek nie borsvoed nie en die enigste melk wat hy kon drink was dit wat van soya gemaak was. Ek dink die Re……..ng se koppe het uitgehaak PUNT.

Alleen Wolf ·

Die enigste ding in Suid Afrika onwettig is die regering.

Janine ·

Al 4 my kinders het op formule melk grootgeword. Nie een was sieklik of ondervoed nie. Wat het geword van jou eie besluite neem? Belaglik!

Fedup ·

This circus just never seize to shock us.
Unlawful?
If they kept their hordes of children in check, people would not have had the need to ask for help.
Common sense went missing again.

Pierre ·

Ek betaal vir die melk, ek besit dit en kan uitdeel vie wie ek wil

Carel ·

Popa Maja, na watter wet verwys u? Publiseer die wet nommer en titel dat ons self kan lees wat in die wet bepaal word. Maroela, kan julle dalk bietjie ondersoekende joernalisiek hier pleeg en ons help met ‘n verwysing na die wet asseblief.

Hannelize ·

Uhmmm NEE.. Ek sal dit beslis nie vir die departement stuur nie… Hulle gee dit vir die selfde mense wat die gemors veroorsaak het!! Nog nooit was dit ‘n probleem gewees as welsyns org vra vir melk nie. Nou skielik is dit?

Hanna ·

Geen manier… Net sodat dit aan die “looters” wat nie verder as “the moment” kon dink nie, kan gee?…

Johnny ·

Hierdie minister praat absolute snert. En dis diplomaties gestel.
Die enigste regulering van formulemelk is by die standaarde wat betref die samestelling en die vervaardigingsproses. Daar is geen beperking op wie dit mag verkoop of aan wie nie.
Hierdie stelling is deel van die regime se eiewaan dat hulle alles mag beheer en oorneem. Dis suiwer kommunisties.
As jy na hierdie amptenare luister, moet jy jou kop laat lees.

pestilensie ·

Dit laat my kwik die hemele invaar , ewe skieliks wil hulle eerste wereld wees in n tyd waar al hulle besluitneming derde werelds is

Casper ·

Weereens wil hulle die monopolie hê al kry babas swaar.Hulle voel vere vir ander mense in nood.Hier sien iemand weer geld.

Skim ·

Iemand wat in vandag se tye enigiets vir ‘n departement in die staat wil skenk, moet gek wees. Dis so goed jy strooi jou geld in die wind. En by the way my ma het my basies op rooibostee grootgemaak in die 60’s, want ek kon nie melk drink nie en ek het geen kwale of skete oorgehou nie.

Pieter ·

Ai julle klomp anc slimmes met julle graad een wat julle op skool gehad het maak n mens siek

Mrs H ·

Dis n nood toestand! Babas mag nie goedgekeurde formule melk kry nie, maar ons moet vir inentings gaan waarvan niemand niks weet nie?!

VaalDonkie ·

Sit die poeier in Ellis Brown “coffee creamer” houers en stuur daai na die ouers toe.

Sarel ·

Wie soek nou Formule vir Babas
Nou moet skenkings Staat toe gaan en dan???

marius ·

Nee ! Nie eers ‘n vrot appel deur hierdie spul se hande nie !

Petrus Johannes ·

Nooit dan is kinders al dood en al die melk weg Simpel verby

Bytjienw ·

Regeringsinstansies wil alewig ‘n vinger in elke “pie” hê! Hulle het net die vermoë om in alles ‘n manier te kry om hulself te bevorder. Nou’s dit “onwettig” om formule aan iemand te skenk, maar sou dit nodig gewees het as hul interne faksies nie die situasie in die land geskep het nie??

Andries ·

Weereens ‘n poging om die verspreiding te kaap vir eie gewin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.