Plet-onnie in hof ná hy glo met seun lol

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 42-jarige onderwyser wat daarvan verdink word dat hy ʼn tienjarige skoolseun seksueel aangerand het, het Dinsdag sy eerste verskyning in die Plettenbergbaai-landdroshof in die Wes-Kaap gemaak.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het gesê die saak is tot 2 Julie uitgestel, wanneer die verdagte na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hy bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die onderwyser van ʼn laerskool is by sy huis in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn tienjarige seun seksueel aangerand het. Hy staan tereg op seksuele aanranding in terme van die Wet op Seksuele Misdrywe en word ook daarvan aangekla dat hy die kind gedwing het om te kyk hoe hy masturbeer.

Die gr. 2-leerder se voog het die polisie genader nadat sy gesien het die seun tree vreemd op.

Volgens Pojie het die seun glo gereeld sy bed natgemaak. Die seun se voog het hom daaroor uitgevra, waarna hy gesê het die onderwyser het hom na bewering by twee geleenthede seksueel aangerand. Die voorvalle het glo in Mei by die skool en die skool se swembad plaasgevind.

Pojie het gesê die seun ontvang berading. “Ons kan nie die identiteit van die seun of die skool se naam bekend maak nie ten einde hom teen viktimisasie en verdere trauma te beskerm,” het Pojie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Die woorde wat ek vir jou het kan nie jou en jou daad beskryf.

Eliza-beth ·

Sies! WAAR kom al die pedofiele deesdae vandaan – dis asof mens net meer en meer hoor van sulke goed. Sowaar, toe ek kind was het ek nie eers geweet van so-iets nie, dis ‘n woord en betekenis wat ek as grootmens eers geleer het. Daar was sekerlik sulkes maar wraggies nou is hulle om elke hoek en draai! Arme, arme kind!

zahn ·

Hulle was nog al die tyd hier. Omdat die wetgewing so swak is, en die vonnisse nog swakker, dien dit nie meer as ‘n afskrikmiddel nie, so hulle raak al meer verwaend en openlik. Kom ons wees eerlik, is daar nog wette in SA wat mense afskrik? Ek meen, moord is nou tien maande, as die ondersoek teen jou nie opgemors word nie.

Se Maar Net ·

Kyk kom ons wees eerlik met mekaar!!! Daar wag ‘n fees op hom, jammer
vir die mede gevangenisse!!!!!
Simpatie sal hy in sy lewe nooit ontvang nie.

Kathleen ·

Wys die pedofiel se gesig, hoe kan hy ‘n kind se lewe so verwoes. Dit is walglik. Wat gaan deur so persoon se gedagtes om dit aan ‘n kind te doen. Sulke mense moet gehang word. Sies jou vark.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.