Pleitooreenkoms vir onderwyseres wat ontvoer

Tharina Human, die vermeende baasbrein agter die dogtertjie se ontvoering, tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Christel Cornelissen)

Tharina Human, die vermeende baasbrein agter die opspraakwekkende ontvoering van ʼn sesjarige meisie van Vanderbijlpark verlede jaar, het ʼn pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan.

Human het Dinsdag weer in die Palm Ridge-hooggeregshof verskyn. Volgens haar regsverteenwoordiger, David Mey, sou Human se verhoor vandeesweek begin het. Die saak is egter tot Donderdag uitgestel vir die afhandeling van die pleit-en-vonnisproses.

Human asook Pieter van Zyl, Laetitia Nel en Bofokeng Molemohi is van ontvoering, poging tot ontvoering en poging tot afpersing aangekla. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ʼn plan bedink het om die kind te ontvoer – wat hulle toe ook uitgevoer het – en ʼn losprys van R2 miljoen vir haar vrylating geëis het. Sy is sowat 18 uur ná haar ontvoering teruggevind en was fisiek ongedeerd.

Tharina Human, Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bofokeng Molemohi. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die dogtertjie is aanvanklik op 2 September verlede jaar voor Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, waar sy en haar boetie leerders is, by haar ma gegryp.

Human, Nel en Van Zyl is twee dae ná die ontvoering in hegtenis geneem en Molemohi eers sowat drie weke later.

Nel, wat vroeër op borgtog vrygelaat is, gaan na verwagting ook skuld beken, terwyl Van Zyl en Molemohi nog ʼn pleitooreenkoms met die staat oorweeg.

Laasgenoemde twee beskuldigdes bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Aai ·

Jy kan maar pleit daai mooi gesigie gaan vir ‘n rukkie in die tronk wees.

Realis Thailand ·

Omdat dit oor geld gegaan het voel ek dat die vonnis ten minste 20 jaar moet wees maar sal seker nie daar naby kom nie

Pim die Skim ·

Ongelukig nie lank genoeg in die tronk. Child trafficing en selfs ontvoering ter afpersing vir R2 mil is ‘n groter pandemie as die oordrewe COVID-19. Pleidooi of nie, ek hoop hulle kry ‘n regverdige vonnis wat die erns van die oortreding regverdig.

Casper ·

Ai juffrou wat het jy gedink hoe gaan jy daarmee wegkom en dit vir dwelms Jou hele toekoms lê aan skerwe.Jy kan alles in die lewe verloor maar as jy jou naam weggooi het jy alles verloor.Hoe sal iemand jou ooit weer kan vertrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.