Plesierbootreis vertraag weens sterk wind

Foto: MSC Cruises (msccruises.co.za)

Foto: MSC Cruises (msccruises.co.za)

MSC Cruises het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat stormsterkte winde sy plesierboot verhinder om die Kaapstad-hawe binne te vaar.

“MSC Opera sal nie vandag [Maandag] die hawe kan bereik nie,” het die maatskappy op sy webwerf gesê. “Al ons gaste word versoek om alternatiewe reëlings te tref.”

Die maatskappy het aanbeveel dat persone wat in Kaapstad bly na hul huise moet terugkeer en persone wat spesiaal na Kaapstad gereis het om die plesierbootreis te onderneem, met die maatskappy in verbinding sal tree om oornagverblyf te reël. Die maatskappy het glo ʼn spesifieke reëling met die Tsogo Sun-hotel in Kaapstad getref.

Volgens die webwerf kan passasiers weer Dinsdagoggend om 09:00 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.