Pleitooreenkoms met verdagte in internasionale porno-netwerk verwerp

Argieffoto

Argieffoto

Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het ʼn pleitooreenkoms van ʼn man van Plettenbergbaai in die Wes-Kaap wat moontlik bande het met ʼn internasionale pornografie-netwerk, wat onder meer die verkragting van babas behels, verwerp.

Die 38-jarige rekenaartegnikus, wie se naam nie bekend gemaak mag word alvorens hy gepleit het nie, het Maandag weer in die Knysna-streekshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die besit van kinderpornografie. Hy is op 13 Januarie verlede jaar in hegtenis geneem en kort daarna op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die voortslepende saak is Maandag vir pleit- en vonnisverrigtinge op die hofrol geplaas, maar uitgestel weens onsekerheid oor die klagstaat.

Carl Jeppe, die man se prokureur, het aan die hof gesê dat hy sy kliënt se pleitooreenkoms ingedien het, maar Donderdag deur die DOV ingelig is dat die aansoek verwerp is. Jeppe het gesê ondanks die DOV se besluit, is sy kliënt gereed om te pleit. Hy het egter uitgewys dat hy bewus is dat daar verskillende weergawes van die klagstaat is.

Jeppe het verduidelik dat die aanvanklike klagstaat verband gehou het met meer as 179 000 foto’s en beeldmateriaal. Hy het reeds daarop beswaar gemaak waarna die klagstaat gewysig is na aanklagte wat verband hou met sowat 51 000 foto’s en beeldmateriaal.

Die saak is tot 17 Oktober uitgestel om duidelikheid oor die kwessie te kry.

Die man was die eerste van ʼn aantal Suid-Afrikaners wat in hegtenis geneem is as deel van die polisie se Operasie Cloud 9, ʼn voortdurende ondersoek in samewerking met die Belgiese polisie wat spesifiek op die been gebring is om die seksuele uitbuiting van kinders aanlyn te ondersoek. Die pornografiese netwerk is blykbaar ʼn aanlyn platform vir pedofiele. Van die foto’s en video’s wat daarop vertoon word, behels glo die mishandeling en verkragting van babas.

Talle mense wat glo deel is van dié netwerk is reeds wêreldwyd in hegtenis geneem en word in hul onderskeie lande verhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sandra ·

Mnr Jeppe, of jou klient 1 of 50 foto’s en beeldmateriaal in sy besit het van onder meer die verkragting van babas – behoort hy permanent uit die sameleweing verwyder te word. Hy is siel-siel vrot.

Adeline ·

Se ek ook Sandra, daai soort moet permanent verwyder word, en so ver as moontlik van kinders afgehou word. Ek weier om te glo so tipe kan weer in die samelewing opgeneem word. Verrot tot in die siel.

M. Malan ·

Moenie fotos van halfnaak kinders by brigte plaas nie asseblief!!! Julle is so vindingryk met fotos ek is seker julle kan ‘n ander ‘stock’ foto kry wat by berigte oor kinderpornografie sal pas waar ‘n kind nie uitgebeeld word nie. Ek weet nie hoekom kan julle dit nie verstaan nie. Baie dankie!

MissDemeanor ·

Ek stem saam jou. Die foto hier laat mens voel asof jy na ‘n kind kyk wat probeer om himself klein te maak om te skuil teen mishandeling. Presies die tipe ding waarvan mense wat kinders seermaak hou.

Sune van Heerden ·

Dagsê M Malan en MissDemeanor

Dit was glad nie ons bedoeling om enige foto te publiseer wat aanstoot sou gee of enigiemand sou ontstel nie. Ons het die foto gewysig en vra om verskoning indien julle hierdeur ontstel is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sydney ·

Hoe kan so ‘n geleede persoon homself ‘n mens noem. Adeline ek ondesteun jou geheel en al waarom hom nog verhoor hy is skuldig alreeds. Sy saak sal uitgestel word keer op keer en ons moet belasting afstaan aan sy hofsake. Ek praat “street justice” goed nie. DAARDIE manne sal sy gal vir hom goed werk siende dat die doodstraf nie meer daar is nie.

Hendrik ·

Al pleit die persoon moet hy nog steeds die maksimum straf kry.

Tersia Smit ·

Dit is verskriklik om te dink dat ‘n man sover kan gaan! Net die slagtersmes vir hom! En ek stem saam lewenslank vir hom is die antwoord.

Meraai ·

Stem 100% . 51 000 of 179 000 foto’s te veel! Hulle moet na die uithoek van die aarde verban word(yslik koud of helwarm), omdat die doodstraf kwansuis nie menslik is nie! Wat maak jy met iets wat nie ‘n mens genoem kan word nie?
Geen mens behoort die reg tot menslikheid te hê as hy iemand se menswees skaad of soos in die monsters se geval, heeltemal wegvat nie! Hoe van die pad af moet jy nie wees om enige erotiese gedagtes oor ‘n onskuldige kinderlyfie te hê nie! Siek-siek-siek!

lettie ·

Hierdie oortreders het nie siele nie, want dis reeds uiverkoop aanSatan!

Justice ·

Dat die pedofiel nog regs verteenwoordiging kry wat namens hom `n pleitooreenkoms wil aangaan gaan my verstand te bowe.

Mamparra ·

Ek weet van iemand wat onskuldig in so ding betrek is. Hy het nie eers geweet dis deel van die goed wat hy afgelaai het van Kazaar af nie. Volgende oggend toe arresteer hulle vir hom. Kruisig hom as jy voor jou siel weet hy is skuldig, nie as jy net so dink nie. Hoeveel keer was jy al verkeerd in jou lewe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.