Plet-man weer in hof oor babapornografie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Plettenbergbaai het Woensdag weer in die Knysna-streekhof verskyn in verband met ʼn internasionale babapornografienetwerk.

Die 38-jarige rekenaaringenieur, wat nie geïdentifiseer mag word voordat hy gepleit het nie, het vlugtig in die hof verskyn voordat die saak tot Januarie uitgestel is.

Tydens die beskuldigde se vorige verskyning, op 17 Oktober, is die saak uitgestel sodat die klagstaat gefinaliseer kan word oor die nagenoeg 179 000 foto’s van kindersmishandeling, verkragting en marteling.

Daar is toe in die hof aangevoer die direkteur van openbare vervolging wil hê die beskuldigde moet vir elke foto individueel aangekla word.

Carl Jeppe, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, het versoek dat die saak van die hofrol geskrap word en aangevoer die staat het genoeg tyd gehad om die klagstaat te voltooi.

Die hof is Woensdag meegedeel groot vordering is gemaak met die opstel van die klagstaat en dat meer as 107 000 foto’s reeds beskryf is.

Die beskuldigde is die eerste Suid-Afrikaner wat in hegtenis geneem is as deel van ʼn operasie tussen die Suid-Afrikaanse Polisie en die internasionale polisie. Die operasie staan bekend as Cloud 9.

Die polisie het tydens die beskuldigde se inhegtenisname by sy huis in Januarie vanjaar op sy skootrekenaar beslag gelê. Behalwe vir die foto’s is e-posadresse van meer as 300 beweerde pedofiele glo ook op sy skootrekenaar gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dan ·

Net wanneer mens dink die samelewing kan nie nog sieker raak nie, lees jy goed soos hierdie. Laat die vark pleit en klaarkry, en wys dan sy gevreet en naam vir ons.

Johanna Botha ·

Wie wil nou n onskuldige weerlose kind seermaak ….hoe soek is die mense nie !

Grotman ·

Hang sulke gespuis op op kerkplein en stuur n sterk boodskap uit aan ander gemors soos hy. Sy soort verdien niks minder nie en Spaar ook so waardevolle belasting Geld.

Rita ·

Ek stem saam met jou Grotman. Net die doodstraf vir hom . Daar is geen kans dat hy gerehabiliteer kan word nie. so waarom belastinggeld op hom vermors? Hoe SIEK het die mensdom nie geword nie!

Jane ·

BABAPORNOGRAFIE? NOU HET EK ALLES GEHOOR!! Ek het in my lewe nie eers daaraan gedink nie, wat nog te sê gedink dit bestaan regtig? Dis die siekste vorm van siek! Rekenaaringenieur nogals, mens wonder altyd wat doen die mense heeldag so voor die rekenaars, dit is nie die eerste of die laaste ou wat heeldag voor ‘n rekenaar sit en hom met die verkeerde goed besig hou nie!!

LB S ·

Jane, solank jy net onthou dat nie alle rekenaaringenieurs en dies meer soos hierdie man is nie. Baie mense spandeer baie tyd voor die rekenaar met doodgewone speletjies of om hulle kennis te verbreed en te weet wat werklik in die lewe aangaan.

Denise ·

Dit is SKOKKEND !!!!!! Jy moet defnitief van die BOSE wees om sulke goed te doen KINDERS is n gawe van GOD ek het nie woorde nie sulke mense verdien die DOODSTRAF!!!! Without prejudice!!!!!

peter ·

Nou gaan hy seker gorrel dat sy ma hom nie genoeg aandag gegee het nie. Hoe op aarde word jou belanstelling in dit geprikkel. Siek blootstelling as kind of jong mens….? Wonder eintlik oor dit!
Ek hoop hy het ‘n ‘oop’ verhoor. Graag sy gevreet sien!

Rita L ·

Ek voel dat hulle sy gevreet op elke TV stasie, elke gebou, busstasie sommer net orals moet sit. Hy en sy mede varkerige pedofiele vriende, dink nie wat hulle aan die kinders doen nie. Ek dink die rede hoekom hulle dit nie doen nie is omdat hulle weet wat met hom gaan gebeur…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.