Pleitooreenkoms oorweeg ná pa seun doodskiet

Emmanuel Tshabalala in die hof. (Foto: ANA)

Die saak teen Emmanuel Sibusiso Tshabalala, wat sy 16-jarige seun Luyanda buite sy skool in Ennerdale doodgeskiet het, is Dinsdag in die Lenasia-landdroshof uitgestel.

Dié uitstel is Dinsdag aangevra aangesien ʼn pleitooreenkoms en proefverslag eers opgestel moet word voordat enige hofverrigtinge kan voortgaan.

Tshabalala staan tans tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy sy seun op 5 Junie verlede jaar op die perseel van die Norman Secondary School doodgeskiet het. Hy beweer hy het sy seun per ongeluk geskiet toe hy hom vir ʼn kaper aangesien het.

Die staat het Dinsdag uitstel gevra nadat hulle ʼn brief van die direktoraat van openbare vervolging ontvang het wat bevestig dat die staat én die verdediging ʼn ooreenkoms oor die aanklag en vonnis bereik het.

Landdros Maggie van der Merwe het aan Tshabalala verduidelik dat die saak vir minstens ses weke uitgestel sal word vir die opstel van ʼn pleitooreenkoms en proefverslag.

“Daar was ʼn brief van die direktoraat wat sê albei partye het ʼn ooreenkoms oor ʼn aanklag en vonnis bereik. Dit moet egter nog opgestel word en daar is ooreengekom dat ʼn maatskaplike werker se verslag intussen opgestel sal word oor die uitwerking van die voorval op familielede.”

Die verdediging het voorgestel dat Tshabalala aangekla word van strafbare manslag eerder as moord.

Die saak is tot 23 April uitgestel. “As alles goed gaan, sal hierdie saak dan afgehandel word,” het Van der Merwe in die hof gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Donderstorm ·

As hy n vonnis kry moet dit n opgeskorte een wees sonder tronk straf veral as hy geen vorige oortredings het nie dit was nie met opset gewees dat ht sy seun geskiet het nie kyk hoe gaan dit in die land wel dit is my siening.

Vraagteken ·

Allegedly was dit nie met opset nie. Hoe weet jy hy het dit nie aspris gedoen nie? Almal maak gevolgtrekkings op wat hy sê sonder om ‘n geregtelike hofsaak te hou.

Piet Snot ·

Vraagteken, ons verstaan jou insinuasies.
Motiveer dit nou behoorlik, asb.

jakes ·

Die pa en die familie het genoeg gely agv die ongeluk. Hoekom n man probeer beskuldig van moord of manslag as dit sonder opset gebeur het. Daar is hordes moorde wat ondersoek moet word in SA terwyl die polisie hul ophou met n saak soos hierdie. Gaan my verstand te bowe.

komma ·

“vraagteken” hoe weet jy dit was aspris? Volgens my was hy ‘n goeie pa en goed vir sy famillie. Geen vorige oortredings nie en het ‘n lisensie vir sy vuurwapen gehaat wat klaar se hy is nie ‘n moeilikheid maker nie. dalk was dit net ‘n swak aand want ons bly in ‘n land met vrees.

Hennie ·

Ek se nog laat die Pa vry. Hy het sy seun perongeluk geskiet. In ons land is almal op hulle senuwees oor hi jackings en so aan en soos dit is het hy aan die slaap geraak in sy voertuig terwyl hy vir sy seun gewag het. Ek voel regtig jammer vir hom! Watse pa sal sy eie seun net wil dood skiet?

Ore ·

Ek kry hierdie pa bitter jammer.Die verwyt gaan baie erger wees as enige straf. Sterkte meneer

Ore ·

Ek kry hierdie pa bitter jammer.Selfverwyt gaan baie erger wees as enige straf.Sterkte meneer

Lee ·

Laat die arme pa gaan. Gooi die saak uit. Het hy nognie genoeg gely nie. Die arme man. Ek kry hom so jammer. Dis ons Regering se skuld dat ons in so land bly waar jy ‘n vuurwapen moet saamdra want om elke hoek en draai wag ‘n krimineel vir jou. Ons bid vir jou en jou gesin Mnt Tshabalala.

Thinus Erasmus ·

Dit was tragies, en ek hoop die man word nie swaar gestraf nie.
Soortgelyke gevalle was nog altyd as strafbare manslag vervolg, die moord klag was regtig onnodig tot belaglik.

Wilma ·

Govt wie ni misdaad kan onder beheer bring moet skuld kry vir hierdie kibd se dood. Was dit nie vir misdaad in SA ni sou die pa dalk glad ni n wapen besit het ni..

Anoniem ·

Hierdie man is vir die res van sy lewe in sy eie tronk Waar daar geen mure is nie maar net sy eie smart.wees hom genadig totdat God veroordeel of troos.

Hannah ·

Wat ‘n absolute tragedie. As gevolg van die geweld en wetteloosheid in ons land word die vader en gesin steeds gefolter deur die gebeure. Pleks dat kosbare hoftyd en kostes beter benut word. Baie sterkte aan Mnr. Tshabalala en sy familie.

Stripes ·

Vir hom om so vinnig te kos skiet, moes hy moeilikheid verwag het. Ek voel jammer vir die gesin maar as die ANC nie toegelaat het dat die land in wetteloosheid verval nie, sou dit nie gebeur het nie. Straffelose manslag sal die beter aanklag wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.