Plofgeluide lei tot drie se arrestasie

Die toneel waaropn daar afgekom is. Foto: Verskaf

Die toneel waaropn daar afgekom is. Foto: Verskaf

Die klank van ontploffings wat op plase in die Stilfontein-gebied in Noordwes gehoor is, het tot die inhegtenisneming van drie mans gelei.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn ondersoekspan het inligting opgevolg oor ontploffings wat gereeld op plase naby Buffeldoringweg gehoor is. “Die span het ʼn tonnel ontdek waar onwettige mynaktiwiteite vermoedelik aan die gang is.”

Volgens Mokgwabone is beamptes en ʼn snuffelhond in die tonnel ingestuur, waar hulle op ʼn kragopwekker, bottels brandstof, metaalplate en sakke goudstof beslag gelê het. “Drie verdagtes, van Mosambiek en Zimbabwe, is in hegtenis geneem.”

Mogwabone het gesê die ondergrondse toneel was deel van ʼn myn wat jare gelede gesluit is. Die verdagtes sal binnekort in die Stilfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Irene ·

Alweer buitelanders wat nonsens in on land kom aan vang hoekom word hulle nie uitgesit in SA nie hulle is net hier om gemors aan te vang

weskaper ·

Nooit sal van onwettige immigrante ontslae geraak word nie want dit is stemme vir die regering.

Jan maak n Plan ·

Weskaper jy slaan die spyker op die kop. Dieselfde geld vir die Chinese, Pakistanis en andere. Hulle betaal nie eens belasting nie. Word lekker skatryk hier in SA.

lynette ·

Hoe kan n onwettige immigrant stem? As hy onwettig in land is het hy mos nie dokumente nie en kan sy naam nie op n kiesetslys verskyn nie. Dus hoe kan hy stem?

Cherokee ·

Presiès Lynette. Net soos jy sê. Somtyds moet jy maar sommige kommentare bloot ignoreer.

Wim Kotze ·

Lynette, jou teorie is reg, maar in die praktyk werk dit anders. Laas wat ek gehoor het kos dit net R300, maar inflasie het die prys van ‘n ID seker ook laat styg.

James ·

Hulle kan hulle Koop papiere R500 vir n id boek! Jy kan alles Koop

jakes ·

Ja teen selfs minder as R5oo, aanvraag so hoog dat beamptes die winsmarge minimaal laag kan hou. En elkeen met so ID bring wettig hele familie in RSA en almal koop ook- en kan stem! 20 bly in batchelerflat

petrus ·

Julle afrikaans is uiters swak, waar het jy al ooit gehoor dat n tonnel word n toneel genoem?
Laat julle redigeerder wakker word en die koffie ruik.

Nico Strydom ·

Dagsê Petrus
Ons vra om verskoning vir die oorsig, berig is gewysig.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

elize naude ·

ek is op hierdie tuisblad nie meer verbaas oor die swak afrikaans wat gebesig word, asook die skryfstyl van menige sogenaamde “trotse” suidafrikaners nie…
dit verraai baie oor die persone se karakter…

Chris de wet ·

Is dit die ou myn by Rietfontein /kruising Buffeldoorn?

Roy ·

Jan maak ‘n plan ,dit is waar wat jy se dat al die Chinese, Pakistaniis en al daa buitelanders ryk word in Suid Afrika maar kyk bietjie wie ondersteun hulle, ons self

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.