Pleitooreenkoms ʼn moontlikheid in baba-porno-saak

Argieffoto

Argieffoto

Die Knysna-streekshof het Dinsdag gehoor ʼn pleitooreenkoms is weer op die tafel in die saak van ʼn man van Plettenbergbaai wat daarvan beskuldig word dat hy deel was van ʼn gruwelike babapornografie-netwerk.

Dit volg nadat die man se pleitooreenkoms in September verlede jaar verwerp is. Die 38-jarige rekenaar-ingenieur, wie se naam nie bekend gemaak kan word tot hy gepleit het nie, het vir die eerste keer sedert die klagstaat afgehandel is, vlugtig in die hof verskyn.

Die opstel van die klagstaat het tot verskeie vertragings in die saak gelei, wat nou al meer as twee jaar op die hofrol is. Een van die kwessies met die klagstaat was dat die direkteur van openbare vervolging wou hê dat die man individueel aangekla moet word op elke betrokke foto en dat elke foto in die klagstaat beskryf moet word. Die staat het aangedui daar is meer as 179 000 foto’s wat met die saak verband hou.

Die foto’s is glo gevind toe Belgiese en Suid-Afrikaanse polisie op 13 Januarie 2015 op die man se huis toegeslaan het. Hulle het lêers met duisende foto’s en video’s van gewelddadige aanvalle gevind en internetadresse van meer as 300 ander vermeende pedofiele.

Die staat kon vroeër vanjaar reeds die klagstaat afhandel.

Daar was verlede jaar ook ʼn kwessie met die klagstaat, toe die man ʼn pleitooreenkoms ingedien het ná maande se onderhandelings, maar die direkteur van openbare vervolging het dit in September verlede jaar verwerp. Een van die redes waarom die ooreenkoms verwerp is, hou verband met die getal foto’s. Daar was aanvanklik 179 000, maar die man se prokureur het aangevoer daar is duplikate en dit is uiteindelik net meer as 50 000. Die klagstaat sluit nou alle oorspronklike foto’s in.

Die saak is tot 20 Februarie uitgestel waar die pleitooreenkoms aan die direkteur vir openbare vervolging oorhandig sal word.

Die man is die eerste Suid-Afrikaner wat in hegtenis geneem is as deel van Cloud 9, ʼn internasionale operasie om ʼn wêreldwye kinderpornografienetwerk hok te slaan. Die foto’s sluit die mishandeling en moord in van babas wat slegs ʼn paar dae oud is.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico K ·

Hoekom wil die staat ‘n pleitooreenkoms aangaan. Dit klink tog of hul genoeg bewyse het.

Grassie ·

‘n Pleitooreenkoms begunstig gewoonlik die beskuldigde. Die enigste ooreenkoms wat na my mening hier van pas sal wees, is as die “man” onvoorwaardelik skuldig pleit en ‘n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf aanvaar. Maar dit gaan nie gebeur nie. As die staatsaanklaer in hierdie saak sy sout werd is sal hy ‘n groot geveg aan die gang sit, anders gaan ons maar ‘n redelik afgewaterde vonnis sien.

Helene ·

Christa ek stem saam met jou. Jesus is onuitspreeklik lief vir kindertjies.
Ek hoop waarlik dat hierdie netwerk van pedofiele tot op die murg oopgevlek sal word.
Hierdie Suid Afrikaner is skuldig. kry klaar met sy verhoor en geen pleitooreenkoms nie asseblief. Julle mors die staat se geld, die howe se tyd en die belastingbetaler se geld. Ek ys as ek dink dat my pragtige witkop kleindogtertjie in sulke boosdoeners se hande kan val.

Reinette ·

Pleitooreenkoms se gat. Hierdie man is n spesiale soort siek. Ek wil nie so iemand in ons samelewing he nie.

Nee ·

BABAPORNOGRAFIE? Kan enige mens laer as dit daal om die weerloosste van weerloosstes uit te buit? GEEN pleitooreenkoms, sluit toe tussen ander verkragters en GOOI DIE SLEUTEL WEG.Babas VAN ‘N PAAR DAE OUD? Hoe siek is die mense? Leef hulle actually tussen ons?

Andre ·

Ek let op dat vorige komentaar, myne insluitend, wat verwys het na die doodstraf vir sulke monsters, verwyder is… Vryheid van opinie? Pleit van ‘n nasie?
Ek herhaal, DOODSTRAF!

Mientjie ·

Waar enige mense regte, veral kindertjies wat nie hulself kan verdedig nie is die DOODSTRAF aan die orde van die dag. Wanneer gaan mense besef dat God van ons verwag om, soos Hy, wet en orde toe te pas! Sulke siek mense hoort nie in die samelewing nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.